WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Waar ons almal hou van kosmaak en bak!
  • HOME
  • GEBAK GESKENKE IDEES
  • ONTBYT
    • BREAKFAST
  • ARGILLA GEREGTE
  • AARTAPPEL GEREGTE
    • POTATO DISHES
  • BESKUIT
    • RUSKS
  • BILTONG & DROëWORS RESEPTE
    • BILTONG & DRYWORS
  • BOTTEL EN BERE
  • BRAAIVLEIS
    • BARBEQUE AND BARBEQUE SIDE DISHES
  • BRAAI BYKOSSE - BROOD, ROOSTERKOEK & PASTEIE
  • BRAAI - AARTAPPEL & GROENTE GEREGTE
  • BRAAI - PAP, PAPTERTE & POFFERS
  • BROOD
    • BREAD
  • BROODROLLETJIES/SOUT-SKONS/MUFFINS
    • BUNS/SAVOURY SCONES/MUFFINS/ VETKOEK
  • BROODMASJIEN RESEPTE EN WENKE
  • DEEG /KORSE / ROTIS & WRAPS
    • PASTRY/ CRUST / DOUGH /ROTI/ CUPS
  • DOPPIES & VULSELS VIR KLEIN TERTJIES
  • DOUGHNUTS
  • DRINKGOED - GESOND / SMOOTHIES
  • DRINKGOED - ALKOHOLIES
  • DRINKGOED - SKOMMELS, YSTEE EN KOFFIE
  • EENSKOTTEL GEREGTE
  • ENTREPENEURS DAE
  • FONDUE
  • ANDERSE BYGEREGTE
  • GROENTE GEREGTE
    • VEGETABLES
  • GROOTMAAT RESEPTE
  • HALOGEEN OONDJIES
  • HAMBURGERS / HOTDOGS / TOEBROODJIES
  • INLE GROENTE / PESTO RESEPTE
    • CANNING - VEGETABLES & PESTO RECIPES
  • INLE VRUGTE
    • CANNING FRUITS
  • KAMP KOS
  • KERRIES (LEKKER BRAND KOS)
    • CURRIES
  • KINDERPARTYTJIES
    • PARTIES AND THEME RECIPES
  • KLEIN KOEKIES & MERINGUES
    • BISCUITS & SMALL TARTLETS
    • BISCOTTI
    • BROWNIES
  • KAASKOEKE
    • CHEESE CAKES
  • KOEKE
    • SJOKOLADE KOEKE
    • WORTELKOEKE & VRUGTEKOEKE
    • CAKE RECIPES
  • KOLWYNTJIES EN SOET MUFFINS
    • CUPCAKES AND SWEET MUFFINS
  • KOEKSISTERS, SNACKLE, POFFERS & ECLAIRS
  • KONFYT & BLATJANG RESEPTE
    • JAM & CHUTNEY RECIPES
  • KOSBLIK IDEES
  • LEKKERGOED
    • FUDGE
    • SWEETS & FUDGE
  • LIGTE ETES
  • MAALVLEIS - FRIKKADELLE, PATTIES & VLEISBROODJIES
  • MAALVLEIS & MAALVLEIS GEREGTE
    • MINCE & SAUSAGE DISHES
  • MIKROGOLF RESEPTE
    • MICROWAVE RECIPES
  • NACHOS/ TACOS & VULSELS
  • NAGEREG - TRADISONEEL (WARM)
  • NAGEREG - WARM
    • DESSERTS - HOT
  • NAGEREG - KOUD
    • DESSERTS - COLD
  • PANNEKOEK, PLAATKOEKIES, WAFELS & JAFFELS
    • PANCAKES/ CRUMPETS/ WAFFLES / JAFFLES
  • PASTA GEREGTE
    • PASTA (ENGLISH RECIPES)
  • PASTEIE & PASTEITJIES
    • HOENDER PASTEIE / CHICKEN PIES
    • PIES & COCKTAIL PIES
  • PATEES /SMERE & MOSTERD
    • PATE / SPREADS & MUSTARD
  • PIZZA
  • POTJIE KOS
  • PRUTPOT RESEPTE
    • SLOWCOOKER
  • ROOMYS
  • ROOMYS, NAGEREG SOUSE & VLA
  • RYS & STAMPMIELIES / RICE
  • SAMOOSAS / SPRINGROLLS & ANDER
  • SLAAIE
    • SALADS
  • SLAAISOUSE
    • SALAD DRESSINGS
  • SOSATIES EN WORS MAAK
  • SOP
    • SOUP
  • SOUSE / MARINADES/PESTOS
    • SAUCES/ MARINADES/ PESTOS
  • SPESIALE DIETE
    • DIABETE
    • GLUTEN VRY
    • VEGETARIES / VEGATARIAN
  • SPESERYE
    • SPICES
  • TERTE & ROLKOEKE - SOET
    • MELKTERTE & APPELTERTE
    • KLEIN TERTJIES SOET
    • TARTS & SWISS ROLLS - SWEET
  • TERTE SOUT
    • TERTE SOUT (QUICHE)
    • TARTS - SAVOURY / QUICHE
  • UIT OUMA SE KOMBUIS
    • OUMA SE KOMBUIS - KOEKE, KLEIN KOEKIES, TERTE, TERTJIES & NAGEREG
  • VETKOEK
  • VERSIERSELS & VULSELS
    • ICING & FILLINGS
  • VINGER HAPPIES EN DOOPSOUSE
    • SNACKS & DIPS
  • VIS EN SEEKOS
    • FISH & SEAFOOD
  • VLEIS - BEES
    • MEAT - BEEF
  • VLEIS - HOENDER
    • MEAT CHICKEN
  • VLEIS - LAM
    • MEAT - LAMB
  • VLEIS - AFVAL/LEWER/NIERTJIES/HART
    • MEAT - LIVER / AFVAL
  • VLEIS - VARK
    • MEAT - PORK
  • VLEIS - VOLSTRUIS
    • MEAT - OSTRICH
  • VLEIS - WILD
    • MEAT - VENISON
  • VOORGEREGTE
    • STARTERS
  • WORS & WORS GEREGTE
  • WONDER COOKER
  • HOEVEELHEDE/ VERVANGINGS/ TEMPERATURE
  • VIERVOET KINDERS / DOGGY TREATS
  • WENKE EN TUISGEMAAK
  • KREATIEWE IDEES EN FOTOS
  • TAFEL VERSIERINGS / ANDER OULIKE IDEES
  • SPESIALE BOODSKAPPE & GEBEURE
  • VERJAARSDAE / BIRTHDAYS

