AARTAPPEL GEBAK MET FETA KAAS EN GEKARAMILLISEERDE UIE
VEGETAREIS - AARTAPPEL GEBAK MET FETA KAAS EN GEKARAMILLISEERDE UIE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 160 °C
30 ml olie
2 rooi-uie, gesny
3 groot aartappels
100 g feta, gekrummel
15 ml gekapte vars roosmaryn (of 10 ml gedroog)
2 groot eiers
125 ml ingedampte melk
METODE:
Verhit die olie in ’n groot pan en soteer die uie tot goudbruin. Kook die aar tappels tot net sag. Skil dit en sny dit in skywe. Pak die aartappelskywe saam met die uie in ’n gesmeerde reghoekige bakskottel.
Klop die res van die bestanddele saam. Gooi dit oor die aartappels en bak dit vir 20 minute of totdat dit goudkleurig en gaar is.
Bron: Idees
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

ASPERSIE EN ERTJIE PASTA
VEGETARIES - ASPERSIE EN ERTJIE PASTA
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
400 g penne-pasta
15 ml botter
4 middelslag-preie, oorkruis gesny
250 ml kaassous
1 x 460 g-blik aspersiepunte
200 ml bevrore of vars baba-ertjies
METODE:
Maak die pasta gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer dit en hou eenkant. Los ’n klein bietjie water in die kastrol sodat die pasta nie uitdroog nie.
Verhit die botter in ’n pan en braai die preie tot sag. Voeg die kaassous, aspersies en ertjies by, stel die hitte laer en laat dit vir twee tot drie minute prut. Gooi ’n bietjie melk by as dit te dik raak en geur dit na smaak.
Gooi die sous oor die pasta, meng dit deur en sit dit dadelik voor.

ASPERSIE EN PREI TERT
VEGETARIES - ASPERSIE EN PREI TERT
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
6-8 velle fillodeeg
100 ml gesmelte botter
1 bossie vars groen aspersies, gaargestoom
230 g roomkaas
3 groot eiers
150 ml room of melk
125 ml gerasperde parmesaankaas
2 groot preie, gesoteer
15 ml gekapte vars pietersielie
1 blik aspersiepunte, gedreineer
METODE:
Verf een vel fillodeeg met botter. Sit dit in ’n gesmeerde tertbord van 12 x 35 cm of 20 x 20 cm en laat die deeg oor die kante hang. Herhaal dit met die res van die deegvelle – verf elkeen met botter.
Sny die vars aspersies in stukkies van 10 cm en hou die kleiner stukkies vir die vulsel.
Meng die res van die bestanddele behalwe die geblikte aspersies saam. Voeg die klein stukkies vars aspersies daarby en gooi die mengsel in die tertdop. Rangskik die vars en geblikte aspersies bo-op – wissel die kleure af.
Bak die tert in die oond vir 30 tot 40 minute of tot die deeg goudbruin is en die vulsel gestol het. Laat dit effens afkoel voordat jy dit voorsit.

BLOMKOOL EN BOONTJIE KERRIE
VEGETARIES - BLOMKOOL EN BOONTJIE KERRIE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
30 ml sonneblomolie
1 ui, middeldeur gesny en dan opgesny
25 ml hoender-masala of kerriepoeier
1 rooi rissie, pitjies verwyder en opgekap
1 blik klappermelk
1 blomkoolkop, in blommetjies gesny
1 blik botterbone, afgespoel en gedreineer
basmati-rys, om voor te sit
vars koljanderblare vir garnering
METODE:
Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die uie by. Soteer dit tot dit sag is. Voeg die speserye en rissie by en braai dit vir ’n minuut of tot dit geurig is.
Voeg die klappermelk bietjies op ’n slag by en roer dit elke keer goed sodat dit met die speserye meng.
Voeg die blomkool by en laat dit vir 7-10 minute prut of tot dit amper sag is. Voeg die boontjies by en laat dit vir nog 2-3 minute prut, tot alles warm is. Geur dit na smaak en sit dit op basmati-rys voor, gegarneer met koljander.

