STAP VIR STAP VERDUIDELIKING VAN BILTONG MAAK:
1. Gebruik maer vleissnitte om biltong te maak, bv dystuk, diklies en binneboud. Verwyder soveel bindweefsel as moontlik!
2. Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik soos jy verkies (gewoonlik 25-50mm)
3. Pak die vleis in geskikte houer ( plastiek, vlekvrye staal, emalje of erdeware is geskik) en strooi van die soutmengsel oor die eerste lag
(Basiese soutmengsel sal ons hieronder 'n resep van gee)
4. Sprinkel 'n bietjie bruinsuiker oor en laat staan oornag in 'n koel plek.
5. Doop die stroke vleis die volgende dag in warm asynwater om die oppervlak sout te verwyder
6. Hang die vleis aan draadhakkies of toulussies in 'n koel, lugtige plek om droog te word (verkieslik waaiers daarop)
BASIESE RESEP VIR SOUT VAN BILTONG
Die basiese resep vir biltong is 200-400g growwe sout (suiwel sout) vir elke 10kg vleis.
Hou in gedagte hoe langer die vleis in die sout bly lê, hoe meer sout absorber dit en hoe langer dit gedroog word, hoe souter word dit.
25kg Vleis - 500g tot 1kg sout, 225ml suiker, 15ml Salpeter, 25ml koeksoda, 15ml Peper
dan kan jy EEN van die volgende speserye saam gebruik:
350ml anys OF 80 200-400ml koljander of 5ml wonderpeper of 15ml knoffelsout
OPBRENGS
Sowat 50-60% van die vleismassa gaan tydens die drogings proses verlore, wat beteken dat die biltong slegs sowat 40% van die oorspronklike gewig sal wees. Boud van bv 25kg sal 10kg biltong oplewer .
BERGING
Beesbiltong is op sy beste as die binnekant sag, klam en rooi is, met 'n harde bruin lagie buite om. Om te keer dat die biltong verder uitdroog, draai dit in kleefplastiek toe, druk al die lug uit en bevries vir 'n onbepaalde tyd . Ontdooi biltong oornag in die koelkas en dan nog 'n uur teen kampertemperatuur.

BACON BILTONG
BACON BILTONG
1 kilogram Back bacon
4 tablespoons salt
1 tablespoon ground black pepper
1 tablespoon chilli spice
125 millilitres white vinegar
HOW TO MAKE IT:
Place a layer of bacon in a glass dish.
Sprinkle with dry spice mix.
Place next layer of bacon.
Spice and repeat till all bacon spiced.
Sprinkle over vinegar
Cover with plastic wrap and rest for 4 hours.
Hang to dry, approx 2 days.
Bron: Onbekend
Plasing: Rudi Jansen van Vuuren / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BEES & WILD BILTONG RESEP
BEES & WILD BILTONG RESEP
Hier is hoe ons al vir GENERASIES al hier in Nambia biltong maak
DIT bly vir my persoonlik die HEEL LEKKERSTE...
Vir elke 1 kg Biltongvleis
MENGSEL SPESERYE
18 gram Sout
2 gram swart peper
1 gram Bruinsuiker
4 gram Koljander
Sprinkel die biltongvleis so met woesestersous, terwyl dit speserye gegooi word...
Laat le 12 ure, en roer weer goed deur...hang na nog 12 ure uit in 'n goed geventileerde vertrek, of voor n waaier...
of in n Biltong kas...SONDER WARM LUG..!!!
BEEF & GAME BILTONG
This is how we made Biltong here in Namibia for generations and it still is the number ONE recipe for ME..
For every 1kg biltong –
MIX THE FOLLOWING SPICES
18 gram salt
2 gram black pepper
1 gram brown sugar
4 gram coriander coarse
Sprinkle biltong with spice mix and Worchester sauce alternatively …
Let it rest for 12 hours and mix well again, let it rest for another 12 hours and hang in well ventilated room or infront of the fan, or in a Biltong Cabinet
Bron: Stefaans Blaauw
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BILTONG SPESERYE
BILTONG SPESERYE
Hier is vir julle n lekker biltong resep.
My ouers het hom aanmekaargeslaan omtrent 30 jaar terug Vir elke 3,5 kg vleis gebruik jy die volgende:
125 gr fyn sout,
27 gr bruin suiker,
3 gr Koeksoda,
3 gr Salpeter,
4 ml swart peper, fyn,
4 ml knoffelsout
50 ml Koljandersaad, gebrand en fyn gemaal.
Meng al die speserye saam.
MENG:
175 ml whoreshire sous met 175 ml bruin asyn.
Maak n plastiek skottel se boom nat met asyn mengsel.
Strooi kruie oor, pak n laag vleis, dan weer asyn mengsel, kruie en vleis.
Gebruik al die kruie en asyn mengsel.
Laat staan 12 ure, meng die vleis ordentlik en laat weer 12 ure staan.
Hang nou op en droog tot dit reg is vir jou.
Bron & Resep: Piet Pompies
Plasing & Foto: Piet Pompies / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 11/06/2013

