AARTAPPELPAKKIES OP DIE KOLE
AARTAPPELPAKKIES OP DIE KOLE
Vir 6 mense
‘n Foeliepakkie vir elke ou lyk miskien aan die fênsie kant, maar ontspan – jy slaan die aartappelpakkies sommer in ‘n japtrap by die kampterrein aan mekaar.
JY BENODIG:
1kg aartappels, geskil
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 groot uie, in ringe gesny
1 pakkie bruinuiesop
1 koppie room
sout en varsgemaalde swartpeper
2 koppies cheddarkaas, gerasper
SO MAAK JY:
Kook die aartappels halfgaar en sny dit in skywe.
Skeur foelie in 12 stukke van 20x 30cm elk. Sit 2 lae op mekaar en vorm ’n bakkie.
Skep ewe veel aartappel, knoffel en uieringe in elke bakkie. Roer die soppoeier deur die room en geur dit met sout en peper.
Gooi dit oor die aartappels en sprinkel kaas oor. Vou die foelie toe – die pakkie moet goed verseël wees.
Bak die aartappelpakkies vir 20-30 minute op ’n rooster op matige kole. Kyk dat daar heeltyd genoeg warm kole is.
Toets met ’n mes of die aartappels gaar is.
Sit vir elke gas ’n pakkie op ’n bord.
Bron: RESEP BERNICE VAN DER MERWE FOTO RUVAN BOSHOFF
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BOBAAS AARTAPPELS OP DIE VUUR
BOBAAS AARTAPPELS OP DIE VUUR
‘n Meer tradisionele aartappelgebak met preie wat in witwyn gemaak word en
spek kan jy nie verkeerd gaan nie.
6 aartappels
50 g spekstukkies
15 ml olie
5 groot preie
botter of margarien
50 – 100 ml witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper
1 – 2 takkies vars roosmaryn
Vir die sous
5 ml elk
heelkorrelmosterd en aangemaakte Engelse mosterd, of 10 ml van een
5 ml suiker
15 ml witwynasyn of rooiwynasyn
15 ml olyfolie
METODE:
Skil en sny aartappels in blokkies van ongeveer 1.5 cm. Kook vir 10 minute en dreineer. Hou eenkant.
Plaas ‘n foeliepan op die vuur om alles op die vuur te maak, of kry ‘n oondvaste braaipan uit as jy dit in die oond gaan sit.
Braai die spekstukkies in ‘n bietjie olie tot goudbruin en bros.
Terwyl die spek braai, sny die preie oor die skuinste in dun skyfies.
Gooi in ‘n bak met water en skommel goed om van enige vuiligheid ontslae te raak.
Verwyder die spek van die pan en gooi die preie in.
Gooi ook 2 – 3 klontjies botter by en nog olie indien nodig. Gooi ook twee skeute wyn by.
Roer die preie voortdurend en wanneer die wyn wegkook gooi nog bietjie by.
Voeg sout en peper by.
Die preie moet so braai-kook totdat dit heeltemal sag is. Dan verwyder jy die preie en hou dit saam met die spek eenkant.
Gooi nou die aartappels in die pan – en plaas in ‘n voorverhitte oond van 220 °C as jy dit nie op die vuur maak
nie.
Voeg olie by om in te braai. Sprinkel met roosmaryn.
Wanneer die aartappels begin verbruin gooi die spek en preie terug.
Meng die sousbestanddele goed saam en gooi dit oor die aartappels in die pan net voor opdiening.
Bron: Jou Wêreld

GEBAKTE AARTAPPEL GEREG
GEBAKTE AARTAPPEL GEREG
1 kg baba aartappels, gehalveer
1 ui in kwarte gesny
250 ml room
125 ml suurroom
2 wiele fetakaas, gekrummel
sout en peper
paar takkies vars tiemie
METODE:
Verhit die oond tot 180°C. Kook die aartappels vir 10 minute. Skep die aartappels en ui saam in ’n oondvaste bak.
Meng die room en suurroom en gooi oor die aartappels.
Krummel die fetakaas oor en geur goed met sout en peper en tiemietakkies.
Bak in die oond vir 45-55 minute totdat die aartappels gaar is en die room bruin verkleur het.
Bedien 6
Bron: Onbekend

