KAMPWENKE
KAMPWENKE
Wees nou maar eerlik: ’n Groot deel van kamp gaan oor die eet. Spaar jouself moeite, ontspan en doen die sleurwerk voor die tyd.
Kap die bestanddele van jou geregte by die huis op en sit dit in aparte sakkies. Jy kan selfs van die bestanddele voor die tyd gaarmaak.
Maak ’n pot sop voor die tyd, vries dit en hou dit in jou koelboks. Maak dit dan oor die vuur warm vir ’n lekker vinnige maaltyd.
Meng vooraf die droë bestanddele wat nodig is vir ’n basiese deegresep waarmee jy stokbrood, pizza, potbrood ensovoorts kan maak. Dan hoef jy net water by te gooi as jy kamp.
Maak rys of noedels voor die tyd gaar, laat dit afkoel, sit dit in ’n plastiekhouer en maak dit warm by die kampplek.
Pak ’n bietjie gaar kos in jou koelboks, want jy gaan iewers aankom waar daar nie hout of ’n vuurmaakplek is nie of jy gaan bloot te moeg wees om kos te maak
Bron: Weg Resepte
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

AFRIKAANSE RESEPTE:
BIER & KAASSOUS
BIER & KAASSOUS
Vir 4-6
Voorbereityd 5 minute
Gaarmaaktyd 30 minute
Hierdie sous word presies soos ’n witsous gemaak, maar daar kom bier in vir ekstra oemf.
Jy kan dit gebruik vir macaroni-en-kaas of om ’n toebroodjie (soos die jalapeño-en-bierbrood hiernaas) op te kikker.
JY BENODIG:
½ koppie botter
½ koppie koekmeel
1½ koppie melk
1½ koppie bier soos Darling Brewery se Bone Crusher (’n ligte Belgiese bier)
2 koppies gerasperde cheddar
’n knippie paprika
’n knippie swartpeper
’n knippie neutmuskaat
Sout na smaak
SO MAAK JY:
Smelt die botter in ’n potjie en roer die meel daardeur soos vir ’n witsous.
Gebruik ’n ballonklitser om die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel in te klits. Hou die kastrol oor ’n lae hitte om te keer dat dit klonte vorm. Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aanhoudend.
Roer die bier deur terwyl die mengsel kook, en roer dan die res van die bestanddele deur.
Die sous sal verdik as dit staan. Indien dit gebeur, kan jy dit net weer stadig verhit en met nog ’n skeut melk verdun
Bron: Weg se Werf

BOELIEBIEF EN EIERS
BOELIEBIEF EN EIERS
Maak dié ontbyt op ’n dag dat die mae moet volbly en daar nie tyd is om vir middagete stil te hou nie. Onthou, dis net vir manne wat hul broek met ’n pofadder vasmaak …
JY HET NODIG (vir 4 porsies):
1 ui, gekap
2 eetlepels olie
1 x 300 g-blik boeliebief
5 eiers
¼ koppie melk
sout en peper na smaak (wees versigtig met die sout, want die vleis is reeds sout)
4 snye roosterbrood
DAN MAAK JY SO:
Braai die ui in die helfte van die olie tot goud-bruin.
Verwyder die vet van die boeliebief (as jy wil) en voeg die vleis by die ui.
Roer dit met ’n vurk sodat die boeliebief lekker los is.
Klits die eiers en die melk saam.
Maak roereier in ’n ander pan in die res van die olie.
Skep die boeliebief op die roosterbrood en daarna die roereiers.
VARIASIES:
Skeur 4 x 15 cm-vierkante foelie, smeer botter daarop en vorm ’n nessie van elk.
Sit die foelie-nessies in ’n platboompot of groot pan. Verdeel die ui-en-boeliebiefmengsel tussen die nessies en maak ’n holte in die middel van die vleismengsel.
Sit die pot op die vuur sodat dit kan warm word.
Breek die eiers een vir een in elke nessie sodra die pot warm is (jy sal een minder eier gebruik).
Bron: wegry.co.za
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BRAAI PAAI
BRAAI PAAI
BESTANDELE:
2 Rolle
Skilferkorsdeeg
1 Pak Spinasie
Gaar Hoenderborsies(Gerookte Hoenderborsies kan ook gebruik word)
1 Pakkie Gesnipperde Spek
1 Ui
1 Rooi Rissie
1 Geel Rissie
1 Pak Sampioene
Feta
Cheddar Kaas
Chakalaka (die een met die sweetcorn in)
METODE:
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.
(Nie te dun nie anders gaan vulself hom pap maak)
Braai ui, rissie , spek sampioene saam
Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by.
1. Sit helfte van rou spinasie op deeg.
2. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie.
3. Sit uie en spek en sampioen mengsel op (maak seker dit is goed afgekoel)
4. Sit Chakalaka (die een met die mielies in) op die vulsels.
5. Strooi nou kaas oor
6. Eindig met ander helfte van spinasie.
7.Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk.
8. Maak deeg oral toe, soos 'n pakkie (ek het myne met vurk toe gedruk)
Gebruik rooster wat toe knyp (ek stel voor pak vd begin af jou lae klaar op rooster wat gespuit is)
Braai hoog op vuur.
Braai 15 minute,draai gedurig om.
Braai tot mooi goudbruin
Doen dieselfde vir kleiner pasteitjies (vir my meer hanteerbaar) sit elkeen se eie vulsel in en druk toe
Bron: Onbekend
Plasing & veranderinge: : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