BANTING RESEPTE :

Picture
EGG & BACON SALAD (LOW CARBING)
EGG & BACON SALAD (LOW CARBING) 
10 hard boiled eggs, peeled and chopped
6 slices, crispy bacon, chopped
1/4 cup chopped red onion (60 mL)
2 tbsp chopped green pepper (30 mL)
1/4 cup mayonnaise (60 mL)
3 tbsp sour cream (45 mL)
2 tsp Dijon mustard, OR regular (10 mL)
1 tsp lemon juice (5 mL)
1/2 tsp seasoning salt (2 mL)
1/4 tsp black pepper (1 mL)
DIRECTIONS:
In medium bowl, combine eggs, bacon, onion and green pepper. In small bowl, combine mayonnaise, sour cream, Dijon mustard, OR regular, lemon juice, seasoning salt and black pepper. Pour over eggs and bacon mixture. Stir well to combine.
Bron: Splendid Low Carbing 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
CHICKEN & MUSHROOM PIE (BANTING) 
CHICKEN & MUSHROOM PIE (BANTING) 
500g Chicken Breasts
As needed Salt & Pepper
1 Lemon
250g Mushrooms
As neededOlive Oil
200g Spinach
3 Eggs
250g Cream Cheese
250ml Cheddar Cheese
DIRECTIONS: 
Preheat the oven to 180°C.
Slice the mushrooms, remove the stems from the spinach and grate the cheddar cheese.
Spray an ovenproof pie dish.
Season the chicken with salt, pepper and the lemon juice and rind. Steam in a food steamer until done. 
(You can also bake it in the oven or steam in saucepan with a bit of water if you do not have a food steamer.)
Cut the cooked chicken into small pieces.
Fry the mushrooms in a little bit of oil until just softened. Add the spinach and fry until the spinach welts.
Beat the eggs and cream cheese together.
Mix the chicken, spinach and cream cheese together and spoon into the prepared dish.
Sprinkle the cheddar cheese over.
Bake for 30-40 minutes or until the egg has set and the cheese is melted and golden.
Bron: The Banting Chef 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 


Picture
FRIKKADELLE & FYN BLOMKOOL (BANTING)  
BANTING FRIKKADELLE & FYN BLOMKOOL

’n Heerlike weekdag-aandete met ’n mosterd-en-spekvleissous wat die fyn blomkool volmaak aanvul.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.
BESTANDELE:
400 g varkworsies
6 spekvleisrepe
1 kop blomkool
100 ml olyfolie
sout en peper
30 ml (2 e) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) rooiwynasyn
’n hand vol vars koljander
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Haal die worsvleis uit die derm en rol in happiegrootte-frikkadelle. Rangskik op ’n bord en verkoel 20 min. in die yskas om ferm te word.
Rangskik die spekvleis op ’n bakplaat en rooster 8 min. in die oond tot bros. Laat koel effens af op papierhanddoeke en kap grof.
Bring ’n pot gesoute water tot kookpunt. Voeg die blomkool by en kook tot sag. Dreineer en hou 30 ml (2 e) van die kookvloeistof eenkant. Verwerk die blomkool in ’n voedselverwerker tot ’n puree. Voeg 15 ml (1 e) van die olie by saam met die vloeistof wat jy eenkant gehou het en verwerk weer. Geur met die sout en peper.
Verhit 15 ml (1 e) van die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die frikkadelle terwyl jy dit gereeld draai 8 min. of tot goudkleurig en deurgaar. Sit eenkant en hou warm.
Klits die mosterd, asyn en oorblywende olie in ’n bak en geur met die sout en peper. Voeg die koljander en spekvleis by en meng liggies.
Skep die fyn blomkool op ’n bord en bedek met die frikkadelle en sous.
Bron: Huisgenoot
Plasing:Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
KLAPPER PLAATKOEKIES MET SPEK (BANTING)
KLAPPER PLAATKOEKIES MET SPEK  
Genoeg vir: 4
PLAATKOEKIES
4 eiers
15ml vanielje-ekstrak (opsioneel)
15ml water
1,25ml Himalaja-sout
1,25ml koeksoda
35g klappermeel
15ml botter
VIR VOORSIT
150g spek, brosgebraai
4 tamaties, in skyfies gesny
METODE: 
Klop die eiers, vanielje, water, sout en koeksoda saam in ’n bak met ’n elektriese klitser.
Voeg die klappermeel by en hou aan klits totdat die mengsel glad is.
Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan. Skep eetlepels vol beslag in die pan. Braai die plaatkoekies vir 1–2 minute tot die beslag effens ferm is; draai dit om en braai vir nog 1–2 minute.
Sit voor Top die plaatkoekies met spek en tamatie. Drup gerus die uitgebraaide vet van die spek oor.
Bron: Tuis Mobi 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
KOOLSLAAI  (BANTING) 
KOOLSLAAI (BANTING) 


Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd: 25 minute
½ koolkop
1 bossie seldery
2 groot uie
SLAAISOUS
125 ml sonneblomolie
150 ml wit asyn
125 ml kookwater
125 ml suiker
5 ml karwysaad (opsioneel)
15 ml pienkpeperkorrels
7,5 ml droë Engelse mosterd
knippie sout
METODE:
Snipper die kool baie fyn. Sny die selderyblare af en gooi weg; kap die selderynerwe fyn. Kap of sny die uie fyn.
Meng die groente saam in ’n groot mengbak.
MAAK DIE SLAAISOUS:
Meng al die bestanddele in ’n kastrol en bring tot kookpunt; roer tot die suiker opgelos is. Giet die warm sous oor die slaai en meng deur. 

Bedek en verkoel voor jy dit voorsit.
Bron: Tuis Mobi
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
ROOMYS (BANTING) 
BANTING OP YS 

3 eiers, geskei
1 koppie room
6 sakkies versoeters, of 6 teelepels Xylitol
1 teelepel kakao, of 1 teelepel vanieljegeursel
METODE
Klits die eierwitte styf.
Klits die room en voeg die versoeters en geursel by.
Klits die eiergeel en voeg dit by die room.
Meng goed.
Vou die eierwit versigtig in.
Giet in vorms en plaas vir 'n uur in yskas om te stol
Bron: RSG 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
VIS PASTEI - BANTING RESEP
VIS PASTEI - BANTING RESEP

Snoek gee aan hierdie Banting-vispastei sy heerlike geur, maar jy kan enige ander vis met ’n sterk geur gebruik.
GENOEG VIR 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 45 min.
500 g snoek, ontvel
125 ml (½ k) droë witwyn
1 lourierblaar
2 peperkorrels
SOUS
20 g (2 e) botter
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) warm melk
sout en peper
BOLAAG
750 g blomkoolblomme
60 ml (4 e) room
60 ml (4 e) melk
60 g botter
sout en peper
METODE:
Voorverhit die oond tot 180°C.
VIS Posjeer die vis sagkens in die wyn met die lourierblaar en peperkorrels 5 minute of net gaar
Sif en hou 125 ml (½ k) kookvloeistof.
Vlok die vis versigtig en verwyder die grate.
SOUS

Smelt die botter in ’n kastrolletjie, klits die meel in tot glad en verwyder van die hitte. Klits die gesifte vloeistof en warm melk geleidelik in en kook tot verdik. Geur met sout en peper.
BOLAAG

Kook die blomkool tot sag en dreineer. Voeg die room, melk en botter by. Verhit deur, plaas in ’n bak en maak die mengsel fyn. Geur met sout en peper.
Vir afronding, meng die vis en sous en skep in ’n oondbak. Bedek met die fyn blomkool en bak 30 min. of tot goudbruin.
Bron: Huisgenoot
Plasing : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture
SOP DIEET
SOP DIEET 

Gewaarborg om 5 kg in 'n week te verloor as jy streng by die reels hou

Elke keer wat jy honger is moet jy sop sluk want hoe meer sop jy inkry hoe meer verloor jy gewig.

RESEP:
1kg Tamaties
6 groot Uie
2 beef blokkies
1 pakkie wit uiesop
1 bondel seldery
2 blikkies groen boontjies
1,5 kg wortels
1 green peper
Vars Pietersielie na smaak 
METODE:
Sny al die groente op (ek het dit gerasper) voeg 825ml water by (los sommer die sop hierin op) geur met pietersielie, sout, peper & Hot Sauce en kook die hekse brousel vir so halfuur
Ek blend dit sommer in die pot tot heeltemal fyn proe dan of daar nog sout of iets kort want dan het die geure lekker gemeng en skep dan uit in 'n bak. Dan yskas toe (my man maak dit warm soos hy honger word in 'n beker) 
DAG 1 : Sop en enige vrugte . Waatlemoen, appels, papaja, perskes, net wat jy wil (nie meer as 6 vrugte vd dag - GEEN PIESANGS NIE!!
DAG 2 : Sop en groente (broccoli, murgpampoentjies, kool) geen groenbone, ertjies en mielies nie nie!! 
DIE AAND: Eet 'n lekker groot aartappel met botter 
DAG 3 : Sop en groente en vrugte soos hierbo genoem. GEEN AARTAPPEL NIE 
DAG 4 : Sop en piesang (nie meer as 5 piesangs nie) - Jy kan vetvrye melk drink (1 glas) 
DAG 5 : Sop en steak (500gram vir die hele dag en aand) en tamaties (jy kan 6 tamaties eet 
DAG 6 : Sop, steak en groente (groente van dag 2) NIE AARTAPPEL NIE
DAG 7 : Laaste dag!! Sop, bruinrys (3 koppies gaar) en groente en jy kan een glas onversoete vrugtesap drink 
Teen hierdie tyd het jy 5 kg en meer verloor as jy by die dieet gehou het.
Dit maak jou sisteem skoon en die geheim is dat dit meer kaloriee verbrand as wat jy inneem
Jy mag koffie en tee gebruik soveel jy wil mits jy versoeter/pilletjies gebruik en vetvrye melk. Drink water! As jy effe hardlywig voel eet 'n bakkie bran pap met vetvrye melk 
Jy gaan van dag 2 begin sleg voel soos jy detox.
Jy kan sout, peper & Hotsauce by jou sop gooi. Moet ook nie oefeninge doen nie, vat dit rustig.
NOTA: Geen gaskoeldrank, geen gebraaide kosse (in olie) geen brood en geen drank 
Bron: Sacred Heart Memorial Hospital
Plasing & Foto: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


