FONDUE "DIPPERS"
FONDUE "DIPPERS"
VLEIS
Blokkies Fillet Steak
Kaasworsies in blokkies gesny
Cherizo worsies in skywe gesny
Hoender wors in blokkies gesny
Hoender Nuggets
Blokkies gerookte Hoender borsies
VIS
Skoongemaakte Prawn (plein of gekrummel)
Stewige stukkies wit vis (Sit degie neer in bakkie waarin elkeen eers doop)
Calamari wat reeds krummel lagie om het
BROOD
Veral in kaas fondues is brood blokkies wat effe gerooster is vooraf heerlik
GROENTE
Hierdie groente is heerlik saam met 'n kaas fondue
Klein aartappeltjies vooraf sag gekook (nie pap nie) WIT EN ROOI AARTELTJIES LYK MOOI
Peppers - groen, geel en rooi in repe gesny
Brocolli - los gebreek (blom & Stingel)
Blomkool - los gebreek (blom & Stingel)
Klein Tamaties
Sampioene in die helfte gesny
Zucchini Pampoentjies in dikkerige ringe gesny
SLAAI
Slaaiblaar in repies gesny en pak die volgende op
Sit vir elke persoon 'n bakkie met wortels wat repies gesny is, seldery wat repies gesny is, klein tamaties , vars mushrooms in skywe gesny
Hulle kan dan kies of hul dit met 'n slaaisous wil eet of wil "dip" in al die lekker souse
Bron: Henriette Wessels
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

FONDUE SOUSE
BRIE EN BLOUKAAS SOUS
300 g brie, wit buitelagies verwyder
80 g bloukaas
250 ml gruyere
30 ml koekmeelblom
375 ml wit wyn
15 ml kersiebrandewyn
Sout, witpeper en neutmuskaat na smaak
METODE:
Kap die brie in klein stukkies, krummel die bloukaas en rasper die gruyere.
Sprinkel die koekmeelblom oor en meng deur.
Verhit die wit wyn oor lae hitte en voeg die kaas by.
Roer, terwyl verhit word, tot glad. Laat prut vir 1-2 minute, roer die brandewyn en geurmiddels na smaak by en sit voor.
Genoeg vir 4-6 mense
Bron: Landbouweekblad

KNOFFEL EN KAASSOUS
450 g gerasperde emmenthalkaas
125 g gerasperde gruyere-kaas
45 ml koekmeelblom
3 ml neutmuskaat
Sout en witpeper na smaak
375 ml droë wit wyn
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
METODE:
Meng die kase, meel, neutmuskaat en geurmiddels.
Verhit die wyn en knoffel tot net onder kookpunt en voeg die kaas bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend, terwyl verhit word, tot glad.
Hou warm oor lae hitte terwyl brood in die sous gedoop word. (As die sous té dik word, maak ‘n bietjie wyn warm en voeg dit by die sous.)
Genoeg vir ses mense.

SWITSERSE KAASSOUS
Dis weer hoogmode om fondue te maak.
SWITSERSE KAASSOUS
375 ml gerasperde emmenthalkaas
250 ml gerasperde gruyere of pecorino
250 ml beleë cheddar
100 ml gekrummelde bloukaas
45 ml koekmeelblom
4 ml sout
500 ml droë wit wyn
30 ml brandewyn
Sout, witpeper en neutmuskaat na smaak
METODE:
Rasper die emmenthal, gruyere of pecorino en cheddar. Meng met die gekrummelde bloukaas.
Sprinkel die koekmeelblom en sout oor en meng goed deur.
Verhit die wyn in die fonduepot (of in ‘n kastrol op die stroof) tot net onder kookpunt.
(Die wyn moet nooit vinnig kook nie.)
Voeg handevol van die kaasmengsel by die warm wyn.
Roer die mengsel stadig, terwyl oor lae hitte verhit word, tot die sous glad is. Laat prut die sous liggies vir een minuut en geur dan met die brandewyn, sout, peper en neutmuskaat. Hou warm oor die fonduevlam.
Doop stukkies Franse brood in die warm kaassous en geniet.
Genoeg vir vier tot ses mense.

GROENTE VIR DIE FONDUE
GROENTE VIR DIE FONDUE (Kaasfondue)
Hierdie groente is heerlik saam met 'n kaas fondue
Klein aartappeltjies vooraf sag gekook (nie pap nie)
Peppers - groen, geel en rooi in repe gesny
Brocolli - los gebreek (blom & Stingel)
Blomkool - los gebreek (blom & Stingel)
Klein Tamaties
Sampioene in die helfte gesny
Zucchini Pampoentjies in dikkerige ringe gesny
Groen Aspersies
Bron: Eie Voorstelle

