GARNAALKELKIE
GARNAALKELKIE
Niks kom darem by vars garnale nie – veral nie as dit so in die pienksous swem nie …
JY BENODIG:
800 g gaar waaierstertgarnale
1 klein komkommer, in papierdun skyfies gesny
1 Iceberg-slaaikop, in dun repe gesny (jy kan ook babaspinasie snipper)
sout en varsgemaalde swartpeper
fyn paprika
SEEKOS SOUS:
4 eetlepels dik tamatiesous
9 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels mascarponekaas
vars suurlemoensap na smaak
’n paar druppels Tabasco
suurlemoenwiggies, om voor te sit
SO MAAK JY:
Maak eers die sous. Klits al die bestanddele saam en hou dit eenkant.
Gryp hom aan die stertvere. Hou 10 van die garnale om die kelkie te versier en breek die ander se sterte af.
Gee hulle ’n lêplek. Voer ’n opdienbak of tien voorgeregglasies uit met die komkommerskyfies.
Meng die fyngesnyde slaaiblare, stertlose garnale en die seekossous.
Geur dit na smaak en skep die mengsel in die opdienbak of verdeel dit tussen die voorgeregglase.
Stert in die lug. Pak die garnale met die sterte bo-op en garneer dit met suurlemoenwiggies en ’n strooisel paprika
Bron: Reuben Riffel / Weg
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GARNAAL KELKIE
BENNIE SE GARNAAL KELKIE
300 g gaar steurgarnale of garnale, doppe verwyder, opgesny
60 ml (4 e) mayonnaise
5 ml (1 t) Tabasco
30 ml (2 e) tamatiesous
seesout en varsgemaalde swartpeper
2 koppies bindslaai (cos) of ysbergslaai, gekap
1 lemmetjie, in wiggies gesny (opsioneel)
15 ml (1 e) suurlemoensap
6 groot gaar garnale met sterte, doppe verwyder, vir garnering
15 ml (1 e) grasuie, fyngekap
1 avokado, ontpit en in skyfies gesny
AANWYSINGS:
Plaas die garnale, mayonnaise, Tabasco en tamatiesous in ’n mengbak.
Roer en meng die bestanddele goed sodat die garnale heeltemal met die sous bedek is.
Geur na smaak met sout en peper.
Verdeel die slaaiblare tussen 6 groot martiniglase en skep die garnale en sous bo-op.
Garneer met ’n lemmetjieskyfie indien verkies. Sit ’n groot garnaal in elke glas (laat die stert oorhang) en rond af met avokado.
Sit voor met snytjies bruinbrood wat met botter gesmeer is.
Bron: Goeie Huishouding

Vooraf gaargemaakte prawn
2/3 koppie Mayonnaise
1 Eetlepel Tamatiesmeer (paste)
1 Eetlepel Suurlemoen skil
1 Teelepel Worchestersous
2 Eetlepels Suurlemoensap
2 druppels Tobasco sous
1 Eetlepel Uie baie fyn gekap
1 Eetlepel gekapte Pietersielie
Sout en Peper na smaak
METODE:
Meng alles by en voeg 3 Eetlepels styfgeklopte room by
Verkoel
Bedien op slaaiblare wat fyn gesny is in glasies.
Bron: Onbekend
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GARNALE TAMATIE EN AVO VOORGEREG
GARNALE TAMATIE EN AVO VOORGEREG
12 koningingrootte garnale, koppe verwyder en skoongemaak
1 avokado, in 1 cm-blokkies gesny en in suurlemoensap gedoop
2 konfyttamaties, skil en pitte verwyder en in 5 mm-blokkies gesny
2 groen brandrissies, in klein ringetjies gesny
3 rooi radyse, in dun ringetjies gesny
100 g botterslaai
SOUS
100 ml mayonnaise van goeie gehalte
20 ml (4 t) tamatiesous
5 ml (1 t) worcestersous
10 ml (2 t) brandewyn
’n skeutjie Tabasco
1 Kook steurgarnale in kokende water vir 3 minute. Skok in yswater.
2 Gooi water af as dit afgekoel het en druk droog.
3 SOUS Meng bestanddele saam.
4 Rangskik botterslaai in glas en sit tamatie- en avokadoblokkies bo-op.
5 Skep sous op een helfte van glas en rangskik drie garnale op glasrand.
6 Garneer met brandrissie en radyse.
Bron: Aviv Liebenberg