SOP DIEET - GERRIE PRETORIUS

Picture
SOP DIEET 
Gewaarborg om 5 kg in 'n week te verloor as jy streng by die reels hous

Ok, hier is die sop dieet wat ek julle belowe het.  
Kyk, dis ‘n harde dieet maar hy werk regtig en kan jy tot 5 kilo’s in ‘n week verloor mits jy STRENG by die reëls hou, baie water drink (2 liter per dag) en soveel as moontlik sop sluk want hoe meer sop jy inkry hoe meer verloor jy gewig. Probeer dus ook ‘n minimum van 1,5 liter sop per dag.
RESEP VIR DIE SOP
1kg Tamaties
6 groot Uie
2 beef blokkies
1 pakkie wit uiesop
1 bondel seldery
2 blikkies groen boontjies
1,5kg wortels
1 green peper
Sny al die groente op en geur met pietersielie en kook die hekse brousel vir so halfuur in bietjie water. 
Skep uit en gooi in blender sodat dit fyn raak en dan yskas toe.
DAG 1 : Sop en groen appels.  Jy kan tot 6 appels eet.
DAG 2 : Sop en groente (broccoli, murgpampoentjies, kool)  geen groenbone nie!! En geen groente wat onder die grond groei nie. 
Hou by dit wat ek genoem het, dis makliker.
DAG 3 : Sop en groente en vrugte soos hierbo genoem. Vanaand kan jy ‘n middelslag aartappel met ‘n halwe teelepel botter, sout en peper eet.
DAG 4 : Sop en piesang (nie meer as 5 piesangs nie)
DAG 5 : Sop en steak (500gram vir die hele dag en aand) en tamaties soveel jy wil
DAG 6 : Sop, steak en groente (groente van dag 2)
DAG 7 : Laaste dag!!  Sop, bruinrys (3 koppies gaar) en groente
Jy mag koffie en tee gebruik soveel jy wil mits jy versoeter/pilletjies gebruik en vetvrye melk. 
Jy gaan van dag 2 begin sleg voel soos jy detox.
Jy kan sout en peper by jou sop gooi.  Moet ook nie oefeninge doen nie, vat dit rustig.
Bron: Gerrie Pretorius 

Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 


7 DAE EETPLAN VIR LIGTE MIDDAGETES

Picture
Roereier met robotsoetrissies en sampioene
120 g gemengde groente, soos sampioene en geel, rooi en groen soetrissie
1 eier
15 ml water
5 ml vars, of 1 ml gedroogde origanum
sout en varsgemaalde swartpeper
30 ml vars, gekapte Italiaanse pietersielie
Braai die groente in 'n non-stick-pan totdat dit net begin versag.
Meng die eier, water en origanum.
Wanneer die groente net reg lyk, gooi die eiermengsel oor. Sprinkel met sout en varsgemaalde swartpeper en roerbraai dit totdat die eier gaar is.
Sprinkel met die vars pietersielie en eet.

Eiers florentine
Florentine verwys na geregte met spinasie in. Gesoteerde spinasie word hier met 'n geposjeerde eier bedien.
Geposjeerde eiers is baie gesond omdat dit werklik geen olie benodig om gaar gemaak te word nie.
2 groot, bruin sampioene
agste van 'n medium ui, in skyfies gesny
100 g spinasie, dun blare, in growwe stukke geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
1 eier
10 ml witasyn
Braai eers die sampioene in jou kleefvrye pan, sprinkel met sout en peper, en hou eenkant wanneer dit gaar is.
Braai dan in dieselfde pan die ui, totdat dit sag en deurskynend lyk, voeg die spinasie by en braai tot dit verlep.
Om die eier te posjeer: Kry 'n klein kastrol en maak dit halfvol met water, voeg die asyn daarby.
Laat dit tot kookpunt kom.
Breek die eier in 'n klein bakkie oop.
Gebruik 'n groot lepel om 'n whirlpool in die water te maak, deur die lepel om en om in die rondte, in dieselfde rigting, te draai. Gooi dan versigtig die eier daarin. Gebruik die lepel om hom bymekaar te hou.
Kook vir 3 – 5 minute, afhangend van hoe jy van jou eier hou.
Plaas dan die sampioene en spinasie op crackerbread en skep die eier bo-op. Sprinkel met sout.

