BOBOTIE (VOLSTRUIS)
VOLSTRUIS BOBOTIE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
BESTANDELE:
15 ml sonneblomolie
1 ui, fyngesny
15 ml kerriepoeier
1 groot appel, geskil en in blokkies gesny
70 ml appelkooskonfyt
4 snye witbrood
125 ml melk
500 g volstruismaalvleis
2 groot eiers
METODE:
Verhit ‘n kastrol oor medium hitte en voeg die olie by.
Voeg die ui, kerriepoeier, appel en appelkooskonfyt by en braai dit vir ‘n paar minute.
Week die brood in 100 ml van die melk. Voeg die maalvleis en brood by die uiemengsel.
Roer tot die vleis gaar is.
Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak. Klop die eiers saam met die orige 25 ml melk.
Gooi die eiermengsel oor die vleis en bak dit vir 15 minute in die oond tot die bolaag gestol het.
Sit die bobotie voor met rys en slaai.
Bron: Idees / Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BOBOTIE (VOLSTRUIS) MET GESTOOFDE KWEPERS

(4 - 6 porsies)
15 ml olyfolie
15 ml botter
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
45 ml kerriepoeier
5 ml borrie
15 ml koljander
15 ml gemengde kruie
500 g volstruismaalvleis
125 ml water
30 ml appelkooskonfyt
2 snye witbrood, korsies verwyder
125 ml melk
1 eier
sout en varsgemaalde
swartpeper
lourierblare
BOLAAG:
2 eiers
50 ml melk
METODE:
Verhit oond tot 180 ˚C.
Maak olyfolie en botter in 'n groot pan warm. Voeg uie, knoffel, kerrie, borrie, koljander en kruie by.
Braai stadig vir sowat 5 minute of tot uie begin verkleur.
Voeg maalvleis en water by en roerbraai tot vleis gaar is.
Roer appelkooskonfyt by. Week brood in melk. Roer met 'n vurk fyn en voeg by gaar vleis.
Breek eier by en meng goed. Geur goed met sout en peper.
Gooi mengsel in 'n oondvaste bak van 14 x 24 cm.
Meng bestanddele vir bolaag saam en gooi bo-oor.
Druk lourierblare in en bak vir sowat 35 - 40 minute of tot gestol.
Sit warm voor saam met gestoofde kwepers.
GESTOOFDE KWEPERS:
(4 porsies) 45 - 60 minute
4 kwepers, gehalveer
2 liter water
800 g (1 000 ml) suiker
2 ster-anyse
1 kaneelstokkie
sap van 1 suurlemoen
METODE:
Meng suiker en water in 'n pot. Voeg res van bestanddele saam met kwepers by.
Bring tot kookpunt en verlaag die hitte tot 'n stadige prut.
Prut vir sowat 45 - 60 minute of tot die kwepers pienk en amper deursigtig raak.
wenk: Ek voeg water by die bobotie omdat
volstruisvleis min vet bevat en droog is. Jy kan ook spek bybraai.
Bron: Sarie Kos

LAEVET VOLSTRUIS MET NACHOS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 200 ºC
• 30 ml sonneblomolie
• 500 g volstruis-maalvleis
• 1 groot ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 groen en 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
• 3 jalapeño-rissies, gekap
• 25 ml Mexikaanse speseryvryfmengel
• 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
• 300 ml bevrore mielies
• 1 blikkie nierboontjies, gedreineer
• 30 g vars koljander, gekap
• 1 boks of pakkie nacho-skyfies
• 125 ml gerasperde laevet-kaas
• guacamole en salsa om voor te sit
1 Verhit die helfte van die olie in ’n groot kasserolskottel. Braai die maalvleis bruin oor ’n hoë hitte, skep dit uit die skottel en hou eenkant.
2 Verhit die res van die olie in die skottel en voeg die gekapte ui by. Soteer vir een minuut en voeg dan die knoffel, soetrissies, brandrissies en spesery-vryfmengsel by. Soteer vir twee minute, voeg dan die gekapte tamaties by en skep die maalvleis terug in die pot.
3 Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 minute. Voeg die mielies en boontjies by en laat prut vir nog vyf minute.
Voeg die koljander by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
4 Pak die nacho-skyfies bo-oor en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak in die verhitte oond vir 15 minute of tot die skyfies
bros is. Sit dit voor met guacamole en salsa.
Bron: Idees / Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels

VOLSTRUIS STEAK MET BALSEMASYN
Volstruisvleis is geurig, laag in vet en ’n gesonde alternatief vir bees.
Ek koop sommer ’n paar volstuisfilette op ’n slag
-dis ’n vierkantige stuk vleis en nie langwerpig soos bees of springbokfilet nie –
sny dit dan dwars oor die grein in steaks wat ek vries.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en seël die steaks oraloor voor jy ’n skeut balsemasyn bygooi.
Roer die steaks in die asyn tot dit dieselfde kleur kry as die asyn (wat effens stroperig sal raak)
skep dit dan uit om eenkant te rus – onthou, volstruis is baie droog en moet hoogstens mediumgaar geëet word.
Gooi ’n skeut rooiwyn by die asynstroop en laat dit effens afkook tot ’n lekker sous wat jy oor die steaks kan gooi.
Geniet dit saam met ’n lekker robuuste rooiwyn
Bron : Sarie Kos