HOENDERPASTEI OP DIE KOLE
HOENDERPASTEI OP DIE KOLE
(6 PORSIES)
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
45 ml olyfolie
1 gaar hoender, gevlok van die bene af
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
2 x 400 g-rolle blaardeeg
METODE:
Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by.
Braai vir sowat 3 – 5 minute. Voeg hoender by en braai vir nog 5 minute.
Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot room met die helfte verminder het. Die mengsel moet dik en romerig lyk.
Geur goed met sout en swartpeper.
Plaas een rol blaardeeg op skoon werkoppervlak.
Skep mengsel bo-op en versprei eweredig.
Los omtrent 2 cm-deegrand rondom oop. Rol die tweede rol blaardeeg bo-oor.
Druk die twee velle met ’n vurk aan mekaar vas.
Plaas die pastei in ’n skoon toeklaprooster.
Braai oor medium-warm kole vir sowat 15 – 20 minute per kant of totdat dit heeltemal goudbruin en gaar is.
Bron: Sarie kos

KAIINGS
KAIINGS
Vir 6
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 30 minute
Vet Afrikanerstertjies is die beste vir die resep, maar my mense maak dit sommer van sagtevet (vet van die boude, skouer en ribbe).
JY BENODIG:
1kg sagtevet
SO MAAK JY:
Maal die vet (vir fyn kaiings) of sny dit in dobbelsteengrootte blokkies.
Sit die vet in ’n swaarboomkastrol en braai dit oor matige hitte sodat die vet van die vleisstukkies afkook en die vleis los begin dryf.
Gooi dit deur ’n sif. Die kaiings bly in die sif agter en die vet kan jy buite die yskas hou en soos botter gebruik.
Braai die kaiings verder bruin, maar moenie dat dit brand nie.
Bron: RESEP ALETTA LINTVELT FOTO’S DIRK PIETERS / WEG

KERRIE HOENDER PANNEKOEKE
KERRIE HOENDER PANNEKOEKE
Op daai koue kampdae is daar net ’n paar dinge wat ’n mens rêrig warm maak, en ’n geurige kerrie is een van hulle
JY BENODIG
(vir 4-6 mense)
6 pannekoeke Vir die hoenderkerrie
3 eetlepels olie
1 middelslag-ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel masala
4 hoenderborsies, in repies gesny
1 blik (400 g) Rhodes- Indiese tamaties
1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer
’n hand vol vars koljanderblare, gekap Vir die sous (’n Indiese raïta)
4 eetlepels ongegeurde jogurt
1 komkommer, gerasper
1 knoffelhuisie, gekneus
’n handvol vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
SO MAAK JY:
Verhit 2 eetlepels olie in ’n pan en braai die ui en knoffel oor lae hitte tot sag.
Sprinkel die kerrie en masalapoeier oor, roer alles deur en braai dit vir ongeveer 5 minute.
Gooi die res van die olie by en verhit dit. Voeg dan die hoenderrepies by en braai dit vinnig tot goudbruin
Voeg die tamaties en kekerertjies by en laat dit vir 5 minute saam kook.
Draai dan die hitte laer en laat dit vir nog 15-20 minute prut. Hou dit eenkant.
MAAK DIE SOUS:
Meng die jogurt, komkommer, knoffel en pietersielie goed saam. Geur dit met sout en peper en hou dit eenkant.
Skep van die hoenderkerrie in die middel van elke pannekoek en rol dit op.
Sprinkel vars koljanderblare oor en sit dit voor saam met ’n skeppie van die sous
WegSleep sê: Die sousie is ekstra moeite, maar hy balanseer die hitte van die kerrie.

