3 BESTANDELE VETVRYE / SUIKERVRYE SPONSKOEK
3 BESTANDELE VETVRYE/ SUIKERVRYE SPONSKOEK
6 eiers geskei
1 koppie Natvia versoeter / of strooisuiker as jy nie op dieet is nie.
1 koppie bruismeel
Gooi n 1/2 koppie Natvia of strooisuiker by eiergeel en 1/2 koppie by eierwit
Klop die eiergeel goed en klop die eierwit tot styf
Vou die eiergeel deur die eierwit
Sif die bruismeel bo oor en vou deur tot goed gemeng maar moet nie oor werk nie.
Skep mengsel in n gesmeerde en met bakpapier gevoerde losboom koekpan en bak vir 30 minute in n voor erhitte oond by 180c.
Laat 15 minute in pan afkoel en ontvorm versigtig.
VERSIERSEL:
KONFYT:
1 bakkie aarbeie gekap plus ekstra vir versiering
1 koppie Natvia .
1 eetl water.
Laat kook tot dik en kaat afkoel.
1 koppie room styfgeklits met natvia na smaak.
As die koek heeltemal koud is halveer en drup die aarbei konfyt oor.
Smeer geklopte room oor.
Plak opmekaar en versier bo op met styfgeklopte room.
Plaas gesnyde aarbeie bo op.
Bron: Onbekend
Plasing & Foto: Hettie Bezuidenhout / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EEN JONK

BOBOTIE VIR DIABETE
BOBOTIE VIR DIABETE
Porsiegrootte: 100 g
10 ml olyfolie
1 middelslag-ui, gekap
1 kg gemaalde, maer beesvleis
5 ml gemaalde gemmer
15 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1 ml witpeper
7 ml sout
60 ml (70 g) diabetiese appelkooskonfyt
30 ml asyn
15 ml Worcestersous
2 dik snye bruinbrood
4 suurlemoen- of lourierblare
2 middelslag-eiers, geklits
125 ml laevetmelk
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olie en roerbraai die ui tot dit deurskynend is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot die vleis verkleur.
Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by die gebraaide vleis.
Week die brood in water en druk dan die water uit.
Krummel die brood en voeg by vleismengsel.
Roer om te meng. Skep die vleismengsel in ’n gesmeerde oondskottel en maak gelyk.
Skeur die suurlemoenblare in die lengte deur of breek die lourierblare middeldeur en steek dit in die vleismengsel.
Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis.
Bak 35 – 40 minute tot die eiervla gestol is.
Sit warm voor saam met geelrys, geelwortels met lemoensous en gewone gekookte groenboontjies
BRON: Wilna WN
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

8 porsies
Porsiegrootte: 100 g
10 ml olyfolie
1 middelslag-ui, gekap
1 kg gemaalde, maer beesvleis
5 ml gemaalde gemmer
15 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1 ml witpeper
7 ml sout
60 ml (70 g) diabetiese appelkooskonfyt
30 ml asyn
15 ml Worcestersous
2 dik snye bruinbrood
4 suurlemoen- of lourierblare
2 middelslag-eiers, geklits
125 ml laevetmelk
METODE:
Verhit oond tot 180 °C.
Verhit die olie en roerbraai die ui tot dit deurskynend is.

Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by die gebraaide vleis. Week die brood in water en druk dan die water uit. Krummel die brood en voeg by vleismengsel.

Sit warm voor saam met geelrys, geelwortels met lemoensous en gewone gekookte groenboontjies.
Uit: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid 1, Hilda Lategan, Tafelberg Uitgewers,

CHOCOLATE BROWNIES VIR DIABETE
CHOCOLATE BROWNIES VIR DIABETE
Maak: 12 brownies
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
50 ml (50 g) laevetmargarien
2 groot eiers
250 ml (110 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
50 ml kakaopoeier
25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)
25 ml melk
50 g suikervrye melksjokolade, gekap
METODE:
1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.
2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.
3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.
BRON: Idees Tydskrif.
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GEMMERLINSTROOP SUIKERVRY
SUIKERVRYE GEMMERLINSTROOP
Maak: omtrent 750 ml
Bereidingstyd: 15 minute, plus yskastyd
250 ml geskilde en grofgekapte gemmer
1 klein suurlemoen of lemmetjie se skil en sap
150-250 ml xilitol, afhangend van hoe soet jy die stroop wil hê (jy kan ook ander versoeters soos stevia gebruik)
METODE:
Voeg die gemmer en suurlemoen- skil in ’n kastrol met een liter water. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir omtrent 20 minute prut. Roer die xilitol daarby in en roer tot dit oplos. Laat dit afkoel, sit die deksel op en laat dit oornag of tot twee dae in die yskas staan. Hoe langer die gemmer in die stroop lê, hoe sterker sal die geur wees.
Gooi die stroop deur ’n sif en voeg die suurlemoensap by. Gooi dit in ’n gesteriliseerde bottel en bêre dit in die yskas tot jy dit gebruik.
Maak die gemmerlim aan deur een deel stroop met 3-4 dele sodawater en ys te meng.
Bron: Idees