HANNA SE LIPLEKKER AARTAPPEL GEBAK
HANNA SE LIPLEKKER AARTAPPEL GEBAK
12 medium sartappels, gaar en in skywe gesny
Cheddarkaas, gerasper
1 pakkie PotatoBake
2 x 250ml bakkies room
kouevleis van jou keuse, in blokkies gesny
METODE
Pak die bestandele in lae in 'n oondvaste bak soos volg:
aartapel, kaas. aartappel en kouevleis, ens.
Meng die room en Potato Bake en gooi bo oor.
Bak 15 tot 20 min teen 180°C
Bron: RSG Resepte

KAPOK AARTAPPELS
KAPOK AARTAPPELS
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 min
6 repe streepspek
500 g jong aartappels, gehalveer
250 ml (1 k) dikroom
Sout en peper na smaak
60 ml (¼ k) grasuie
125 ml (½ k) cheddarkaas
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.
Rangskik die spekvleis op ’n bakplaat en bak vir 12 minute of tot bros.
Sit die aartappels in ’n middelslag-pot en bedek met soutwater.
Laat prut vir 15 minute of tot sag.
Dreineer en maak die aartappels fyn terwyl jy die room byvoeg en dit met sout en peper geur.
Roer die grasuie, kaas en gekapte spekvleis by.
Bron: Huisgenoot Resepte

KNOFFEL AARTAPPELS
KNOFFEL AARTAPPELS
6 Aartappels (medium)
Knoffel
Swartpeper
Aromat
Potato Bake (Cheese & Bacon)
METODE:
Kook aartappels vooraf
Sny in dik skywe en pak in glas oondbak in die lae
Lae is as volg:
Aartappels, knoffel, swartpeper en aromat
Herhaal die lae 'n paar keer
As jy klaar is gooi room oor al die aartappels moetmet room bedek wees
Bak vir ongeveer 45 min by 180*C toegemaak met foelie of deksel
Grill net effe met deksel af om te verbruin
Bron: Hannes Wessels
Plasing & Foto: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

OMELET (AARTAPPEL) MET KAAS
AARTAPPEL OMELET MET KAAS
Omelette is so veelsydig en dis glad nie nét onbytkos nie. Dié resep is ook gepas vir middag- en aandete.
BESTANDELE:
1 e olie
2 koppies fyngekerfde uie
230 g dungesnyde baba-aartappels
Sout
6 eiers
2 eierwitte
1 koppie gerasperde Cheddar
AANWYSINGS:
Verhit 1 e olie op medium in ’n kleefvrye pan.
Voeg 2 koppies fyngekerfde uie, 230 g dungesnyde baba-aartappels en ’n knippie sout by.
Bedek; braai vir 10 minute tot sag, roer.
Meng 6 eiers, 2 eierwitte, ½ koppie gerasperde Cheddar en ¼ teelepel sout saam in ’n mengbak.
Voeg die aartappelmengsel by en gooi dit in die pan.
Bak op medium-lae hitte vir 10 minute of totdat die onderkant goudbruin is, druk die kante na binne toe wanneer dit begin stol.
Keer ’n bord oor die pan om en draai dit om. Laat gly die omelet in die pan terug met die ongebakte gedeelte na onder.
Strooi ½ koppie gerasperde kaas oor. Bedek, bak vir 4 minute of tot die mengsel stol.

PLAT AARTAPPEL & GEVULDE MUSHROOMS
PLAT AARTAPPEL & GEVULDE MUSHROOMS
Kook aartappel tot gaar maar nie pap nie
Sit in oondpan en druk plat met "masher"
Drizzle met olyolie
Gooi dan die speserye van jou keuse oor ek het gebruik
Garlic, Permasan & Origanum van Robertsons
Bietjie Aromat & Swart Peper
Dan het ek bacon in fyn repies rou oor gestrooi
Mushrooms fyn gesny (stingels wat ek moes afhaal vir die gevulde mushrooms)
Lekker kaar oor gerasper
Bietjie Pietersielie oor gestrooi
In die oond gedruk vir 20 min by 200°C
GEVULDE MUSHROOMS
Mushrooms (stingeltjies afgebreek)
Vul die holte met botter,
kaas en knoffel wat jy meng
Braai oor die kole aan die kant van jou rooster terwyl vleis braai
Bron: Eie Resepte
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