LAMSKERRIE
LAMSKERRIE
Die beste manier om jou gesin te leer kerrie eet, is om ’n dis wat hulle reeds ken so ’n bietjie woema te gee. Hierdie is ’n lamsbredie met byt.
JY BENODIG:
75 ml kookolie
2 groot uie, gekap
2 kardemompeule
3 stukkies kassia
4 naeltjies
1 kg skaapvleis
1 groot, ryp tamatie, gekap
10 ml masala
10 ml fyn komyn (jeera)
5 ml fyn koljander (dhania)
10 ml fyn vinkel (barishap)
2 ml borrie
10 ml fyngedrukte knoffel
5 ml fyngedrukte gemmerwortel
1 groen brandrissie, gekap
Sout na smaak
6 klein aartappels, geskil
60 ml gekapte koljanderblare
SO MAAK JY:
Verhit die olie in ’n pot en voeg dan die uie, kardemom, kassia en naeltjies by.
Soteer die uie totdat dit deurskynend is.
Voeg die vleis en tamaties by en braai dit vir 10 minute.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en koljanderblare, by.
Sit die pot se deksel op en laat dit prut totdat die vleis net sag is. Voeg dan die aartappels by en laat dit gaar prut.
Sprinkel die koljanderblare oor net voordat jy die kerrie opdien.
WegSleep sê: As Ouma se spysverteringstelsel nie sterk kosse kan hanteer nie, kan jy die brandrissie weglaat en ’n bietjie minder van die ander speserye gebruik.
Bron Weg Se Werf

LASAGNE TORING
LASAGNE TORING
Hou jou lyf Italiaans
Jy’t nie ’n huisoond en ’n hele agtermiddag nodig om ’n lekker lasagne te maak nie.
Berei dié vleisvulsel voordat jy die woonwa pak, en vervang die tradisionele pastalae met vars pannekoek uit die kampkombuis. Dan rond jy die spulletjie af met kaassous-kroon. Heerlik.
JY BENODIG:
(vir 6-8 mense)
12 pannekoeke
VIR DIE VULSEL:
olie vir panbraai
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g maalvleis
1 blik (410 g) heel tamaties
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
’n knippie suiker
’n hand vol vars pietersielie, gekap
VIR DIE KAASSOUS:
3 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
3 koppies melk
½ koppie kaas van jou keuse, gerasper (ons het sterk cheddar gebruik)
SO MAAK JY:
Maak eers die vulsel. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die wortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die maalvleis bietjies-bietjies by en braai dit tot goudbruin. Maak die klonte met ’n vurk fyn sodat die vleis eweredig verbruin.
Roer die tamatie by en geur dit met sout en peper na smaak. Proe aan die vleis en geur dit verder met ’n knippie suiker en die pietersielie. Prut alles vir 10 minute en hou dit eenkant.
Maak die kaassous. Smelt die botter in ’n pot oor matige kole (of gebruik ’n gasbraai). Roer die meel by en braai dit vir ’n minuut. Gooi nou die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel en roer dit aanhoudend. Prut die sous vir 15 minute en roer dit die heeltyd om te keer dat klonte vorm.
Gooi die kaas by en geur dit met sout en peper voordat jy dit vir oulaas deurroer.
Maak die pannekoeklasagne. Skep 2 eetlepels vleis in die middel van elke pannekoek, gevolg deur 1 eetlepel kaassous. Vou dit toe in ’n driehoek, pak dit in ’n stapel en sit dit dadelik voor.
WegSleep sê: Probeer ’n hand vol gekapte koljanderblare vir ’n skerper smaak saam met die vleis.
Bron: Weg Se Werf