CREAMY GARLIC PASTA
CREAMY GARLIC PASTA
2 tsp olive oil
4 cloves garlic, minced
2 tbsp butter
¼ tsp salt
½ tsp pepper
3 cups chicken stock
½ lb spaghetti or angel hair pasta
1 cup grated parmesan cheese
¾ cup heavy cream
2 tbsp chopped fresh parsley
METHOD:
In a large pot, bring the olive oil to medium-low heat. Add the garlic and stir, allowing it to cook for 1-2 minutes. Mix in the butter until melted. Add the salt, pepper and chicken stock. Raise the heat to high and let it come to a boil.
Once it is at a rolling boil, add the pasta and cook for as long as the box’s directions indicate. Reduce the stove to medium heat and mix in the parmesan until completely melted. Turn off the heat and stir in the cream and parsley. Serve immediately.
Bron: The Cheese Pusher

EIER FRIKKADELLE
VEGETARIESE EIER FRIKKADELLE
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 30 minute, plus yskastyd
Gaarmaaktyd: 20 minute
6 groot eiers
25 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml fyngemaakte droë rissies (opsioneel)
3-4 murgpampoentjies, grofgerasper
1 blik (400 g) keker-ertjies, afgespoel
5 ml garam masala
100 g koekmeel
150 g vars witbroodkrummels
sonneblomolie, vir diepbraai
slaai en slaaisous, om voor te sit
METODE:
Verhit water tot kook- punt en laat die eiers vir agt
minute prut. Skep dit in koue water, dop dit af sodra dit afgekoel het, en druk dit droog.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui vir ’n minuut. Voeg die knoffel, rissie en murgpampoentjie by en roerbraai dit vir ’n
paar minute. Haal van die plaat af. Verpulp saam met die keker-ertjies en garam masala in ’n voedselverwerker. Geur.
Vou van die mengsel rondom elke eier.
Klits die orige eiers. Doop die toegedraaide eiers in meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels. Sit vir 10-15
minute in die yskas. Braai goudbruin in matig warm olie en sit voor met ’n slaai.
Bron: Idees / Kos & Onthaal

EIER PANNEKOEK GEVUL MET SPINASIE EN FETA
EIERPANNEKOEK GEVUL MET SPINASIE EN FETA
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
EIERPANNEKOEK
6 eiers
30 ml melk
50 ml botter
SPINASIE VULSEL
1 ui, gekap
250 g sampioene, gekap
45 ml koekmeel
350 ml melk, of helfte melk, helfte room
300 g spinasie, gekap
100 g feta, gekrummel
METODE:
Pannekoek Klop die eiers en melk saam en geur dit. Verhit ’n bietjie botter in ’n klein kleefvrye pan. Gooi ’n kwart van die eiermengsel in en braai dit gaar. Skep dit op ’n warm bord en bedek dit met foelie sodat dit warm bly terwyl jy die ander drie pannekoeke maak.
Vulsel Soteer die ui en sampioene in die orige botter tot sag. Roer die meel by en dan die melk ’n bietjie op ’n slag. Prut vir ’n paar minute.
Voeg die spinasie by en sit die deksel op. Prut tot die spinasie net gaar is. Roer die feta by. Vul die pannekoeke, rol dit op en sit dit dadelik voor.

EIERVURG CARPACCIO
EIERVRUG CARPACCIO
Carpaccio is gewoonlik dun skyfies vleis wat in ’n olyfoliemengsel gemarineer word. Ander bestanddele, soos die eiervrug in dié geval, word ook deesdae gebruik. As jy van eiervrug hou, sal hierdie carpaccio jou beslis aanstaan. ’n Gereelde kliënt erken dat, sedert hy dit geproe het, hy altyd hiervan in sy yskas het. Die delikate geure is perfek as ’n slaai, ligte maaltyd, op toebroodjies, of bygereg. Individuele porsies maak ‘n interessante voorgereg.
BESTANDELE
100 ml olyfolie
1 klein knoffelhuisie, fyn gedruk
10 ml (2 t) fyngerasperde suurlemoenskil
15 ml (1 e) suurlemoensap
20 ml (4 t) basiliekruidpesto
15 ml (1 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1-2 klein tot middelslag eiervrugte met die skil
ekstra olie om mee te braai
150 g Mozzarellakaas, in repies of -balletjies (bocconcini), grof geskeur of repies
Pecorinokaas
METODE
Klits al die bestanddele, behalwe eiervrug, olie en kaas saam en geur na smaak.
Sny eiervrug met die skil aan, in die lengte in papierdun skyfies. Verhit’n groot braaipan oor matige hitte. Smeer ’n dun lagie olie oor die boom van die pan en braai ’n paar eiervrugskyfies op ’n slag, aan beide kante tot goudbruin en gaar. Voeg slegs nog olie by indien dit regtig nodig is, anders gaan die eiervrug te olierig wees.
Skep eiervrug in ’n plat bak, skink van die slaaisous oor die warm skywe en laat afkoel. Braai en marineer die res op dieselfde manier. Hou ’n bietjie slaaisous om dit mee voor te sit.
Plaas een uur in die yskas om te marineer. Pak eiervrugskyfies op individuele borde of ’n groot opdienbord met die kaas tussen-in. Sit voor met die orige slaaisous en ’n lekker draai swartpeper. Dit kan ook as ’n ligte maaltyd met bros Italiaanse brood voorgesit word. Die eiervrug is ook heerlik as deel van ’n antipasto bord of ’n bord met kaas, slaaibestanddele en soutbeskuitjies.
Wenk
Maak ’n dubbele resep en bêre een gedeelte in ’n gesteriliseerde glasfles. Hou die bestanddele bo in die bottel altyd met olie of slaaisous bedek. Hou vir 1 - 2 weke in die yskas.
Bron: Heleen Meyer / RSG