BILTONG

BILTONG
25kg vleis van goeie gehalte Bv. dy,diklies of binneboud
200-400ml heel koljander
500g-1kg sout
12.5ml salpeter
25ml koeksoda
12.5ml peper
asyn
warm water
225ml suiker
METODE:
Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun soos jy dit verkies.
Onthou hoe minder vet aan die vleis is, hoe langer kan dit gebêre word, omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit 'n pannetjie oor matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit 'n welriekende geur begin afgee.
Maal en sif die geskroeide koljander.
Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke stuk vleis.
Pak die vleis in lae in 'n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en strooi die orige soutmengsel tussen elke laag.
Pak die dik gesnyde stukke onder en die dunner stukke bo-op. Sprinkel 'n bietjie asynbo-oor die vleis en laat dit oornag staan.
Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer om sout te absorbeer.
Meng 200ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op 'n koel, droë plek gehang word.
Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte, weg van mekaar af.
Biltong kan ook binneshuis hang, maar dan moet daar 'n goeie trek wees.
'n Elektriese waaier kan help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is soos verkies.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

ONFEIBARE WILDS BILTONG

ONFEILBARE WILDS BILTONG
Elke jagter hou van biltong. Daar is ook menige resepte. Party ouens hou van ‘n bietjie brand terwyl sommiges naeltjies wil by kry.
Die resep hieronder kan jy nie mee verkeerd gaan nie.
So as jy nie laasjaar tevrede was met jou biltong nie probeer hierdie een.
Die belangrikste van biltong is die kwaliteit van speserye.
As die spesery kwaliteit nie goed is nie dan sal die biltong ook nie goed wees nie al gebruik jy ook wie se resep.
Nou hier is die resep gebaseer op 10 kilogram nat biltong.
2 koppies gemaalde koljander.
Die ideaal is om die rou koljander korrels te kry en dit dan te skroei en dan fyn te maal. Let wel skroei en nie brand nie Dit maak n reuse verskil aan die smaak van die biltong.
1 1/2 koppies sout
3/4 koppie tiemie
‘n kwart koppie fyn wit peper
1 1/2 koppies druiwe asyn (nie die ander tipe nie)
Meng goed en laat vir 24 uur lê voor dit opgehang word.
Dieselfde resep kan gebruik word vir droëwors hoewel daar ‘n bietjie skaap of bees vet bygesit moet word.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
TRADISIONELE WILDSBILTONG
5kg biltongvleis
75g sout
5ml bruinsuiker
50ml grof gemaalde koljander
500ml asyn
2.5ml koeksoda (opsioneel)
(Alle lepelmates afgeskraap)
METODE:
Meng al doe droë bestandele. Pak die vleis in erde- of plastiekskottels.
Die biltonge heel onder. Strooi speserye oor elke laag en besprinkle met asyn.
Roer die biltonge deeglik om na 12 uur. Hang op om te droog na 24 uur.

CABANOSSI
CABANOSSI
BESTANDELE
9 kg koue wildsvleis.
5.5 kg 70:30 varkvleis.
1 pak Gold Crown Cabanossi spesery.
1 Liter yswater
METODE:
Maal basisvleis en varkvleis saam deur ‘n 12 mm sif
Voeg Praaksout by die gemaalde vleis soos dit uit die meule kom.
Voeg die res van die speserye by meng goed.
Voeg dan die ys water by en meng.
Maal weer deur ‘n 4 mm sif en stop in dun derms.
CAM 22 is die beste derms om te gebruik
Hang op om te droog. Plaas in vrieskas sodra dit droog is.
CHEESE GRILLERS
BESTANDELE:
7.5 kg koue wildsvleis as basisvleis
3.5 kg koue 70:30 varkvleis in blokkies gesny. Gepekelde vark smaak heerlik!
1kg bees-lyfvet of brisketvet, in blokkies gesny.
2 kg cheddarkaas, in blokkies gesny.
I pak Crown National Cheese Griller Speserye.
Metode
Maal die basisvleis deur ‘n 4 mm sif.
Meng die res van die vleis en kaas.
Meng Praaksout en dan die res van die speserye.
Voeg dan die yswater by meng en maal deur ‘n 6mm sif.
Stop in Russian Long derms, vleg en kook vir 30 min teen 70 Grade C. Indien jy gepekelde vark gebruik kan jy dit selfs deur ‘n 8 mm sif maal.
Bron; Lekker Resepte vir Jagters & Boere