MIDDAGETE EN AANDETE
Slaai en roerbraai is beide vinnige en maklike geregte om vir middagete voor te berei. Indien jy van 'n ligte aandete hou, sal dit egter dan ook die trick doen.
Die slaai- en groente-gedeelte van elke ete kan tot 130 g per persoon uitmaak. Maak dus seker dat jy genoeg daarvan eet.
Die vleisporsie kan so groot soos die palm van jou hand wees. Wanneer jy meer vleis of kaas eet, verminder jou groente en vice versa.
Moet ook nie skroom om crackerbread, ryvita, of provita, saam met jou ete te geniet nie.
Rek jou brein om aan vrugte te dink wat by jou slaai pas. Probeer die Waatlemoen-, feta- en komkommerslaai of Feta-, nektarien- en aspersieslaai om jou vrug saam met jou slaai te geniet. Die Cajun-pangebraaide stokvis met avokado-, tamatie- en papajasalsa gee net so lekker gebruik vir 'n vrug.
Sien die onderafdelings vir meer idees:
* Geregte met kaas
* 5 ml mayo-hoender
* Roerbraai
* Vullende etes
* Geur-inspirasie
Geregte met kaas
Hier is 'n paar disse wat net met slaai of groente en kaas gemaak word. Probeer om sover as moontlik laevetkaas te gebruik. Sagte kase, soos Brie en Camembert, en roomkaas het meesal meer vet. Cheddar, Tussers, mozzarella, fetakaas, maaskaas en ricotta - almal laevet, natuurlik – is wat jy moet eet.
Vervang enige van die kase wat by die onderstaande slaaie genoem word, om die slaai te verander. Maaskaas kan heerlik in 'n slaai word as jy dit met baie, gekapte, vars kruie, slaai-, of sprietuie, 'n skeut suurlemoensap en sout en varsgemaalde swartpeper meng.

Caprese-slaai
Caprese-slaai is sekerlik die eenvoudigste ding op aarde, maar in die eenvoud lê daar die bekende en heerlike smaaksensasie van tamatie en basiliekruid. Jy kan ook laevet maaskaas in plaas van mozzarella gebruik.
1 tamatie
60 g mozzarellakaas
vars basiliekruidblare
balsemieke asyn
swartpeper
Sny die tamatie en mozzarella in skywe.
Pak die tamatie, mozzarella en basiliekruid opeenvolgend op 'n opdienbord. Sprinkel balsemieke asyn en swartpeper oor en dien op met crackerbread.

“Pizza on Tupperware”
Tegnies staan die as pizza op crackerbread bekend, maar die eerste maal wat ek dit geëet het, het dit vir my so taai soos tupperware geproe. Dis belangrik om dit, as jy dit in die mikrogolfoond sit, net vinnig in te sit. Die oond werk eintlik beter. En die rye crackerbread werk baie beter as die gewone een – dit gee 'n meer stabiele basis. Jy kan selfs die mozzarellakaas op die groente in die pan sit en dit daar laat smelt voordat jy dit op die crackerbread sit.
2 crackerbreads
130 g gemengde groente (robotsoetrissies, sampioene, murgpampoentjies en tamatie)
5 ml olyfolie
10 ml balsemieke asyn
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie of 15 ml vars
65 g mozzarellakaas, gerasper
Braai die groente in 5 ml olie. Wanneer dit net begin gaar word, gooi die asyn, sout en peper en kruie by. Laat al die asyn wegkook.
Skep die groente op die crackerbread, sprinkel die kaas oor en smelt dit vinnig in die mikrogolf, of rooster dit in die oond totdat die kaas gesmelt het

Feta-, nektarien- en aspersieslaai
1 ring fetakaas
1 nektarien, gehalveer
12 aspersies, onderpunte afgebreek
'n paar dik repe rooi soetrissie
blaarslaai; gemengde, klein blare
vars suurlemoensap
balsemieke asyn
sout en varsgemaalde swartpeper
Hiervoor kan jy een, groot pan gebruik en elke item in sy eie hoekie gelyk braai.
Braai die nektarien, aspersies, soetrissie en fetakaas – elk in sy hoekie.
Plaas die aspersies op 'n bordjie waarop jy sous sal kan opvang. Sprinkel dit dan met suurlemoensap, balsemieke asyn en sout en varsgemaalde swartpeper. Dit maak 'n heerlike slaaisous.
Pak die slaaiblare op 'n bord en rangskik eers die aspersies daarop met al hul sous. Rangskik dan die res van die bestanddele bo-op en geniet.

Waatlemoen-, feta- en komkommerslaai
Die slaai is nie die maklikste om voor hoeveelhede te gee nie – mens maak dit maar net en soos hy kom, kom hy en dis altyd genoeg! Soms is dit te veel, maar ek geniet dit so dat dit dan eintlik genoeg word. Die is 'n heerlike, knarsvars somerslaai.
waatlemoen, in blokkies gesny
komkommer, in lang repe gesny met 'n groenteskillertjie
groen soetrissie, in dun repies gesny
fetakaas, in wiggies gesny
vars kruisementblare
varsgemaalde swartpeper
Meng die waatlemoen, komkommer, soetrissie en fetakaas. Skeur vars kruisementblare oor en sprinkel met swartpeper.

Geroosterde groente met gesmelte kaas
groot, bruin sampioene, in kwarte gesny
murgpampoentjies, in 2 cm-stukke gesny
aspersies, onderpunte afgebreek waar dit knak
robotsoetrissies, in blokkies van 2 cm gesny
'n eetlepel of twee balsemieke asyn
5 ml gedroogde origanum of basiliekruid, of 15 ml vars
sout en varsgemaalde peper
fetakaas, of mozzarellakaas
Voorverhit die oond tot 200 °C. Kry 'n oondpan.
Gooi al die groente daarin en rooster vir 10 minute.
Geur met asyn, kruie en sout en peper.
Breek fetakaas in blokkies of gebruik stukkies, of gerasperde mozzarellakaas.
Spasieer die kaas mooi op die groente, dan sal jou pan nie so vuil word nie!
Bak dan vir nog 5 -8 minute tot die kaas gesmelt het.