FRITTATA MET BROCCOLI EN MURGPAMPOENTJIES
FRITTATA MET BROCCOLI EN MURGPAMPOENTJIES
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
Oondtemperatuur: rooster
30 ml botter
1 ui, fyngekap
8 murgpampoentjies, gesny
500 ml klein broccoli-blommetjies
6 eiers
250 ml gerasperde beleë cheddar
slaai, om voor te sit
METODE:
Smelt die botter in ’n oondpan en soteer die ui tot sag. Voeg die murgpampoentjie en broccoli by en soteer dit tot dit amper gaar is. Skep die groente uit die pan en hou dit eenkant.
Klits die eiers liggies en voeg sout en varsgemaalde swartpeper by. Gooi dit in die pan en bak dit oor matige tot lae hitte tot dit aan die onderkant begin stol.
Voeg die groente by en bak dit verder tot die rande stol. Sprinkel die kaas oor en sit die pan onder die warm element. Rooster dit vir 3-4 minute, tot die frittata in die middel gestol het. Sit dit in skywe saam met ’n slaai voor.

GEURIGE GROENTESOP
VEGETARIESE GEURIGE GROENTESOP
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
40 ml groenteolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 ml kerriepoeier
5 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
600 g gemengde groente van jou keuse, in klein blokkies gesny
1,5 liter groenteaftreksel
1 ml suiker
gewone jogurt, sesamolie, vars koljander en brood om voor te sit
METODE:
Verhit die olie in ’n groot pan. Voeg die uie by en soteer dit tot net sag. Voeg die knoffel en speserye by en roer tot dit begin geurig raak.
Voeg die blik tamaties, groente en aftreksel by en verhit dit tot kookpunt. Gooi indien nodig nog water by om die groente te bedek. Sit die deksel op en laat dit vir 20 minute liggies prut. Roer dit af en toe. Gooi die suiker by en geur dit na smaak.
Pols die sop fyn in ’n voedselverwerker. Sit dit voor met ’n lepel vol gewone jogurt, ’n bietjie sesamolie, vars koljander en brood.

ITALIAANSE TORINGS MET EIERVRUG, SOETRISSIE EN MOZZARELLA

2 e kappertjiesaad, grofgekap
1 medium-warm brandrissie, soos jalapeño, grofgekap 1 e vars origanum, marjoram of basilieblare, grofgekap
1⁄4 koppie ekstrasuiwer-olyfolie, plus ekstra vir rooster
1 groot rooi soetrissie, sade uitgehaal en in 8 ringe van 1,5 cm gekap
2 mediumgrootte eiervrugte, in 12 skywe van 0,5 cm gekap
growwe sout
230 g vars mozzarella, in 8 skywe van ongeveer 0,5 cm gesny
AANWYSINGS:
Die kole is reg wanneer jy jou hand vir 4 tot 5 sekondes 10 cm bo die kole kan hou. As jy die oond gebruik, verhit die roosterelement op medium-hoog.
Meng die kappertjiesaad, brandrissie, kruie en olyfolie saam in ’n bakkie.
Borsel die soetrissieringe liggies met die olyfolie en braai tot dit sag is, draai om wanneer dit verbruin (ongeveer 5 minute per kant). Skep dit in ’n bak uit en bedek sodat dit verder sag kan raak.
Borsel elke eiervrugskyf met olyfolie en sprinkel sout oor; braai tot dit baie sag is, draai om wanneer dit ver- bruin (ongeveer 4 minute per kant).
Sit ’n eiervrugskyf op elk van die vier borde neer, dan ’n soetrissiering en dan ’n skyf mozzarella. Drup ’n bietjie kappertjie-brandrissie-olie bo-oor die kaas en herhaal. Eindig elke stapeltjie met ’n eiervrug, en ’n spatsel kappertjie-brandrissie-olie.
Bron: Goeie Huishouding