CLOSWA SE DROëWORS RESEP
CLOSWAS SE DROëWORS RESEP
Closwa toe dit nog aan Frans Cloete behoort het se Droewors Resep
per 100kg vleis [3 dele vleis, 1 deel vet]
1,800gr sout
1,200gr koljander
70gr peper
100gr nealtjies
40gr neut
1,400 ml dubbelsterkte asyn
METODE
Meng die droe bestanddele saam
Maak n gaatjie bo die prop van die asynbottel, sodat dit kan sprinkel
Sprei die worsvleisblokkies uit
Strooi speserye oor en sprinkel dan die asyn oor
Werk die speserye deur die vleis
Pak in diep bakke en laat 12uur staan
Werk weer deur, laat weer 12 uur staan, maal en stop derms
Bron: Maghitta Visser
Plasing: Maghitta Visser / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

PLAAS DROëWORS & TRADISIONELE DROëWORS

PLAAS DROëWORS
4.5kg beesvleis
2.5kg skaapbors/vet skaapvleis
15ml varsgemaalde swartpeper
15ml naeltjies
15ml gerasperde neutmuskaat
30ml heel koljander
75ml fyn sout
15ml bruinsuiker
400ml asyn
90g skaap-of varkderms
Berei die koljander deur dit te skroei, te maal en te sif.
Sny die beesvleis en skaapbors/vet skaapvleis in 50mm bloke, meng met die res vd bestandele behalwe asyn en derms en maal
Sprinkel asyn oor gemaalde vleismengsel en meng liggies
Stop derms lossies met die mengsel
Doop wors in 'n mengsel van 4.5 L kookwater en 30ml asyn en hang dan oor houtpale wat dit genoeg is om te verhoed dat die binnekante aan
mekaar raak
Drood 24 uur in 'n koel, lugdigte plek en druk dan plat om lug uit te druk. Laat hang tot wors heeltemal droog is
Lewer ongeveer 4 kg
Bron: Droëwors en Biltong - Rooivleisbedryf
Plasing: Henriette Wessels
TRADISIONELE DROëWORS
4.5kg bees of skaapvleis
1 kg skaapstertvet
30ml fyn sout
50 ml heel koljander
5 ml fyn naeltjies
10ml varsgemaalde swartpeper
90g derms (skaap derms wanneer skaapwors gemaak word)
Skroei eers die koljander, maal en sif
Sny die bees-en of skaapvleis en skaapstertvet in 50mm-blokkies en meng met die res vd bestandele
Maal saam en stop derms lossies
Doop wors in 'n mengsel van 4,5 L kookwater en 350ml asyn
Hang oor houtpale wat dik genoeg is om te verhoed dat binnekante aanmekaar raak
Droog 24 uur in 'n koel, lugdigte plek en druk dan plat om lug uit te druk
Laat hang tot wors heeltemal droog is
Lewer ongeveer 3 kg

WILDS DROëWORS
WILDS DROëWORS
Gebruik 4.5 kg wildsblokkies. Gesny uit nek, rib en blaaie.
2,5 kg vet skaapvleis blokkies.
Vleis van skaapras met sagte vet bv. Persie of Afrikaner.
15 ml fyn swartpeper
15 ml fyn naeltjies
15 ml fyn neut
15 ml bruinsuiker
35 ml geskroeide, varsgemaalde koljander
75 ml growwe sout
500 ml bruin wynasyn
natuurlike derms, "can 24/26"
METODE:
Meng die blokkies vleis en -vet. Strooi die droee geurmiddels oor en meng goed deur. Laat staan vir ongeveer 6 ure. Sprinkel die asyn oor. Meng deur en maal. Stop en hang om te droog.
Omtrent 4 kg droëwors
Bron: Kook en Kuier in die Karoo

BILTONG PARFIAT

BILTONG PARFAIT
60ml gelatien
140ml koue water
1 liter room
2 roosmaryntakkies
2 knoffelhuisies
500ml biltong, fyngerasper
Sout en peper na smaak
Biltongrepies vir garnering.
METODE:
Sprinkel gelatien oor die water en laat week 2 minute.
Klop met ‘n vurk tot sponsig en los oor lae hitte op.
Verhit die room, roosmaryntakkies en knoffel tot kookpunt.
Haal van hitte af en laat koud word. Hou die deksel op om te verseker dat al die geur agterbly. Gooi die roommengsel deur ‘n sif.
Voeg die opgeloste gelatine en gerasperde biltong by die roommengsel, terwyl vinnig geroer word.
Voeg sout en peper na smaak by.
Giet in gesmeerde vormpies en plaas in yskas om te stol (ongeveer 3-4 uur)
Plaas die vormpies 5 sekondes in baie warm water en keer uit op borde. Bedien met roketblare, blatjang en biltongrepies.