GEVULDE VYE IN FILO PAKKIES
GEVULDE VYE IN FILO PAKKIES
Hierdie dis is vir ons gemaak tydens ‘n kooksessie met vye.
Dit is ‘n voorgereg, maar jy kan ook ‘n soetpakkie maak.
* Eva-vye werk uitstekend vir die dis.
(maak 4 pakkies)
BESTANDELE:
4 filovelle, in vierkante gesny
gesmelte botter
4 vars vye, afgeskil
50 g feta of bloukaas
50 g brosgebraaide spekstukkies
fyngekapte kruie van jou keuse, soos tiemie
sout en peper, na smaak
balsamiese reduksie
suurlemoensap
METODE:
Sny die filovelle in ewe groot vierkante, verf elkeen met gesmelte botter en plaas 4 lae oor mekaar in 'n gesmeerde muffinpannetjie om 'n ster met punte te vorm.
Sny 4 vye in sterformaat, vou oop, en plaas elke stervy op 'n filoster.
Verdeel die kaas en spek tussen die 4 vye. Sprinkel die kruie oor en geur met sout en peper.
Bedruip met bietjie basamiese reduksie, vou toe en borsel weer met gesmelte botter.
Bak sowat 20 minute of langer by 180*C tot goudbruin.
Gebruik aanvanklik 'n lagie foelie liggies bo-oor om te verhoed dat die filodeegpunte brand.
NOTA:*Vir ‘n nagereg, vul die vy met neute en heuning.
Bedien warm met vanielje-gegeurde crème fraiche of ongegeurde joghurt vir 'n ligte nagereg.
Bron: Pasella

HOENDER LIETSJIE VOORGEREG
HOENDER LIETSJIE VOORGEREG
Genoeg vir 4 - 6 mense
400g gaar hoender in klein blokkies gesny ( Ek maak my hoender in gelyke dele appelsap en water gaar gegeur met hoender speserye}
1 blik 312g ingemaakte Lietsjies gedreineer en opgesny
60 ml mayonnaise
80 ml vars room
1 T gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap
2 ml rooipeper
Fyn gekerfte slaaiblare
1 Agurkie in ringetjies gesny
takkie pietersielie
METODE:
Meng die hoender en lietsjies
Klop die room styf en vou die mayomaise suurlemoen sap, skil en rooipeper in die room en meng met hoender en lietsjies.
Plaas in yskas tot opdiening
DIEN OP SOOS VOLG:
Verdeel die fyngekerfte slaaiblare tussen die voorgeregbakkies of glase
Skep die hoendermengsel daarop
Garneer met 2 agurkie ringetjies en stukkie pietersielie
Sit dadelik voor
Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