KAAS EN GORT GEBAK
VEGETARIES - KAAS EN GORT GEBAK
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
30 ml olyfolie
1 ui, gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g gemengde groente
100 g gaar gort
30 ml gekapte vars gemengde kruie
200 g beleë cheddar, gerasper
250 ml suurroom of kaassous
METODE:
Verhit die olie in ’n groot pan en soteer die uie en knoffel. Voeg die groente by en roerbraai dit vir vyf minute. Meng die gaar gort, vars kruie en die helfte van die kaas by.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondskottel en gooi die suurroom of kaassous oor. Strooi die res van die gerasperde kaas oor en bak dit in die oond vir 15 minute of tot dit goudbruin is.

KAAS NACHOS MET BOONTJIES EN SUIKERMIELIES
VEGETARIES - KAAS NACHOS MET BOONTJIES EN SUIKERMIELIES
Genoeg vir: 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: rooster
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
1 rissie, fyngekap
1 x 425 g-blikkie botterbone, gedreineer
1 x 410 g-blikkie suikermielies, gedreineer
2 tamaties, gekap
400 g nachos
200 g mozzarella, gerasper
METODE:
Verhit olyfolie in ’n groot pan en braai die ui tot sag. Voeg die rissie by en braai dit vir nog ’n minuut. Roer die bone en suikermielies by en braai dit vir sowat vyf minute oor ’n matige hitte. Roer dan die tamaties by en braai dit vir nog twee minute.
Pak die nachos op ’n groot bakplaat uit. Skep die bonemengsel bo-op en strooi ’n laag mozzarella oor. 3 Sit dit onder ’n warm oondrooster tot die kaas gesmelt het.

KOES KOES MET KEKER-ERTJIES
VEGETARIES - KOES KOES MET KEKER-ERTJIES
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
150 ml koeskoes
200 ml warm groenteaftreksel
1 blik keker-ertjies, gedreineer
1⁄2 geel soetrissie, in blokkies gesny
1⁄2 rooi soetrissie, in blokkies gesny
30 ml gekapte koljanderblare
METODE:
Gooi die koeskoes in ’n groot bak en gooi die warm aftreksel oor – die koeskoes moet net-net bedek wees. Bedek die bak met kleefplastiek en laat dit vir vyf minute staan.
Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, gebruik ’n vurk om die korrels los van mekaar te kry. Gooi die res van die bestanddele by en roer dit deur. Sit die koeskoes dadelik voor.

KEKER-ERTJIE- KERRIE MET KLAPPERRYS
KEKER-ERTJIE KERRIE MET KLAPPERRYS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
1 ui, geskil en in kwarte gesny
1 knoffelhuisie
2 cm-stuk gemmer, geskil
1-2 rooi brandrissies, ontpit
10 vars koljandersteeltjies
30 ml grondboon- of sonneblomolie
2,5 ml fyn swartpeper
2,5 ml borrie
12 ml fyn komyn
5 ml fyn koljander
1 blik klappermelk
2 middelslag-aartappels, geskil en in hapgrootte blokkies gesny
2 blikke keker-ertjies, gedreineer en afgespoel
2 tamaties, in dun wiggies gesny
1 bakkie suiker-ertjies
30 ml ligte sojasous
tamarind-pasta na smaak (of gebruik suurlemoensap)
40 ml gekapte koljander
vars klapperskaafsels
gaar jasmynrys om voor te sit
METODE:
Sit die ui, knoffel, gemmer, rissie en koljandersteeltjies in ’n voedselverwerker en pols tot ’n gladde pasta.
Verhit die olie oor ’n medium hitte en braai die pasta vir drie minute of tot dit goudbruin begin raak. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die klappermelk bietjies-bietjies by.
Voeg die aartappels, keker-ertjies en tamaties by en laat prut vir 15 minute of tot die aartappels gaar is. Roer elke paar minute sodat dit nie vasbrand nie. Voeg die suiker-ertjies, sojasous en tamarind-pasta na smaak by. Laat prut vir drie minute en roer dan die koljander deur.
Meng die vars klapperskaafsels deur die warm jasmynrys en sit voor saam met die kerrie.