MACARONI & KAAS KOEKIES
MACARONI & KAAS KOEKIES
Vir 8
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 10 minute
Dié koekies is bros aan die buitekant met ’n sagte, gesmelte binnekant.
Dit gaan dalk jou are die skrik op die lyf jaag, maar dis smullekker!
Die beslag sal vier dae in die yskas hou.
JY BENODIG:
1 koppie rou macaroni
½ koppie volroommelk
2 eetlepels mielieblom
’n knippie paprika
1 teelepel mosterd
sout na smaak
1 koppie sterk cheddar, gerasper
2 grasuie, fyngekap
1 koppie fyn broodkrummels
botter vir braai
SO MAAK JY:
Kook die macaroni in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie.
Dreineer die pasta sodra dit amper al dente (sag maar ferm) is.
Spoel dit af met koue water.
Verhit die melk in ’n potjie tot kookpunt.
Meng die mielieblom met 4 eetlepels water en roer dit deur die melk.
Hou aan roer totdat dit een keer gekook het en begin verdik.
As dit nie verdik nie, maak nog ’n bietjie mielieblom aan en roer dit deur. Verwyder die witsous van die hitte en geur dit na smaak met paprika, mosterd en sout.
Gooi die gedreineerde pasta, kaas en grasuie by die witsous en roer dit goed deur.
Gooi die krummels in ’n bak. Skep twee eetlepels van die macaronimengsel in die krummels en vorm ’n bol wat met krummels bedek is.
Verhit ’n pan, smelt die botter daarin en plaas ’n macaroni-bol daarin.
Druk dit effens plat met ’n eierspaan en braai dit tot dit ’n bros goudbruin korsie aan die onderkant vorm. Wees geduldig. Draai die koekie versigtig met die eierspaan om en braai ook die ander kant tot goudbruin.
As die koekies uitmekaar val, sprinkel ’n bietjie meel oor die macaronimengsel om dit te bind.
Eet die koekies net so uit die pan terwyl die kaas nog sag is.
Bron: Aletta Lintvelt

MIELIEBROOD OP DIE KOLE
MIELIEBROOD OP DIE KOLE
JY HET NODIG VIR EEN BROOD:
125 ml suiker
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
1 blikkie geroomde mielies
3 eiers, geklits
BY DIE HUIS:
Meng die droë bestanddele en verseël dit in ’n toeritssakkie.
IN DIE BOS:
Voeg die geroomde mielies en geklitste eiers by en meng deur.
BAK DIE BROOD:
Smeer ’n klein ysterpot goed met botter, sit die deeg daarin en bak oor matige kole tot gaar.
Dit sal tussen 45 minute en 1 uur duur.
Onthou om ’n paar kole op die deksel te sit.
As die brood teen die einde van die kooktyd ’n bietjie bleek lyk, bak dit nog ’n paar minute met nuwe kole op die deksel.

PAP
PAP
Pap is meer as net ’n ontbytkos of ’n bykos by braaivleis wat jy met ’n smoor moet bydam. Hier’s ’n paar puik planne met “die Transvalers” se kos.
EERS DIE BASIESE DINGE:
Die geheim van goeie pap lê in die regte verhouding van water tot meel. Maar hoeveel water vir slappap – en hoe gereeld roer jy krummelpap nou weer? Ons verduidelik jou mooi.
JY BENODIG:
(genoeg vir 4-6 mense)
VIR STYWE PAP:
1½ koppie water en 1 koppie meel
VIR SAGTE ONTBYTPAP
2 koppies water en 1 koppie meel
VIR KRUMMELPAP
1 koppie water en 1 koppie meel
SO MAAK JY:
STYWE EN ONTBYTPAP:
Meng die helfte van die koue water met die meel en hou dit eenkant.
Gooi dan die res van die water in ’n pot, geur dit met sout, en verhit die water tot dit vinnig borrel en kook.
Gooi die meelmengsel by en verlaag die hitte.
Prut die pap vir 20-30 minute terwyl jy dit aanhoudend roer om ’n gladde dog stywe tekstuur te kry.
Stywepap prut omtrent 5 minute langer as ontbytpap.
KRUMMELPAP:
Gooi die water in ’n pot met ’n deksel, geur dit met sout en verhit dit tot kookpunt.
Gooi al die meel op een slag by sodat dit op ’n hoop in die middel van die pot lê. Moenie dit roer nie.
Sit die deksel op en kook die meeltoring vir 7 minute.
Krap die pap met ’n vurk los sodat dit fyn krummels maak.
Draai die hitte laer (of verminder die kole) en stoom die pap vir 20-30 minute tot dit sag en gaar is.
Roer ’n klontjie botter in en skep op.
Hou die hitte baie laag wanneer jy die meel bygeroer het – pap brand maklik aan.
Bron: wegsleep.co.za