VOLSTRUIS SOSATIE MET COUSCOUS EN MARMELADE
Couscous en marmelade
300 g couscous (semolina)
100 ml olyfolie
50 g sagte botter rooi soetrissie, in dun repies gesny
1 groen soetrissie, in dun repies gesny
2 groot uie, in dun skyfies gesny
1 - 2 knoffelhuisies, fyngekap
1 takkie tiemie
1 lourierblaar
100 ml rooiwynasyn
1 blik (sowat 400 ml) tamatiestukkies
sout en peper
Roketpesto-olie
100 g roket
20 g dennepitte
2 knoffelhuisies
300 ml olyfolie
sout en peper
Sosaties
1,2 kg volstruisfilet, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in kort breë repe gesny
1 groen soetrissie, in kort breë repe gesny
1 rooi-ui, in breë repe gesny olyfolie
sout en peper
Maak die couscous met 350 ml kookwater, 1 eetlepel van die olyfolie en 'n knypie sout.
Meng goed, bedek met kleefplastiek en laat staan vir 5 minute.
Voeg botter by en krap met 'n vurk deurmekaar om korrels behoorlik te skei.
Vir die marmelade verhit jy die res van die olyfolie en braai die soetrissies en uie vir 3 minute oor hoë hitte.
Voeg knoffel, tiemieblare en lourierblaar by, asook die asyn, en kook tot vloeistof byna heeltemal verdamp het.
Voeg tamaties by, geur met sout en peper, en kook tot mengsel die taai tekstuur van marmelade kry.
Vir die pesto-olie
Meng jy al die bestanddele in 'n voedselverwerker tot dit 'n gladde sous word.
Besprinkel volstruisvleisblokkies met 'n bietjie olyfolie, en braai in 'n oondpan tot brosbruin.
Ryg vleisblokkies, soetrissierepe en ui-repe om die beurt op sosatiestokkies.
Verf met olyfolie en geur met sout en peper voor jy dit vir 'n rukkie onder 'n warm oondrooster inskuif.
Haal uit as vleis gaar en groente nog bros is.
Om op te dien, meng jy die couscous met die soetrissie-marmelade en skep dit in die middel van elke bord.
Rangskik 'n sosatie bo-op en drup 'n dun stroompie pesto rondom.
Versier met 'n paar roketblare en dra dadelik tafel toe.

VOLSTRUIS CROSTINI MET KERSIEMARMELADE
(Geskep deur Lungile Nhlanhla, nou Drum se assistant-kosredakteur)
Die vleis kan in ‘n riffelpan of oor die kole gaargemaak word. Maak die kersiemarmelade vooraf.
Bestanddele:
30 ml olyfolie 15 ml fyn komyn 15 ml paprika 10 ml knoffel, fyngekap Sout en peper na smaak 4 volstruis steaks 1 ciabatta gesny Kersiemarmelade 15 ml botter 15 ml olyfolie 1 stingel seldery grofgekap 4 cm stuk vars gemmer, gekap 250 ml rooiwyn 400 g kersies ontpit 15 ml korrelmosterd Garnering: ‘n Handvol vars roket blare Gruyére skaafsels
Metode; 1. Meng 10 ml van die olyfolie met die komyn, gemmer, paprika, knoffel, sout en peper. Vryf die mengsel op die volstruis steaks. 2. verhit ‘n riffelpan tot baie warm en braai die steaks tot medium-gaar (3-4 minute aan ‘n kant) of braai oor warm kole. Hou eenkant om te rus. 3. Drup die oorblywende olyfolie oor die ciabatta snytjies en braai dit in ‘n riffelpan of oor warm kole tot liggies gerooster. Marmalade 4. Verhit die botter en olyfolie in ‘n kastrolletjie en kook die vars gemmer en seldery tot sag, vir ongeveer 10 minute. 5. verhoog die plaat se hitte, voeg die wyn by en kook tot die alkohol verdamp het. Voeg die kersies by en kook vir ongeveer 10 minute oor medium hitte. Voeg die mosterd by sodra die kersies sag is.
Om voor te sit: Sny die steaks in dun skyfies. Plaas ‘n roketblaar op elke snytjie ciabatta, dan ‘n skyfie vleis en skep dan van die kersiemarmelade bo-oor. Sprinkel van die Gruyére skaafsels oor en bedien koud of warm
Resep: Lungile Nhlanhla; Jacques Erasmus; fotograaf Myburgh du Plessi