SLAP TJIPS OP DIE BRAAIROOSTER
SLAP TJIPS OP DIE BRAAIROOSTER
Onthou net, “slap” is die sleutelwoord hier, want bros tjips sal jy nie in foelie kry nie.
Jy het nodig (vir 4 porsies):
foelie (genoeg vir 4 pakkies)
4 groot aartappels
¼ koppie olie
sout na smaak
enige rooi spesery, bv. paprika of Portugese speserymengsel
DAN MAAK JY SO:
Skil die aartappels en sny dit soos jy van jou tjips hou.
Smeer die binnekant van die foelie met olie.
Pak die tjips in een laag in die middel van elke pakkie en gooi die res van die olie oor die tjips.
Besprinkel met sout en speserye (laasgenoemde help om die tjips kleur te gee, anders lyk dit darem te vaal).
Sit die pakkie op die rooster oor matige kole vir sowat 30 minute of tot die aartappels sag is.
Die onderkant van die aartappels sal effens bros wees, daarom word dit in ’n enkellaag gepak en ook net een porsie per pakkie.
As jy ’n hoop aartappels op mekaar in die foelie sit, gaan jy kapok-aartappels kry.
Bron: Wegry

SOSATIES (AARTAPPEL) OP DIE KOLE
AARTAPPEL SOSATIES OP DIE KOLE:
Kook baba aartappels tot 95% gaar.
Draai om elke aartappeltjie 'n repie spek.
Ryg nou die aartappels saam met 'n groen of rooi kersie en mushrooms op 'n sosatie stokkie.
Ek het 'n sousie gemaak van 'n teelepel appelkooskonfyt, botter, garlic, balsamic vin, droe pietersielie, sout en gemaalde swartpeper en die mengsel oorgesmeer terwyl dit op die kole gebraai het -
Ons gebruik parykeer sommer BBQ sous ook as jy nie die bg sous wil maak nie
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GROENTE IN FOIL (Papsak)
GROENTE IN FOIL (PAPSAK)
Die groot geheim is dat jy die sak - indien jy light medium foil gebruik, 'n dubbellaag moet gee anders skeur die foil maklik en loop die sous uit.
Ek gebruik gewoonlik heavy duty foil vir my papsak.
Sit laag foil op werksoppervlak. Sit jou groente in en gooi bietjie sout, peper, balsamic vinegar en blokkies botter bo-op. Sit die boonste laag op en rol dan die kante toe soos 'n sigaar en druk goed vas. Ek is baie lief om die roast vegetables (pakkies) te gebruik en die poeier net so droog oor te sprinkel.
Los eenkant op die rooster tot gaar. Jy sal sien jou groente blaas op soos 'n papsak wyn wat jy opgeblaas het om die laaste bietjie wyn uit te kry. Wees versigtig as jy dit skuif dat die sak nie breek nie. Moenie baie omdraai nie anders raak jou groente pap binne van die baie hanteer. Net so 1x draai sal genoeg wees.
Ek gebruik gewoonlik : aartappels in skywe of klein ronde aartappels, heel sampioene, heel baba uitjies of net uie wat gehalveer is, patats in dik ringe gesny, green, red en yellow peppers in skywe gesny, baby marrows - net gehalveer en dan so paar kersietamaties. Indien jy kry, baba mielies werk ook lekker.
Wat ook lekker werk is die pakke POTJIEKOS groente wat jy by die groente afdelings nou te koop kry.
Gebruik slegs vars groente ,nie gevriesde groente nie, dit raak pap.
Bron:onbekend
WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