PERI PERI HOENDER
PERI PERI HOENDER
Dankie tog vir die Portugese
Dié resep kom al jare saam met ons gesin. Peri-peri-resepte was net nooit lekker genoeg nie en een aand het ek besluit ek doen my eie ding. Van toe af was dit ’n wenner.
JY HET NODIG VIR 4 - 6 MENSE:
12 tot 16 hoenderdye en/of -boudjies
sout en peper
hoenderspeserye
VIR DIE SOUS:
3 uie, gekerf
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
10ml paprika
5ml cayennepeper (rooipeper)
5ml peri-peri-speserye
10ml droë pietersielie
3ml knoffelvlokkies
5ml sout
10ml tabascosous
10ml sojasous
125ml tamatiesous
125ml blatjang
125ml soetrissiesous
60ml wit asyn
60ml sonneblomolie
BY DIE HUIS:
Berei die hoender en gooi sout, peper en hoenderspeserye na smaak oor.
Pak in ’n marinadebak. Meng al die sousbestanddele en gooi dit oor die hoender.
Roer deur en vries dit tot benodig.
IN DIE BOS:
Laat ontdooi die vleis betyds by die kampplek.
Gooi in ’n swartboompot en kook oor matige hitte tot die hoender gaar is (sowat 60 tot 90 minute).
Sit voor saam met rys of koring.
WENK:
Dit kan ook tuis vir sowat 90 minute in ’n oondskottel gebak word.
Dis nie nodig om die vleis te marineer nie.
Roer een maal om en haal die deksel die laaste 10 minute af om mooi kleur te kry.

PLATHOENDER OP DIE ROOSTER
PLATHOENDER OP DIE ROOSTER
Jy’t nie ’n skottelbraai nodig om ’n heel hoender gaar te maak nie. Op dié maklike manier kan ’n hoender in sy geheel op die rooster pas.
JY BENODIG:
1 medium hoender
2 suurlemoene
½ koppie olyfolie
½ koppie sojasous
’n hand vol vars tiemietakkies
’n hand vol sesamsaad
1 groot vriessakkie
SO MAAK JY MET 'N PLAT HOENDER
Draai die hoenderkarkas op sy rug sodat die boudjies weg van jou af wys.
Neem ’n kombuisskêr en knip die hoender van die nek af, deur die borsbeen, tot heel agter deur.
Druk dan die hoender met jou hande oop en plat.
Sit die hoender in ’n groot genoeg Tupperware-bak sodat hy plat op sy rug kan lê.
Sny die suurlemoene in die helfte deur en druk die sap bo-oor die plat hoender uit.
Giet ook die sojasous en olyfolie eweredig oor die hoender.
Sprinkel nou die tiemie bo-oor.
Vou die hoender weer toe (met van die tiemietakkies binne-in die hoender) en sit dit in ’n vriessakkie (dan het jy minder skottelgoed).
Giet die marinade by die hoender in, knoop die sakkie toe en kantel dit ’n paar keer sodat die marinade die hoender aan alle kante bedek.
Laat die hoender vir ’n uur lank marineer.
En dan braai jy hom só
Knyp die hoender in die rooster vas, braai dit oor ’n warm vuur (ons meen nou sommer báie warm) en draai dit elke 5-7 sekondes om.
Jy kan elke nou en dan van die marinade met ’n kwassie of roosmaryntakkie oor die hoender verf.
Ná 15 minute kan jy die sesamsaad aan albei kante oorsprinkel.
Die hoender behoort ná ongeveer 20 minute gaar te wees.
Die boudjies vat die langste om gaar te word; sodra jy een van hulle met jou hand kan afbreek, is die hoender reg om afgehaal te word.
Maak die volgende oggend hoender-en-mayonnaise-broodjies met die ontbeende oorskiet.