GESONDE BESKUIT (GESKIK VIR DIABETE)
GESONDE BESKUIT (GESKIK VIR DIABETE)
Maak: 35 beskuite
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 45 minute plus
droogtyd
Oondtemperatuur: 180 °C
100 ml (100 g) laevetmargarien
2 groot eiers
185 ml (150 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts Sugalite)
920 ml (500 g) bruismeel
7 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
250 ml (30 g) semelvlokkies
METODE:
Gooi die margarien in ‘n bak met 400 ml warm water en roer totdat die margarien smelt. Laat dit effens afkoel en voeg dan die eiers by. Meng goed.
Sif al die droë bestanddele behalwe die semelvlokkies met 5 ml sout. Voeg dit by die eiermengsel.
Gooi die semelvlokkies by en meng dit deeglik.
Gooi die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan en bak dit vir omtrent 45 minute in die verhitte oond. Keer die beskuit op ‘n draadrakkie uit, laat dit afkoel en sny dit in vingers. Sit dit terug in die oond en laat dit vir twee uur teen 100 ºC uitdroog.
Bron: Idees/ Kos & Onthaal

DIABETIESE KONDENSMELK
DIABETIESE KONDENSMELK
1/2 cup cold water
1 1/3 cups powdered milk = 'n carb en daar is 1.5 gram diabetiese carbs in 28gram in Carnation instant nonfat powdered poeier melk.
3/4 cup Splenda granular
1 teaspoon vanilla
DIRECTIONS:
Stir milk powder into cold water until dissolved.
Microwave 1 minute or until steaming. Stir in Splenda and vanilla.
Cover and chill in the refrigerator
Bron: Petra Pretorius

ONGEBAKTE SJOKOLADE KOEK SUIKERVRY
ONGEBAKTE SJOKOLADE KOEK SUIKERVRY
Maak: 1 x 20 cm-kaaskoek of 6 mini-kaaskoeke
Bereidingstyd: 20 minute, plus yskastyd
KORS:
10 sjokolade-hawermoutkoekies of ander suikervrye koekies, fyngemaak
50 ml gesmelte botter
VULSEL:
20 ml gelatien
250 g roomkaas, teen kamertemperatuur
150 ml suurroom of gewone jogurt, teen kamertemperatuur
1,5 ml steviapoeier
80 ml kakaopoeier, plus ekstra om oor te sif
frambose, om voor te sit
METODE:
Kors Meng die koekiekrummels en gesmelte botter saam en druk dit in ’n liggies gesmeerde 20 cm-veerklamppan of individuele koekpannetjies vas. Hou in die yskas.
Vulsel Sprinkel die gelatien oor 20 ml water. Laat dit swel en smelt dit dan in die mikrogolfoond.
Klits die roomkaas, suurroom of jogurt, suiker (indien gebruik), stevia en kakao saam tot glad. Meng ’n bietjie van die roomkaasmengsel
by die gelatien in en meng dan die gelatienmengsel by die orige roomkaasmengsel in. Gooi oor die kors en laat vir vier uur of oornag in die yskas stol.
Gebruik ’n warm paletmes om die kaaskoek los te maak. Sif ’n bietjie kakao oor en sit voor met frambose of ander vars vrugte.
NOTA: Stevia is ’n groen blaarplant van Suid-Amerika, waar dit eeue lank gebruik is vir goeie spysvertering en om wonde mee te verbind. Dis deesdae in
poeier- en vloeistofvorm te kry as ’n plaasvervanger vir suiker. Stevia het verskeie voordele, sê Sally-Ann Creed, ’n voedingkundige van Kaapstad. Dis
kilojoule-vry én die veiligste opsie as dit by versoeters kom. Stevia is baie soet en jy het min nodig. Jy kan dit op sy eie gebruik, of die helfte van die
suiker in ’n resep daarmee vervang. Stevia het ’n nasmaak as jy te veel gebruik – gaan dus spaarsaam te werk!
Bron: Idees / Kos en Onthaal