DIRK SE MIELIETERT
DIRK SE MIELIETERT
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
METODE:
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180°C tot goudbruin
Bron: RSG
Foto: RSG & Elsa Du Plessis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
DIRK SE MIELIETERT
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
METODE:
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180°C tot goudbruin
Bron: RSG
Foto: RSG & Elsa Du Plessis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
PAMPOENTERT OP DIE KOLE
PAMPOENTERT OP DIE KOLE
Jy het nodig (vir 6-8 porsies):
3 koppies gaar pampoen (boerpampoen of botterskorsie), fyngemaak
1 x 380 g-blik Ideal-melk
1 koppie koekmeel
1 koppie volroommelk
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 koppie suiker
2 eiers, geklits
2 eetlepels botter of margarien, gesmelt (plus ekstra om die pot te smeer)
kaneelsuiker
DAN MAAK JY SO:
Smeer ’n platboompot deeglik met botter.
Meng al die bestanddele behalwe die kaneelsuiker en gooi dit in die pot.
Sit die pot se deksel op en sit dit oor matige kole.
Sit ’n paar warm kole op die deksel.
Bak dit vir ’n uur of langer, totdat die pampoentert gestol het.
Druk ’n skerp mes in die middel om te toets of dit gaar is.
As dit skoon uitkom, is die tert gaar.
Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.
WENK:
As jy brood of enige gebak in ’n platboompot wil gaarmaak, onthou om die hitte onder die pot laag te hou anders brand die inhoud gou.
Pak ’n paar warm kole op die deksel en vervang dit met warm kole as dit te koud word.
Dit is nuttig om ’n vel foelie, groter as die pot se deksel, oor die pot te sit voordat jy die deksel opsit.
As ’n mens die deksel oplig, keer die foelie dat daar kole of as in die kos val.
Bron: Weg Ry

PATATS GEROOSTER
LOUISE SE GEROOSTERDE PATATS
45 ml (3 eetlepels) olyf of avokado-olie
8 - 10 middelslag patats, in die skil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
klein klontjies botter (opsioneel)
METODE:
Voorverhit oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat liggies met van die
olie en halveer patats in die lengte. (Patats van min of meer dieselfde grootte bak meer eweredig gaar.)
Plaas die patats met gesnyde kante na onder op die bakplaat.
Bedruip met orige olie en geur deeglik met ’n bietjie growwe sout en peper.
Stip ’n klein bietjie botter op elke patat, indien gebruik, en rooster patats 30-45 minute of tot sag en goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor met braaivleis, geroosterde vleis, hoender of vis.

PATATS & MARSHMALLOWS
GEWASTE PATATS MET MARSHMALLOWS
Was en halveer patats.
Sit marshmallows bo-op elke patat.
Bak in oond @ 180 grade C tot gaar, ongeveer 45 minute.
Kan ook die patats in foelie toedraai tot gaar gebak oor kole.
Maak foelie oop, halveer patats, maar behou die foelie en maak 'n tipe bakkie rondom die patat, moenie toemaak nie.
Pak nou marshmallows bo-op en sit weer terug op rooster sodat die marshmallows kan smelt.
Jy kan dit ook uit foelie haal, pak in 'n platboompan met deksel, sit marshmallows bo-op, sit delsel terug en sit bietjie kooltjies op die deksel vir so 10 - 15 minute tot marshmallows gesmelt het.
Bron: onbekend

SAMPIOENE GEVUL MET KAAS & KNOFFEL
KAAS & KNOFFEL GEVULDE SAMPIOENE
BESTANDELE:
250g klein sampioene
50g botter
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groot sny witbrood
4 eetlepels fyn gerasperde Parmesankaas
3 eetlepels gekapte grasuie
Olyfolie
METODE:
Voorverhit oond tot 180ºC. Verwyder die steeltjies van die sampioene en pak hulle onderstebo in ‘n oondpan. Smelt die botter in ‘n pan op die stoof en meng dan die knoffel by. Maak broodkrummels van die sny brood en voeg by die botter in die pan. Roer vir 2 minute, tot lig gerooster. Plaas die mengsel in ‘n bak en laat afkoel.
Roer die gerasperde kaas en grasuie by. Skep dit oor die sampioene, drup olyfolie oor en bak vir 10 minute tot die sampioene gaar en die bokante goudbruin is.
Bedien warm.
Bron: OFM
Foto: atkins

SAMPIOENE IN SPEK TOEGEDRAAI
SPEK TOEGEDRAAIDE SAMPIOENE OP KOLE
24 wit knopie sampioene
24 snye spek (sny net lank genoeg om te draai rondom die sampioen)
24 geweekte tandestokkies
Goeie gehalte Barbeque sous
METODE:
Draai elke sampioen toe met 'n repie spek
Doop in Bbq sous en plaas op braai
Draai en braai totdat die spek bros is.
Bedien dadelik.
Bron:: Rens