QUICHE IN 'N BLIKBEKER
QUICHE IN 'N BLIKBEKER
Met hierdie resep kan jy eindelose variasies optower – gebruik enige bestanddele: blokkies gaar spek, gesnyde aspersies, ham, tamatie, salm en selfs groente.
JY HET NODIG (vir 1 porsie):
2 eiers
¼ koppie melk
sout en peper na smaak
ekstra bestanddele bv. spek, gesnyde worsies, ens.
botter of margarien om die blikbekers te smeer
DAN MAAK JY SO:
Kóókwater.
Sit ’n groot pot water op ’n gasstoof en maak vuur onder sy agterstewe.
Maak seker die bekers pas almal in die pot – hulle moet omtrent halflyf in die water staan.
Opgeklits.
Klits die eiers, melk en sout en peper saam, en voeg die ekstra bestanddele na smaak by.
Seepglad.
Smeer die beker deeglik sodat die gaar quiche maklik kan uitglip.
Gooi die mengsel in die beker en sit dit in die kookwater.
Elke pot het sy deksel.
Sit die pot se deksel op en kook vir sowat 10 minute, of tot die eier gaar is.
Jy kan ’n paar keer ’n mes aan die kant van die beker insteek om die quiche los te maak. Druk ook saggies met die agterkant van ’n lepel op die quiche sodat van die rou eier in die middel na die kante loop.
Moenie te rof tekere gaan nie, anders gaan die quiche breek.
Blitsig.
As jy die beker uithaal, trek weer ’n mes rondom die quiche om dit los te maak.
Sit ’n bord oor die beker en dop dit om sodat die quiche uitglip.
En val weg.
Sit voor saam met met roosterbrood en gerasperde kaas.
Jy kan dit ook net so uit die blikbeker eet en nóg skottelgoed spaar.
Bron; wegry.co.za

RYS & TUNA GEBAK
RYS & TUNA GEBAK
Vir 4
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Die kinkel Tuna en rys gebak in ’n pot met kaas.
Hierdie maklike gereg is ’n regte randrekker en boonop ’n vindingryke manier om oorskietrys te gebruik.
JY BENODIG:
2 eetlepels botter
1 ui, fyngekap
2 koppies gaar rys
½ blokkie groenteaftreksel
¼ teelepel swartpeper
2 blikkies (170 g elk) tuna, gedreineer
2 eiers, geklits
2 murgpampoentjies, grofgerasper (of gebruik ½ koppie ertjies)
2 hande vol gerasperde cheddar (of gebruik feta)
SO MAAK JY:
Verhit die botter in ’n potjie of pan en braai die uie tot sag.
Meng die res van die bestanddele daarby in, en sit die deksel op of bedek dit met foelie.
Krap ’n enkellaag kole oop en sit die pot op ’n braaidriehoek in die middel met ’n paar kole op die deksel.
Bak dit vir 20 minute oor die kole totdat die eier gestol en die kaas gesmelt is.
Bron: Aletta Lintvelt / Weg se Werf

SJOKOLADE EN PIESANG BRAAIBROODJIES
SJOKOLADE EN PIESANG BRAAIBROODJIES
Wie sou kon raai dat jy ’n braaibroodjie ook as ’n nagereg kan voorsit?
JY BENODIG:
(vir 4 mense)
8 snye vars witbrood
botter vir smeer
3 ryp piesangs, in skyfies gesny
1 plak (90 g) donkersjokolade
SO MAAK JY
Smeer albei kante van die broodsnye met botter.
Pak piesangskyfies op vier van die snye en rasper van die sjokolade bo-oor.
Pak nog ’n sny brood op elkeen, vou die toebroodjies in foelie toe en braai dit vir 10 minute oor matige kole.
Haal dit uit die foelie en braai die broodjies verder oor die kole totdat dit mooi goudbruin is.
Sitdie broodjies voor met geklopte room en stroop.
WegSleep sê: Skep die room en heuning oor soos jy die broodjies van die rooster afhaal, sodat dit smelt en in die broodjie kan trek.