5 ml mayo-hoender
Sommige diëte laat jou 5 ml laevet-mayonnaise toe. Die 5 ml, letterlik, kan jy geur en dan 'n hoenderborsie daarmee bedek, voordat jy dit braai. Onthou om die hoenderborsie met sout en peper te sprinkel voor jy dit verder geur.
Geur die mayonnaise so:
* Vir tikka-hoender: voeg 2,5 ml kerriepoeier, en 1 ml elk paprika en borrie by.
* Vir Mediterreense hoender: voeg 'n skeut suurlemoensap en 15 ml vars, of 5 ml gedroogde oreganum by.
* Vir hoenderschnitzel: slaan 'n crackerbread in krummels; bedek die hoender in mayonnaise en bedek dit dan in die krummels.

Tikka-hoenderslaai
1 tikka-hoenderborsie (sien bo)
130 g slaai-bestanddele, soos:
blaarslaai
kersietamaties
mange tout-ertjies, halveer
sprietuie, gekap
Sny die gebraaide hoenderborsie in skyfies.
Maak 'n gemengde slaai en lê die hoenderstukkies daarop neer.
Vir 'n vinnige slaaisous: Meng 15 ml jogurt, 5 ml asyn en twee gekapte slaai-uie

Roerbraai
Roerbraai is sekerlik een van die maklikste goed om te maak. Jy gooi net vleis in groente bymekaar in 'n pan, braai en klaar.
Dit kan ook maklik verkeerd gaan. Kry jou groente en vleis voor die tyd reg, sodat alles gereed is om te braai. Dis belangrik dat jy nie jou groente oorgaar maak nie, en dus ook nie jou vleis nie.
Geur jou roerbraai goed om te verseker dat jy nie moeg raak daarvoor nie.
In die geval gebruik jy vars basiliekruid en balsemieke asyn. 'n Besliste wenkombinasie.

Basiliekruid-roerbraaihoender met sampioene, kersietamaties en mangetout
Vir 1 persoon:
1 hoenderborsie, in repies gesny
kwart van 'n ui, in skyfies gesny
3 sampioene, in skyfies gesny
5 kersietamaties, gehalveer
3 mangetout-ertjies, in repies gesny
50 ml vars, gekapte basiliekruid
15 ml balsemieke asyn
sout en varsgemaalde swartpeper
Braai eerste die hoenderrepies tot hulle goudbruin is. Verwyder van die hitte.
Braai dan die groente tot hulle begin kleur kry en voeg weer die hoender by.
Voeg die basiliekruid en asyn by en geur verder met sout en peper.
Braai net totdat die asyn weggekook het. Eet dadelik.


FIND OUT HOW TO EAT THE FOOD YOU LOVE IN MUCH HEALTHIER WAY

Picture
Household tip type: In the Kitchen
Sometimes it can seem like a huge task to start cooking in a healthy way, especially if you’re used to cooking with lots of oil and fat. But choosing healthy, lower-fat cooking methods is a practical way of making sure we get the nutrients we need without the added kilojoules.
Believe it or not, healthier cooking methods don’t need to mean boring, tasteless meals! Nutritious meals can be easy and delicious, and even your favourite recipes can be revamped.

Here are some ideas:

Never deep-fry food.

Roast or grill lean meat on a rack so that any excess fat drips off the meat.

Sauté foods in a little water or vegetable stock, instead of in oil or butter.

Always remove skin from chicken before eating it and trim all visible fat and skin from chicken when preparing a stew or a casserole.

Extend meat in recipes by slicing it thinly and combining it with legumes or vegetables.

Instead of cream, use low fat evaporated milk or plain fat free yoghurt.

Replace sour cream in recipes with plain yoghurt.

To make lower fat mashed potato, mash the cooked potatoes in 100ml of the water it was cooked in. Fat free milk can then be added optionally.

To add moisture to your food, use oil-free dressings, cottage cheese, chutney, tomato sauce or a homemade vegetable-tomato sauce instead of adding extra fat.

Refrigerate stews, curries, soups and gravies after preparation and then remove the hardened layer of fat from the surface before reheating and serving.

For lower fat desserts, choose fresh fruit salad or sorbets instead of creamy, sugary options.

For an easy and delicious meal, fill a baked potato with:

Cottage cheese mixed with parsley, chopped chives and gherkins.

Cold cooked chicken mixed with a little low-oil mayonnaise, plain yoghurt and peppadews.

Tuna (in brine) mixed with chopped tomato, onion and a little low-oil mayonnaise.

Baked beans (mixed with a little chopped chilli for extra zing!)

A high fat diet can increase the risk of gaining excess weight and developing diseases, such as hypertension, diabetes and certain cancers. Eat a lower fat diet and you’ll be amazed how healthy you feel!