BILTONG SOP

BILTONG SOP
Bedien met Melba Toast!!
BESTANDELE
125ml (1/2 k) botter
2 Beesvleisaftrekselblokkies
2 t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1,5L kookwater
1 k gerasperde cheddar kaas
200g fyngekerfde biltong
Room en port (opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekummel
METODE:
Smelt botter in kastrol, krummel aftrekselblokkies oor en voeg die speserye by.
Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, roer aanhoudend, jy soek nie klonte nie!!!!
Verwyder sop van die stoof, en roer die chedderkaas en helfte van die biltong in.
Moenie die mengsel weer laat kook nie, hou net warm.
Roer ‘n bietjie room en port in net voor opdiening. Skep sop in borde, sprinkel orige biltong oor, en krummel bloukaas oor.

BILTONGSLAAI-FRANSE SLAAISOUS

BILTONGSLAAI
'n paar spinasieblare
'n paar cosslaaiblare
'n paar rooi botterslaaiblare
250g dun skywe klam beesbiltong
2 hardgekookte eiers, in kwart gesny
30ml gekapte pietersielie
125ml boontjie spruite
250ml croutons
FRANSE SLAAISOUS HIERBY:
30ml witasyn of suurlemoensap
60ml olyf-of-slaaiolie of 'n mengsel van beide
5ml soutvarsgemaalde witpeper na smaak
5ml mosterdpoeier
knippie suiker
2 knoffelhuisies fyn gekap
15ml gekapte pietersielie of vars kruie
Meng al die blare liggies saam. Voeg die res van die bestandele behalwe croutons en slaaisous by en meng liggies
Berei die slaaisous deur al bestandele in 'n skroeffles te meng.
Skud die slaaisous goed en sprinkel oor slaai net voor jy dit bedien
Meng liggies en strooi croutons oor.
Sit voor met warm botterbroodjies lekker dik met botter gesmeer!
Bron: Biltong en Droëwors - Rooivleisbedryf

BILTONG MUFFINS

BILTONG MUFFINS
250ml Volgraanmeel
250ml Koekmeel
500ml biltong (fyn)
125ml Cheddar kaas
30 ml bakpoeier
3 eiers
200ml melk
100ml kookolie
5ml sout
15ml suurlemoensap
METODE:
Meng die bestandele liggies saam
Skep in gesmeerde muffin panne en bak 11 minute by 220°C
Laat effens afkoel voor dit uitgekeer en met botter voorgesit word
Lewer 12 muffins

BILTONG POTBROOD

BILTONG POTBROOD
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout
5ml mosterdpoeier
100g botter
100ml melk (ongeveer)
1 eier geklits
VULSEL
250ml gerasperde biltong
200g gladde maaskaas
15ml suurlemoensap
30ml gekapte pietersielie
mayonnaise om aan te klam
METODE:
Berei die deeg deur droë bestandele saam te sif.
Sny botter met 'n mes in die meel in en vryf met vingerpunte in tot mengsel soos droë broodkrummels lyk.
Klits die melk en eier saam. Maak holte in die meelmengsel en voeg die vloeistof geleidelik by.
Meng vining tot 'n sagte deeg.
Keer uit om 'n meelbestrooide plank en knie liggies tot glad.
Rol uit in vierkant, sowat 10mm dik.
Meng vulselbestandele en smeer oor deeg, maar hou 25mm om die kante van die deeg oop.
Rol deeg op soos 'n rolkoek en verseel die kante met geklitste eier en water.
Druk liggies in waspapier toe en plaas sowat 30 min in die yskas
Sny deeg versigtig in 25mm skywe en pak met gesnyde kant na onder op die bodem van 'n nr 3 platboompotjie.
Begin in die middel en rangskik die oorblywende skywe in 'n sirkel.
Laat die pot se kante oop vir deeg om te rys.
Smeer die binnekant van deksel met kookolie of botter en maak die pot toe
Plaas oor 'n klein vuurtjie, sit 'n paar klein, warm kole op die deksel en bak 20-30min of to die brood goudbruin en gaar is.
Keer uit, laat effe afkoel en sit voor met bros groentestokkies en slaaiblare.