LASAGNE MET BOTTERSKORSIE EN ROOI UI
VEGETARIES - LASAGNE MET BOTTERSKORSIE EN ROOI UI
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
15 ml sonneblomolie
2 rooi uie, in wiggies gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g botterskorsie, in blokkies gesny en gestoom
1 x 500 ml-fles tamatie-en-basiliesous
1 x 500 ml-fles witsous
125 ml melk
8 lasagnevelle
250 ml (100 g) gerasperde mozzarella
METODE:
Verhit die olie in ’n pan. Voeg die uie by, soteer dit vir drie minute en gooi die knoffel by. Braai dit vir ’n minuut. Gooi die botterskorsieblokkies en tamatie-en-basiliesous by. Roer oor hoë hitte vir twee minute.
Meng die witsous en melk in ’n beker. Gooi ’n derde in ’n oondskottel. Sit die lasagnevelle bo-op die sous.
Skep die helfte van die botterskorsiemengsel op die pasta, en her- haal die lae tot die bestanddele op is. Strooi die kaas bo-oor. Bak dit vir 20 minute in die oond of tot sag. Haal dit uit die oond en laat dit vir 10 minute rus voordat jy opskep.

LENSIE BOBOTIE
VEGETARIES - LENSIE BOBOTIE
1½ koppie rou lensies
1 ui
2 lourierblare
1 teelepel vars knoffel
1 teelepel vars gemmer
½ teelepel borrie
½ eetlepel kerrie
1 eetlepel vars suurelemoensap
1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
2 eiers, geklits
1 eier, geklits
METODE
Kook die lensies tot sag, dreineer, en hou eenkant.
Braai ui tot sag en voeg die res van die bestandele by, behalwe die eiers.
Roer goed.
Voeg die lensies by.
Laat dit afkoel.
Plaas in 'n oondvaste bak.
Meng die twee geklitsde eiers by die mengsel.
Neem die laaste geklitsde eier en voeg dit bo-op.
Bak oop in oond teen 120 grade vir 'n halfuur tot goudbruin.
Bron: RSG

Min dinge is so Suid-Afrikaans soos bobotie, maar hierdie resep het ‘n kinkel in die kabel.
BESTANDELE:
30 ml olyfolie
2 rooi uie, opgekap
10 ml vars knoffel, fyngekap
15-20 ml kerriepoeier
2 snye bruinbrood, in water geweek vir 10 minute
2 x 400g blikkies lensies, gedreineer
15 ml witwynasyn
15 ml appelkooskonfyt
Sout en peper na smaak
2 eiers
160 ml karringmelk of melk
3 ml borrie
6 lourierblare
Gevlokte amandelblare
METODE:
1. Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en braai vir ’n minuut.
2. Voeg die kerriepoeier en braai tot geurig.
3. Druk die oortolige water uit die brood en voeg by die uie in die pan.
4. Gooi die lensies, asyn en konfyt in die pan en geur na smaak.
5. Sit die mengsel in ‘n oondvaste bak.
6. Verhit die oond tot by 160°C.
7. Meng die eiers, melk en borrie saam met sout en peper na smaak en gooi oor die bobotie.
8. Strooi die gevlokte amandels en lourierblare op die eiermengsel.
9. Bak vir 20-30 minute of tot die eiermengsel gaar is.
10. Bedien met geelrys, blatjang en skywe piesang.
Lewer 4 porsies
Bron: Uittreksel uit "Japtrap aandetes" deur Jenny Kay & Elinor Storkey
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

MACARONI EN KAAS
VEGETARIES KRAAKLEKKER MACARONI EN KAAS
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 25-30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
250 g macaroni
400 ml kaassous
3 knoffelhuisies, fyngedruk
50 ml fyngekapte pietersielie
1 bakkie babatamaties, middeldeur gesny
125 ml gerasperde cheddar
125 ml droë broodkrummels
30 ml olyfolie
METODE
Kook die macaroni tot al dente en dreineer dit goed. Verhit die kaassous en roer dit by die pasta. Skep dit in ’n groot, gesmeerde oondskottel of vier individuele bakkies.
Meng die knoffel en pietersielie en sprinkel dit oor die pasta. Strooi die tamaties bo-oor.
Meng die cheddar en die broodkrummels en sprinkel dit oor die tamaties. Drup die olyfolie oor. Bak dit vir 25 tot 30 minute in die oond tot goudbruin.