PETRA SE GOOI BYMEKAAR KOEK
GESKIK VIR MENSE MET DIABETES 1
PETRA SE GOOI BYMEKAAR KOEK
NOTA: Dis sommer 'n gooi als bymekaar koek, ipv wit koekmeel het ek volgraan meel gebruik.
Ek het kunsmatige suiker poeier ipv suiker bygegooi, ek het dat my dogtertjie die batter proe of dit soet genoeg is want die kunsmatige suiker kan soms baie soeter as suiker wees.
425 ml Volgraanmeel
Kunsmatige suiker poeier na smaak
10 ml bakpoeier,
melk dat dit loperige is,
2 groot eiers
knypie sout
3 eetlepels botter/margarien
Gooi bymekaar, meng en bak 180°C tot gaar.
VERSIERING:
LITE kondensmelk en suurlemoensap gemeng en oor gegooi met passionfruit/grenadilla.
NOTA: Vir diabetes 1 mense (ek weet nie van type 2 nie), ons moet al die labels lees en die LITE kondensmelk se CARBS was ok vir haar insulien. Vir elke 15 gram carbs moet sy 2 units insulien kry. Sy het 2 stukkies van die koek geeet. En as jy al die carbs tel en dit deel deur die aantal stukkies koek wat jy sny, is dit soveel per stukkie. En sy het natuurlik nie die hele koek geeet nie. Haar suiker het nie gespike nie ... so die resep het vir ons gewerk.
Bron: Eie Resep
Plasing & Foto: Petra Pretorius / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

PERSKE KONFYT GESKIK VIR DIABETE
PERSKE KONFYT GESKIK VIR DIABETE
Maak: Omtrent 1 liter
Bereidingstyd: 30 minut
Gaarmaaktyd: 40 minute
750 g geskilde droëperskes
2 ml sitroensuur
kookwater om te bedek
5 ml wynsteensuur
1 liter koue water
650 g xylitol
METODE:
Sit die perskes vir ’n paar uur in die vrieskas om hard te raak. Kap die perskes in ’n voedselverwerker. Hoe fyner jy dit kap, hoe gladder gaan die konfyt wees. Sit dit in ’n groot bak en bedek met kookwater om sag te
word. Voeg die sitroensuur by en roer deur om te keer dat die perskes verkleur. Laat staan vir omtrent 15 tot 20 minute.
Gooi die water van die perskes af. Sit die perskes en die wynsteensuur in ’n groot pot en bedek met 1 liter koue water. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en roer die xilitol by. Laat prut vir omtrent 30 minute of tot dit stolpunt bereik het. Toets dit vir stolpunt deur ’n bietjie van die mengsel te drup op ’n koue bord wat in die vrieskas was. Laat vir 30 sekondes afkoel. As dit stolpunt bereik het, sal dit plooitjies maak as jy met jou vinger daarteen druk. Indien nie, sal dit terugloop in die oop spasie in.
Wanneer die konfyt klaar is, gooi dit in gesteriliseerde flesse en verseël. Laat afkoel en versier met ’n mooi kaartjie en gee dit vir iemand as ’n geskenk. Jy kan ’n skon daarmee saam gee, as jy wil.
Bron: Idees
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

ROOIBOS TEEKOEK VIR DIABETE
ROOIBOS TEEKOEK VIR DIABETE
Dis ’n heerlike klamkoek en veral lekker by middagkoffie. Indien jy diabetiese witsjokolade in die hande kan kry, is dit veral lekker as jy 100 g sjokolade smelt saam met 100 ml gewone jogurt. Vervang dan die bolaag hiermee.
BESTANDELE:
125 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
125 ml sultanas
50 g laevet-margarien
180 ml suikerplaasvervanger
3 eiers
140 g (250 ml) koekmeel
140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 ml kaneel
50 ml karringmelk
75 ml appelsous
skil van 1 suurlemoen
SOUS:
300 ml sterk rooibostee, gekook met 1 kaneelstokkie
45 ml suurlemoensap
125 ml suikerplaasvervanger
BOLAAG:
250 ml laevet-maaskaas
suikerplaasvervanger na smaak
5 ml vanieljegeursel
METODE:
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ’n ringkoekpan van 24 cm deursnee met kleefwerende kossproei.
Gooi die warm tee oor die sultanas en laat staan tot benodig.
Room margarien en suikerplaasvervanger tot liggeel.
Klits eiers een vir een by. Sif koekmeel, volkoringmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam.
Roer die meel- en tee-mengsel beurtelings by die margarienmengsel tot ’n sagte beslag vorm.
Roer die karringmelk, appelsous en suurlemoenskil by. Skep beslag in voorbereide pan.
Bak vir 40 minute tot gaar. Gooi die warm stroop bo-oor die koek.
STROOP: Kook tee saam met die suurlemoensap en suikerplaasvervanger. Kook ongeveer 3 minute.
BO-LAAG: Meng al die bestanddele en skep oor die afgekoelde koek.
KOMMENTAAR Die koek moet verkieslik in 20 stukkies gesny word. Die GI van die rooibostee-koek is nie heeltemal so laag nie.