KAAS FONDUE WENKE
WENKE VIR KAAS FONDUE:
Daar is ‘n kuns aan tradisionele Switserse kaassous. Jy het geduld nodig – té haastig of té warm en die sous sal skif of die kaas kan brand. Verhit die sous stadig oor lae hitte.
Gebruik elastiese, matige kase, soos emmenthal of fontina saam met ‘n sterk kaas, soos gruyere of raclette.
Gebruik ‘n goeie droë wit wyn. ‘n Bietjie ekstra suurlemoensap by die wyn help die kaas vinniger opbreek.
Maak seker dat jou resep ‘n stysel (soos koekmeelblom, mielieblom of fynaartappel) bevat. Dit stabiliseer die sous en keer dat dit skif.
Roer die kaassous in ‘n 8-vorm eerder as in ‘n sirkel – dit help ook dat die kaas vinniger opbreek.
As die sous klaar is, hou die hitte so laag as moontlik om die kaassous warm te hou, anders kan dit maklik aanbrand.
Fonduevurke het hittebestande handvatsels. As jy nie het nie, gebruik vurke met plasiese of houthandvatsels of houtsosatiestokkies.
Die beste brood vir ‘n kaasfondue is wit en sag van binne en korserig buite. Franse brood of Italiaanse ciabata werk baie goed. Die korsie van die brood help om dit op die vurk te hou.
As jy die brood in die kaassous gedoop het, hou dit ‘n rukkie bo die pot sodat die meeste sous afdrup in die fonduepot en ook om die broodjie effens te laat afkoel.
Jy hoef nie net brood te gebruik nie. Probeer gerus kersietamaties of klein mielies vir ‘n meer vullende ete
Bron: Landouweekblad

KAAS FONDUE
KAAS FONDUE
4 porsies
15 ml botter
15 ml koekmeel
375 ml witwyn
175 g gruyère-kaas, in klein blokkies gesny
175 g emmenthal-kaas, in klein blokkies gesny
175 g sterk cheddar-kaas, in klein blokkies gesny
1 ciabatta-brood, in klein blokkies gesny
METODE:
Smelt botter in ’n kastrol. Voeg meel by en maak aan tot ’n gladde pasta. Verhit wyn en gooi by meelmengsel. Meng goed om klonte te verhinder. Voeg gruyère-kaas by en roer tot gesmelt. Voeg die ander twee kase bietjies-bietjies by en roer tot al die kaas gesmelt is. Gooi oor in fondue-pot en sit dadelik voor saam met blokkies brood.
Bron: Sarie
Plasing : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

SJOKOLADE - NAGEREG VIR FONDUE
SJOKOLADE - NAGEREG VIR FONDUE
Met roomkaas of mascarpone en sjokolade kan jy ‘n maklike, heerlike nagereg maak.
230 g (1 houer) mascarpone of roomkaas
190 g donker sjokolade, fyn gekap
METODE:
Smelt die mascarpone of roomkaas en sjokolade oor lae hitte terwyl geroer word tot glad.
Doop aarbeie, ontpitte dadels, lie-tsjies of pruimedante (onpit en gevul met stukkies marsepein) of blokkies botterkoek in die sous.
Hou die sous warm oor baie lae hitte terwyl julle eet.
Bron: Landbouweekblad
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SJOKOLADE - NAGEREG VIR FONDUE
Met roomkaas of mascarpone en sjokolade kan jy ‘n maklike, heerlike nagereg maak.
230 g (1 houer) mascarpone of roomkaas
190 g donker sjokolade, fyn gekap
METODE:
Smelt die mascarpone of roomkaas en sjokolade oor lae hitte terwyl geroer word tot glad.
Doop aarbeie, ontpitte dadels, lie-tsjies of pruimedante (onpit en gevul met stukkies marsepein) of blokkies botterkoek in die sous.
Hou die sous warm oor baie lae hitte terwyl julle eet.
Bron: Landbouweekblad
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SJOKOLADE FONDUE
SJOKOLADE FONDUE
3 x 200 g Toblerone-sjokolade
125 ml room
30 ml brandewyn
vars vrugte van jou keuse om saam voor te sit
METODE:
Bring water in ’n groot kastrol tot net by kookpunt.
Gebruik ’n glasbak wat bo-op die kastrol pas en breek die sjokolade daarin.
Voeg die room en brandewyn by en laat die sjokolademengsel oor stadige hitte smelt.
Roer so nou en dan. Wanneer als gesmelt is, gooi die mengsel in ’n bak van jou keuse en sit dadelik voor.
Jy kan die vrugte op stokkies of fondue-vurkies voorsit.
Bron: Sarie Kos
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

VRUGTE EN IDEES VIR SJOKOLADE FONDUE
VRUGTE EN IDEES VIR SJOKOLADE FONDUE
Piesangs in skywe gesny met bietjie suurlemoensap om verbruining te voorkom
Groen Appels in skywe gesny - bietjie suurlemoensap oor
Rooi Appels in skywe gesny - bietjie suurlemoensap oor
Aarbeie heel en gewas
Kiwi Vrugte in skywe gesny
Groen druiewkorrels van die stammetjies af
Nartjies - geskil en wiggies losgebreek
Pynappel in blokkies gesny
Dadels - ontpit
Spanspek in blokkies gesny
Bron: Eie Idees