PAELLA
VEGETARIESE PAELLA
15 ml (1 e) olie
2 rooi uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekap
500 ml (2 k) risotto-rys
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) paprika
750 ml (3 k) warm groenteaftreksel
5 ml (1 t) vars roosmaryn
200 g kersietamaties
150 g vars ertjies
400 g (1 blik) artisjokharte
Verhit olie in ’n pan oor matige hitte.
Braai die uie en knoffel 2 minute of tot sag. Voeg die rys, borrie en paprika by en roer goed.
Voeg die aftreksel en roosmaryn by en bring tot kookpunt terwyl jy goed roer.
Verminder die hitte en laat prut 20 minute of tot die vloeistof in die rys getrek het terwyl jy af en toe roer.
Voeg die kersietamaties en ertjies by en kook 5 minute.
Verwyder van die hitte, roer die artisjokke in en sit voor.
Bron: Hope Malau
Plasing; Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

PREI EN SAMPIOEN HERDERSPASTEI
VEGETARIES - PREI EN SMAPIOEN HERDERSPASTEI
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 35 minute
4 aartappels, geskil en in blokkies gesny
60 ml botter
2-3 preie, gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g gemengde sampioene
25 ml koekmeel
150 ml groente-aftreksel
150 ml melk
1 takkie vars tiemie
10 ml gerasperde suurlemoenskil
gerasperde parmesaan
gestoomde groente of slaai, om voor te sit
METODE:
Kook die aartappels tot sag. Dreineer.
Verhit die helfte van die botter en soteer die prei tot sag. Voeg die knoffel by en braai dit ’n minuut.
Voeg die sampioene by en roerbraai dit tot ligbruin. Sprinkel die meel oor en roer goed. Voeg die aftreksel by – net ’n bietjie op ’n slag – en roer heeltyd. Voeg die melk en tiemie by. Laat prut tot gaar en dik.
Maak die aartappels fyn. Voeg die orige botter en die suurlemoenskil by. Voeg nog ’n bietjie melk by, indien nodig. Geur.
Skep die sampioene in ’n oondbak. Skep die aartappel bo-oor en sprinkel parmesaan oor. Rooster vir ’n paar minute onder ’n warm element tot goudbruin. Sit voor met gestoomde groente of ’n slaai.

ROMERIGE BOTTERSKORSIE GNOCCHI
VEGETARIES - ROMERIGE BOTTERSKORSIE GNOCCHI
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
15 ml olyfolie
6 sprietuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
5 ml fyn kaneel
400 ml groenteaftreksel
125 ml vars room
750 g klaar aartappel-gnocchi
parmesaanskaafsels om voor te sit
METODE:
Verhit die olie in ’n klein potjie en soteer die sprietuie en knoffel. Voeg die botterskorsie, kaneel en aftreksel by en laat dit vir 15 minute prut of tot die botterskorsie sag is. Verpulp die helfte van die mengsel tot glad, voeg die room by en laat dit vir twee minute prut. Geur dit na smaak.
Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pakkie en meng dit met die sous. Sit dit voor met die heel botterskorsie en parmesaanskaafsels.

SOETPATAT EN PAMPOEN SOP
VEGETARIES- SOETPATAT EN PAMPOEN SOP
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
15 ml botter
2 groot soetpatats, geskil en in blokkies gesny
500 g pampoen, geskil en in blokkies gesny
750 ml hoenderaftreksel
250 ml witsous
sap van 1⁄2 suurlemoen
geroosterde Franse brood om voor te sit
METODE:
Verhit die botter in ’n groot kastrol. Soteer die patat en pampoen vir ’n paar minute tot dit net- net bruin word. Gooi dan die aftreksel by en bring dit tot kookpunt. Kook dit totdat die patat en pampoen sag is.
Skep die groente in ’n voedselverwerker en meng tot dit glad is. Gooi die witsous by en meng dit goed.
Skep die sop terug in die kastrol en verhit dit tot deurwarm. Roer dan die suurlemoensap by en sit dit voor met geroosterde Franse brood.