SJOKOLADE BROWNIE HAPPIES (SUIKERVRY)
SJOKOLADE BROWNIE HAPPIES
Maak: 36
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 5-7 minute
Oondtemperatuur: 160 oC
3-5 ml stevia-poeier (by gesondheidswinkels te kry)
200 g (375 ml) koekmeel
50 g (150 ml) kakao, plus ekstra om oor te strooi
2,5 ml bakpoeier
230 g (250 ml) botter of bak-margarien, gesmelt
3 groot eiers
10 ml vanieljegeursel
85 g sjokolade vir diabete, gekap
50 g haselneute, grofweg gekap
METODE:
Meng die droë bestanddele saam. Meng die botter, eiers en vanielje in ’n aparte bak saam.
Gooi die vloeibare mengsel by die droë mengsel en roer tot net gemeng. Voeg die gekapte sjokolade en neute by en roer net een of twee keer.
Skep in liggies gesmeerde vlak kolwyntjie- of mini-muffinpanne en bak vir vyf tot sewe minute of tot net gaar. Moenie dit te lank bak nie, want dit sal uitdroog. Laat op ’n draadrakkie afkoel en strooi dan nog kakao oor, as jy wil.

SJOKOLADE EN BESSIE BLOKKIES (GESKIK VIR DIABETE)

Maak: 1 x 20 cm-koek
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 20-25 minute
Oondtemperatuur: 180 oC
190 ml (100 g) koekmeel
2,5 ml bakpoeier
2,5 ml koeksoda
2,5 ml fyn kaneel
2 ml gemengde speserye
45 ml kakaopoeier
10 ml fyngerasperde lemoenskil
1 groot eier
125 ml suikerplaasvervanger (xilitol of Sugalite)
5 ml vanieljegeursel
150 ml fyngerasperde murgpampoentjie
100 ml vars of bevrore bessies, plus ekstra vir versiering
ROOMKAAS VERSIERSEL
125 ml vetvrye maaskaas
30 ml suikerplaasvervanger
2 ml fyn lemoenskilrepies
METODE:
1 Spuit ’n vierkantige bakpan van 20 cm met kossproei.
2 Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, speserye en kakaopoeier saam. Voeg die fyngerasperde lemoenskil by.
3 Meng die eier, suikerplaasvervanger en vanielje saam in ’n aparte bak. Meng goed.
4 Voeg die eiermengsel, murgpampoentjies en bessies by die droë bestanddele. Meng liggies.
5 Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak dit in die verhitte oond vir 20 tot 25 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Haal dit uit
die oond uit en laat dit in die pan afkoel. Keer dit uit op ’n afkoelrakkie. Sny dit in blokkies.
6 Versiersel Meng die maaskaas, suikerplaasvervanger en lemoenskilrepies saam. Skep ’n bietjie daarvan op elke blokkie. Versier dit met bessies.
Bron: Kos & Onthaal

SJOKOLADE HAWERMOUT KOEKIES (SUIKERVRY)
SJOKOLADE HAWERMOUT KOEKIES (SUIKERVRY)
Maak: 30-40
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 10-13 minute
Oondtemperatuur: 190 °C
135 g (250 ml) koekmeel
210 g (500 ml) hawermout
2,5 ml steviapoeier
5 ml koeksoda
15 g (50 ml) kakaopoeier
5 ml fyn kaneel
125 ml sonneblomolie
10 ml vanieljegeursel
METODE:
Meng die droë bestanddele en ’n knippie sout saam in ’n groot mengbak. Meng 250 ml warm water, die olie en vanielje in ’n beker en gooi dit oor die droeë bestanddele. Meng liggies.
Rol die deeg in bolletjies en pak dit op ’n gesmeerde bakplaat. Druk dit plat met die palm van jou hand en bak dit vir 10-13 minute in
die verhitte oond, tot gaar.