SPEK EN MOSSELS SOSATIES
SPEK EN MOSSELS SOSATIES
"Surf & Turf"
’n Repie spek rondom ’n mossel sorg vir net daai ekstra bietjie sout, en dit maak van dié gereg ’n wenner.
JY BENODIG:
(vir 5 mense)
VIR DIE SOSATIES
30 vars swartmossels
’n halwe bottel witwyn
15 repies strepiespek
5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel)
VIR DIE SOUS:
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter
’n halwe koppie room
sout en peper
SO MAAK JY:
Maak die sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt.
Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.
Maak die sosaties: Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.
Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.
Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.
Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous

STEAK & MOUT PASTEI
JAN BRAAI SE STEAK EN MOUT PASTEI
Alle Ierse grappies op ’n stokkie
Die Iere het hulle eie weergawe van Nasionale Braaidag. Die hele Ierland kom op St. Patrick-dag tot stilstand vir een groot partytjie. Elke enkele Ierse kroeg sit ’n fantastiese pastei van steak en mout voor. Dié resep is aangepas vir Suid-Afrika se braaitoestande. Jy maak die pastei se vulsel in ’n potjie en braai die deeg op ’n rooster oor die kole. Pasteityd!
JY HET NODIG VIR 6 MENSE:
2 sopies olyfolie
1kg steak (dikrib is die beste, andersins kruissnit; in blokkies van 2cm × 2cm gesny)
2 teelepels sout
1 teelepel swartpeper
1 sopie koekmeel
1 ui (fyngekap)
1 wortel (geskil en fyngekap)
2 selderystokkies (fyngekap)
1 sopie gemengde kruie (roosmaryn, tiemie, pietersielie; of ½ sopie droë gemengde kruie)
1 blikkie of bottel moutbier (stout beer; ±400ml)
250g knopiesampioene (gehalveer)
1 pakkie skilferkorsdeeg (400g, ontdooi)
Braai bruin.
Verhit die olie in ’n potjie op ’n warm vuur.
Voeg die vleisblokkies, sout en peper by en roer.
Strooi die meel oor die vleis en roer om die meel eweredig te versprei.
Die bodem van die pot kan dalk ’n bietjie droog lyk, maar moet jou nie te veel daaroor bekommer nie.
Braai die vleis in die pot vir sowat 5 minute totdat dit effe bruin is.
Kry groenigheid in.
Voeg die uie, wortel, seldery en kruie by en braai vir nog 5 minute.
Wat voer jy in die mou(t)?
Gooi die bier by.
Roer om enige taai stukkies onderin die pot los te wikkel en kry die mengsel aan die prut. Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute prut.
Koel af. Voeg die sampioene by, sit die deksel op en laat dit vir 1 uur oor lae hitte prut.
Net ’n paar kole is nodig en geen vlamme onder die pot nie.
Braai die kors.
Rol die skilferskorsdeeg oop wanneer die vulsel in die pot amper reg is. Nou kan jy kies: sny die deeg óf in die vorm van die bakkies waarin jy die pastei gaan voorsit óf in vierkante, wat jy bo-op die vulsel in borde of bakkies gaan sit. Braai die deegvormpies in ’n geoliede toeklaprooster vir omtrent 20 minute oor matige kole. Draai die rooster gereeld totdat die deeg goudbruin en bros is. Dit sal aanvanklik lyk of die deeg begin smelt; ontspan, dit sal gou harder en maklik hanteerbaar word mits jy aanhou om dit versigtig oor die hitte om te draai.
Fix die vulsel. Wanneer die vulsel reg is, haal jy die potjie van die vuur af en roer deeglik. Die vloeistof behoort nou dik en blink te wees. Indien nie, laat dit vir ’n paar minute sonder die deksel prut sodat dit kan afkook en verdik. Proe en voeg sout en peper na smaak by.
Val weg. Sit voor in bakkies of borde en sit die gebraaide kors bo-op. Jy kan ook die pastei saam met kapokaartappels voorsit.
WENK:
Al is Guinness die wêreldbekende voorbeeld van moutbier, is dit glad nie die enigste een nie.
Die resep sal net so lekker smaak met ’n plaaslike gunsteling soos Castle Milk Stout.

"SURF 'N TURF"
"SURF 'N TURF"
’n Repie spek rondom ’n mossel sorg vir net daai ekstra bietjie sout, en dit maak van dié gereg ’n wenner.
JY BENODIG:
(vir 5 mense)
VIR DIE SOSATIES:
30 vars swartmossels
’n halwe bottel witwyn
15 repies strepiespek
5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel) Vir die sous
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter
’n halwe koppie room
sout en peper
SO MAAK JY:
Maak die sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt.
Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.
Maak die sosaties: Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.
Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.
Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.
Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.
Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous.
WegSleep sê: Gebruik sover moontlik vars swartmossels wat jy van die rotse af gekry het. Onthou egter om ’n permit te kry – dis by enige poskantoor beskikbaar.