ROOM KNOFFEL SLAKKE
ROOM KNOFFEL SLAKKE
1 groot blik slakke gedreineer
250g egte botter
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels knoffel
METODE:
Smelt botter. Voeg knoffel by en braai lekker in die botter.
Voeg slakke by en laat stadig braai vir 3 minute in knoffelbotter.
Meng mielieblom met bietjie melk en voeg by bottermengsel.
Laat prut vir 2 minute. Haal van die plaat af en voeg ONGEKLOPDE room by en roer goed deur.
Bedien warm met bruin broodjies
Bron: Lize's Meals
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
ROOM KNOFFEL SLAKKE
1 groot blik slakke gedreineer
250g egte botter
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels knoffel
METODE:
Smelt botter. Voeg knoffel by en braai lekker in die botter.
Voeg slakke by en laat stadig braai vir 3 minute in knoffelbotter.
Meng mielieblom met bietjie melk en voeg by bottermengsel.
Laat prut vir 2 minute. Haal van die plaat af en voeg ONGEKLOPDE room by en roer goed deur.
Bedien warm met bruin broodjies
Bron: Lize's Meals
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SLAKKE
ROMERIGE KNOFFEL SLAKKE
Spoel die hoeveelheid slakke goed onder koue lopende water af
Klad droog
Braai n klein bietjie gekapte ui i so 2e Botter med.
Voeg jou slakke by en roerbraai vir net so 2min. [nie te lank nie anders is hulle taai].
Haal van plaat af en maak jou romerige sous en voeg jou slakke by
Bedien met lekker vars bruinbroodjie skyfies
SOUS
KNOFFEL WITSOUS:
20 ml Botter
Twee huisies vars knoffel, fyngemaak [of meer vir n sterker geur]
3 ml Gerookte Paprika
Sout, Aromat en Witpeper na smaak
50 g Meel
500 ml Volroommelk
Gekapte pietersielie vir garnering
Smelt botter oor lae hitte en voeg knoffel en res van geurmiddels by. Wees versigtig dat die knoffel nie aanbrand nie. Gebruik ‘n draadklitser om die meel by te roer. Verhoog hitte en voeg melk bietjiesgewys by terwyl voortdurend geroer word tot sous verdik.
Kook so n bietjie en voeg jou slakke by..N.S Hier kan jy dan gerasperde Roquefort kaas byvoeg of gewone kan nie te veel nie!!Garneer met jou gekapte pietersielie en val weg!
Bron: Helena Kruger
Plasing: Wynand Myburgh / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

SLAKKE EN ROOM GEREG
SLAKKE EN ROOM GEREG
2 blikkies slakke in pekelwater
1 groot ui gekerf
100ml Ultraroom
250g sampioene
sout
Aromat
vars gekapte knoffel na smaak
1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene & knoffel geur) aangemaak soos op pakkie aangedui.
METODE:
Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter. Spoel slakke BAIE GOED af in vars water. Meng slakke met uie en sampioene in braaipan. Gooi aangemaakte Pasta Sauce en room by. Gooi Aromat en sout na smaak by. Braai alles saam vir ±15 minute. Bedien met bruin brood.
Bron: Kosmater

NOTA: Hi Wynand, ek is maar 'n vinnige kok en ek hou van Royco se "Creamy Fish Bake", maak aan volgens aanwysings (kook met melk tot dit begin borrel) maar gebruik meer melk anders is dit te dik, Gooi die goed afgespoelde slakke in met ekstra knoffel natuurlik, laat dit net warm word en geniet dit! Heerlik saam met ciabatta brood.

SPANSPEK EN PARMA HAM
SPANSPEK EN PARMA HAM
Genoeg vir 8
Tyd: 5 minute
BESTANDELE:
1 groot soet spanspek
8-10 snye parmaham
swartpeper na smaak
basilieblare vir opdiening
METODE:
1. Sny die spanspek in wiggies en skil.
2. Draai ’n repie ham om elke wiggie.
3. Geur met swartpeper en dien op met vars basilieblare.
Bron: Met komplimente van Your Family
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SPANSPEK EN PARMA HAM
Genoeg vir 8
Tyd: 5 minute
BESTANDELE:
1 groot soet spanspek
8-10 snye parmaham
swartpeper na smaak
basilieblare vir opdiening
METODE:
1. Sny die spanspek in wiggies en skil.
2. Draai ’n repie ham om elke wiggie.
3. Geur met swartpeper en dien op met vars basilieblare.
Bron: Met komplimente van Your Family
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
TUNA VISVORM
TUNA VISVORM
(genoeg vir 4 mense)
1 blikkie tuna in water
1/2 k mayonnaise
1/2 k tamatiesous
1 klein uitjie gekap
1 groot argurkie gerasper
4 T gelatien opgelos in 1/2 K kookwater
METODE:
Meng al die bestandele
Spoel n visvorm met koue water uit en gooi mengsel in Plaas in yskas tot gestol (plus minus n uur)