SUURLEMOEN MERINGUE TERTJIES (SUIKERVRY)
SUURLEMOEN MERINGUE TERTJIES
Maak: 12 tertjies
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 200 oC
50 ml gesmelte laevet-margarien
4 velle fillo
VULSEL:
250 ml suiker-plaasvervanger met ’n xilitol-basis (ons het Suki gebruik)
60 ml mielieblom
2 groot omega 3-verrykte eiergele
500 ml warm water
80 suurlemoensap
15 ml laevet-margarien
MERINGUE:
2 groot eierwitte, teen kamertemperatuur
20 ml suiker-plaasvervanger
METODE:
Verf margarien oor ’n vel fillo en sit nog ’n vel bo-op. Herhaal met die res van die velle. Gebruik ’n kosring of ronde koekiedrukker en sny sirkels uit die deeg wat groot genoeg is om ’n muffinpan mee te voer. Bak vir sewe tot 10 minute, of tot goudkleurig.
Vulsel Meng al die bestanddele in ’n bak en sit dit oor ’n kastrol met water wat prut. Roer tot al die suiker-plaasvervanger opgelos het en die mengsel verdik. Gooi in die deegdoppies en bak vir nog vyf tot agt minute.
Meringue Klop die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Voeg die suiker-plaasvervanger bietjies-bietjies by. Skep dit op die warm vulsel of druk dit met ’n versiersak daarop uit. Bak vir drie tot vyf minute of tot goudkleurig. Laat op ’n draadrakkie afkoel.

SUURLEMOEN SOUFFLE VIR DIABETE
SUURLEMOEN SOUFFLE VIR DIABETE
Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 35 minute
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180°C
250 ml suiker-plaasvervanger, soos SugaLite
60 ml vars suurlemoensap, deur ’n siffie gedruk
15 ml koekmeel
5 groot eierwitte, teen kamertemperatuur
METODE:
1 Spuit ’n ligte lagie kossproei in vier ramekins (of gebruik een groot soufflé-bak). Sprinkel 10 ml van die suiker-plaasvervanger daaroor en skud oortollige suiker uit.
2 Maak ‘krae’ vir die soufflés deur stroke bakpapier te sny wat om die ramekins pas en 3-4 cm bo die rand uitsteek. Bind dit met tou vas en pak die ramekins op ’n bakplaat.
3 Verhit die suurlemoensap, 160 ml suiker-plaasvervanger en 50 ml water saam oor lae hitte. Roer tot die suiker-plaasvervanger opgelos het. Verhit tot kookpunt.
4 Meng die meel met 30 ml water en roer om ’n pasta te vorm. Voeg ’n bietjie van die warm stroop by die pasta en roer. Gooi dit terug in die kastrol en roer aanhoudend vir ’n minuut. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel.
5 Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser in ’n skoon bak tot dit sagte punte vorm. Voeg die orige suiker-plaasvervanger bietjies-bietjies by en klits goed tot dit opgelos het.
6 Gooi die suurlemoenmengsel in ’n groot bak. Vou omtrent ’n kwart van die eierwit by die suurlemoenmengsel in, en vou dan die res liggies in. Skep gelyke hoeveelhede in die ramekins. Maak die bokante glad en trek die agterkant van ’n teelepel al om die rand. Bak vir 12 tot 15 minute tot goudbruin. Haal die kragies versigtig af en sit dadelik voor.
Bron; Idees / Kos & Onthaal

VANIELJE KOEKIES MET DROE VRUGTE (SUIKERVRY)
VANIELJE KOEKIES MET DROëVRUGTE
Maak: omtrent 70
Bereidingstyd: 20 minute, plus yskastyd
Baktyd: 8-10 minute
Oondtemperatuur: 180 oC
125 g (135 ml) sagte botter
110 g (125 ml) suiker-plaasvervanger (ons het Sugalite gebruik)
10 ml vanieljegeursel
1 groot eier, teen kamertemperatuur
270 g (500 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
omtrent 15 ml melk
250 ml droëvrugte, gekap (ons het appelkose en bosbessies gebruik)
METODE:
Room die botter en suiker-plaasvervanger saam tot lig. Voeg die vanielje en eier by en klits goed.
Voeg die meel en bakpoeier by en roer tot ’n sagte deeg. Voeg melk by indien nodig. Voeg die droë- vrugte by. Draai in kleefplastiek toe en sit vir 30 minute in die yskas.
Rol die deeg uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gestrooi het en sny vorms daaruit met ’n koekiedrukker. Pak die koekies op ’n gevoerde bakplaat en bak dit in die verhitte oond vir agt tot 10 minute of tot goudkleurig. Laat op ’n draadrakkie afkoel.