P&P Recipes


10 RIGLYNE VIR 'N GESONDE LAE STYSEL LEEFSTYL

Picture
Daar is al vir langer as ‘n dekade  ‘n groeiende neiging tot die nastreef van ‘n  gesonder leefstyl, tog is  daar maar min van ons wat dit handhaaf. Lees hier hoe jy ‘n gesonde  leefstyldieet kan begin, wat op jou gesondheid fokus.
Lees Sewe dae sonder  stysel vir  ‘n volledige eetplan  vir een week, sowel as al die resepte en tonne  wenke sodat jy nóú kan begin om  gesonde eetgewoontes aan te kweek.
1. Bly weg van verfynde kos
Die  mikpunt van die eetplan is om jou weg te laat bly van  verfynde meel en suiker –  dus witmeel en witsuiker – en geprosesseerde  kos. Dis nie gesond nie.
As  jy vir net ‘n oomblik aan witmeel en witsuiker dink, sal jy  besef hoekom. In  die vervaardiging daarvan word al die “goeie” dele  verwyder. In die geval van  witmeel, word al die voedingryke vesel  verwyder, terwyl die melasse verwyder  word om witsuiker te maak.
‘n  Verdere ontsteltenis is dat alle bruinsuiker ook nie goed is vir  jou nie, aangesien  alle suiker, tydens die vervaardigingsproses, eers  witsuiker gemaak word,  voordat die melasse in verskillende grade  bygevoeg word om die verskillende  bruinsuikers te maak. In dieselfde  asem let ook op dat volkoringmeel eintlik  geprosesseerde witmeel is wat  met semels verryk is. Geeneen van die produkte is  dus nog regtig in  hul “natuurlike” vorms nie.
Eintlik  is dit dus ook geprosesseerde kos. Ander geprosesseerde kos, soos ready made meals en blikkieskos bevat  dikwels modified starch en ander  toevoegsels, wat veroorsaak dat jy nie in beheer is van wat en hoeveel jy  daarvan inkry nie.
2. Beperk proteïene
Mens  moet sommer aan die begin al besef dat die brood en  pasta wat jy opgee, nie  deur proteïene, in die vorm van vleis en  hoender, vervang word nie. Die dieet  noop jou juis om meer groente en  vrugte te eet.
Probeer  om elke ete tot een soort proteïen te beperk. Proteïene kan  in die vorm van  kaas, eier, hoender, vis, seekos, beesvleis en  wildvleis geneem word. Hoender  moet van vel en been verwyder wees.  Ander vleise moet sonder vet wees. Vermy  olierige visse, soos makriel  en sardiens.
3. Moenie stysel ignoreer nie
Stysel kry baie moeilikheid – maar dis nie net sleg nie.  Nie net kom dit in jou  groente en vrugte voor nie, die oorhoofse  meerderheid van lae 
koolhidraat-eetplanne laat ook crackerbread, ryvita, provita en soms ryskoekies toe. Dit sal help dat jy nooit honger ly  nie. Kyk  ook na lyste met lae GI-kosse, wat die “beter” stysel aan jou sal   uitwys.
4. Eet groente en vrugte
Soos  reeds genoem kan jy op die eetplan verwag om meer groente en vrugte te eet.
Vir  ‘n dieet wat gefokus is op gewigsverlies, moet jy egter ook jou  vrugte tot twee ‘n dag beperk, aangesien vrugte baie suiker bevat. ‘n  Vrug is heerlik vir ‘n  teetyd-snack.
 5. Drink genoeg water
Daar  word aanbeveel dat mens 6 – 8 glase water per dag  drink. Eintlik is dit vir  enige gesonde leefstyl belangrik, ongeag of  jy op ‘n dieet is of nie.
Bekyk  net eendag na ‘n uitsonderlike warm somersdag na jou tuin. Alles hang van  verleptheid – dit lyk omtrent bedroef.
Met  die besef dat jou liggaam en die aarde beide om en by uit 70 %  water bestaan,  maak dit sin dat mens die water in jou liggaam ordentlik  moet opvul.
6. ‘n Ou soetigheidjie
Vermy  suiker, en gebruik eerder versoeter in jou koffie,  tee en kos. Jy kan ook  vrugte in jou kos gebruik om dit op ‘n meer  natuurlike wyse te versoet.Uit ‘n gewigsverlies-oogpunt sal dit ook ‘n goeie idee wees om melk uit jou koffie 
en tee weg te laat.In  dieselfde asem word dieetkoeldranke toegelaat – diëte laat meesal ongeveer 1  liter dieetgaskoeldrank per dag toe.
7. Gaarmaak en olie
Probeer  sover as moontlik om nie olie te gebruik nie. Skaf vir jou ‘n goeie non-stick-pan aan, wat sal maak dat jy  nie eens olie benodig nie. Kyk
ook uit vir silikon-liners wat jy in panne en oondpanne kan sit om sodoende dan ook nie  olie te gebruik nie.
Nog  ‘n goeie metode om jou oliegebruik te verminder is om 5 ml met  ‘n maatlepel af  te meet en net dit te gebruik om jou kos in te braai. 5  ml olie
kan ‘n  verbasende ver pad stap! Gebruik dan water wanneer dit  wil vasbrand. Gebruik  verkieslik olyfolie of canola-olie,  of spray ‘n cook.
8. Geur jou kos
Mense  het ‘n geneigdheid om te dink dieetkos is altyd bland.  Gebruik vars kruie, speserye en asyn om jou kos op te  kikker.
Dikwels  is balsemieke asyn en basiliekruid al wat mens nodig het in ‘n   roerbraai, terwyl jy ‘n geurige gereg kan voorsit deur ‘n paar speserye  saam te braai.
Brei  jou kennis oor speserye uit  en plant jou eie kruie.
Pasop  egter vir gekoopte speserymengsels. Dikwels kan mens skaars  een of twee van die  bestanddele herken.
9. Wees kreatief
Hou  jou kos interessant, anders gaan jy beslis daarvoor  moeg raak. Daar is geen  rede hoekom jou slaai altyd uit dieselfde  bestanddele moet bestaan nie. Gebruik  vrugte in jou hoofetes om  verskeidenheid te verseker. Daar is baie webwerwe op  die internet wat  gewy is aan lae koolhidraat-resepte. Kyk ook na blogs van mense wat op ‘n soortgelyke  dieet is.
10. Kweek goeie gewoontes
‘n  Dieet kan jou dikwels soos ‘n kluisenaar laat voel, uitgesluit van die wêreld,  want verleiding lê om elke hoek en draai.
Elke  keer as jy eet, veral as jy uiteet, is dit ‘n keuse wat jy maak tussen gesond  en ongesond.Die  idee is dus dat jy moet verstaan wat gesond is, en wat ongesond  is. Gewoonlik  is die uitdrukking “gesondheid uit die grond uit” ‘n  goeie aanduiding, terwyl  jy alles wat eers deur ‘n vervaardigingsproses  moet gaan met meer agterdog moet  bejeën
Bron: Wilna Myburgh
Plasing: Henriette Wessels

Picture
VETVERBRANDINGS DIEET:

Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E S O P!!! . Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kaloriee byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.

DAG 1
Eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.

DAG 2
Eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beide as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met ’n GROOT! Gebakte aartappel en botter.

DAG 3
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil. Moenie ‘n aartappel eet nie. (Teen hierdie tyd behoort jy 2 – 3kg te verloor het as jy nie gekul het nie.)

DAG 4
Eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoe kaloriee en koolhidraad inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodige hê om die “cravings” teen te Kant.

DAG 5
Eet sop, biefstuk/vis/hoender en tamaties. Jy mag 500g biefstuk/vis/hoender eet en 6 tamaties.

DAG 6
Eet sop, groente en biefstuk. Jy mag soveel eet soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.

DAG 7
Eet sop, bruinrys en groente – soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.

Teen hierdie tyd behoort jy 5 – 8kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Jy kan solank aanhou met die diet as wat jy wil. Hierdie diet is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaaam van gifstowwe te reinig. Dit is heeltemal veilig – dit word immers vir hartpasiente gebruik voor ‘n groot operasie. Dit is belangrik dat jy ten minste 24 uur voor jy alkohol inneem met die diet staak.

Jy kan slegs EEN van die biefstuk dae vervang met hoender of vis.

ONTHOU: HOE MEER JY VAN DIE SOP EET, HOE MEER SAL JY VERLOOR!

BASIESE SOP:
900g Tamaties
6 Uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies
1 Pakkie Wit Uie Sop
1 Bondel Seldery
2 Blikkies Groenboontjies
1 1/2kg Wortels
1 Groenpepper
METODE:
Geur met sout, peper en pietersielie.
Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10 minute en verlaag dan die temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is. Eet die sop soveel as wat jy wil wanneer jy honger voel – so as jy heeldag honger voel E E T D I E S O P!!! . Eet soveel soos wat jy wil en wanneer jy wil. Die sop sal nie kaloriee byvoeg nie. Hoe meer jy eet hoe meer sal jy verloor. Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvrye (skimmed) melk wees. Jy moet 6 – 8 glase water per dag drink.

SUIWELVRY:

SUIWELVRYE SAGO POEDING

Picture
SUIWELVRYE SAGO POEDING
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 160 ºC
1 liter vanieljegeur-sojamelk
250 ml sago
1,5 ml fyn neutmuskaat
1 kaneelstokkie
250 ml suiker
75 ml suiwelvrye margarien
5 ml vanieljegeursel
4 groot eiers, geskei
75 ml gladde appelkooskonfyt
METODE:
Verhit die melk tot net voor kookpunt. Voeg die sago, speserye en 2 ml sout by. Laat prut vir 10 minute oor ’n lae hitte tot die sago deurskynend is.
Voeg 125 ml van die suiker, die margarien en die vanieljegeursel by en roer goed.
Haal van die plaat af en roer die eiergele by tot goed gemeng. Gooi in ’n liggies gesmeerde oondbak. 
Skep die appelkooskonfyt oor.
Klop die eierwitte styf. Klits die orige 125 ml suiker ’n lepel op ’n slag daarby. 
Smeer oor die sago en bak vir 40 minute of tot gestol en ligbruin aan die bokant.
Bron: Idees/ Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

MEDISYNE & GESONDHEIDS DRANKIES & TEE 

HOESSTROOP

Picture
RESEP 1:
Neem 'n glas fles en meng die volgende saam daarin:
1 botteltjie Turlington
1 botteltjie Borsdruppels
1/2 potjie heuning
Meng goed en hou die fles toe, seel dmv gebruik te maak van 'n plastiek sakkie tussen prop en bottel te plaas , help met die seelproses
Eet so eetlepel op 'n slag 3 keer per dag
RESEP 2 :
1 pond heuning
1 klein bottel gliserien
1 lennon paragorie
1 lennon pepperment
1 lennon borsdruppels
50ml brandewyn
Meng baie goed saam en drink eet lepel vol 3 keer n dag!
Bron: Onbekend



Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.