UIE RINGE
UIE RINGE
As jy ná twee weke in die bos smag na jou plaaslike braairestaurant, maak hierdie heerlike uieringe en braai ’n steak oor die kole daarby.
JY HET NODIG:
(vir 4 porsies):
2 groot uie, in ringe gesny
½ koppie bruismeel
olie vir diepbraai
VIR DIE BESLAG HET JY NODIG:
1¼ koppie bruismeel
½ teelepel sout
1 teelepel paprika
1 koppie water
DAN MAAK JY SO:
Meng die bestanddele vir die beslag.
Sit dit in ’n bak en laat dit vir sowat 30 minute in ’n yskas staan.
Doop die uieringe in die ½ koppie bruismeel en dan in die beslag.
Diepbraai in die olie tot goudbruin.

VISKOEKIES
VISKOEKIES
So maklik soos omval
Viskoekies is net die ding vir ’n vinnige middagete.
Jy kan enige geblikte vis (of ’n kombinasie van verskillende soorte) gebruik. Hierdie resep is vir salm viskoekies.
JY BENODIG:
1 blik (212 g) salm
vars vinkel en pietersielie, fyngekap
sout en peper na smaak
2 eiers
’n hand vol broodkrummels
olyfolie
botter
SO MAAK JY:
Dreineer die salm, skep die vis uit die blikkie en druk dit met ’n vurk fyn.
Sprinkel die kruie oor, geur die vis met sout en peper en meng alles dan goed deur.
Klits die eiers en voeg dit by die vis.
Gooi die broodkrummels bietjies-bietjies by tot die mengsel hanteerbaar is. Moenie te veel gebruik nie.
Sit die mengsel vir ongeveer 10 minute in die yskas sodat die krummels kans kry om die vog te absorbeer.
Verhit ’n bietjie olie en botter in ’n pan en braai eetlepels vol van die mengsel vir sowat 2 minute aan elke kant.
Pak die viskoekies op kombuispapier sodat die vet geabsorbeer word en sit dit warm voor saam met ’n slaai.
WegSleep sê: Sardientjies en tuna werk ook goed. En as jy nog van gisteraand se gebraaide snoek oor het, haal die grate uit en voeg dié vleisies ook by jou mengsel.

ENGLISH RECIPES:
A BOERIE BUNNY CHOW
BOERIE BUNNY CHOW
Boerewors Bunny Chows with Tomato and Chilli Onion Relish
(Serves 6)
INGREDIENTS:
Boerewors (800g to 1kg – depending if you are feeding boys or girls)
6 Crispy Rolls (we used Italian rolls)
2 x 410g cans Chopped Tomatoes
1 x can Beans of your choice
3 Big Brown Onions
Mrs.H.S.Ball's Hot chutney
Worcester Sauce
Fresh Garlic
Fresh Chilli or Dried Chili
Beef Stock
Cooking or Olive Oil
Salt and Pepper
Sugar
HOW TO MAKE IT:
You can grill, braai or pan fry your wors until nearly cooked.
Chop into bite size bits and keep aside.
Slice the heads off the rolls and dig out the ‘breadiness’ inside so that you have a shell.
Brush with Olive Oil or Cooking Oil inside and outside.
Chop Onion coarsely.
Fry in hot pan in oil until translucent.
Add one fresh chili (with seeds if you like it hot/ without seeds if you like it mild) or
Add half teaspoon of dried chili and fry.
Add a chopped clove of garlic and fry with the onion.
Sprinkle a Tablespoon of beef stock on top and mix into the onion mixture.
Add the Cans of Chopped Tomatoes, the can of Beans, a good slug of Mrs.H.S.Ball's Hot chutney and Worcester Sauce, some water and let it simmer.
Add Salt and Black Pepper to taste.Add a dash of sugar.
Simmer until nice and thick – if you want it more spicy add some Mrs.H.S.Ball's Chilli.
Heat your oven to 180 degrees.
Add cooked boerewors to tomato relish and heat through.
Taste …. if it is lekker, scoop the mixture into the roll-shells, put the bread lid back on and bake for about 5 minutes until they are nice and crispy.
Bron: Mrs HS Balls
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK