BOEREWORS OP 'N STOKKIE
BOEREWORS OP 'N STOKKIE
300 ml mieliemeel of polenta
150 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
5 ml braaispeserye
2 eiers
200 - 250 ml melk
genoeg olie vir diepbraai
8 stukkies boerewors (sowat 500 g), almal dieselfde lengte
'n bietjie koekmeel om wors in te rol
sosatiestokkies
MOSTERDSOUS:
125 ml geel soet mosterd
30 ml gekapte Peppadews
METODE
Braai wors in 'n pan met 'n bietjie olie en laat dit afkoel.
Gooi die mieliemeel, koekmeel, bakpoeier en speserye in 'n bak.
Klits die eiers en 200 ml van die melk saam en voeg by die meel.
As die mengsel te dik is, voeg nog 'n bietjie melk by.
Verhit die olie in 'n diep pan (Ek vind 'n wok werk die beste ).
Steek lang sosatiestokkies in al die stukkies wors.
Druk die wors in die beslag en laat die oortollige beslag afloop.
Dompel die wors met die deegbeslag in die warm olie en braai.
Draai die boerewors gereeld om sodat dit aan alle kante kan braai.
Sodra dit goudbruin is, verwyder uit die olie en dreineer op kombuispapier.
Ek vind dat ek slegs 2 van die stokkies op ‘n slag in die olie kan hanteer.
Werk baie versigtig met die warm olie.
MOSTERDSOUS:
Meng die mosterd en peppadews en dien op in 'n bakkie saam met die warm koringhonde.
Bron: Nina Timm / RSG
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BOEREWORS / BRATWURST TERT MET MOSTERD KORS

BESTANDELE VIR 12 PORSIES
250 g meel
sout
125 g botter of margarien
3 eier (s)
1 bossie grasuie
150 g crème fraîche/suur room
4 eetlepels korrel mostert
600 g Bratwurst/Boerewors
Komyn, fyn
VOORBEREIDING:
Meng meel, sout en komyn, voeg botter / margarien (in klein stukkies) en 1 eier by.
Verwerk tot 'n gladde deeg. Plaas deeg in foelie en vir sowat 30 minute in die koelkas.
Plaas die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak, rol dit rond uit, sodat dit in' n gesmeerde losboompan
(ongeveer 26 cm in deursnee) pas (dit werk ook in 'n tert pan).
Vorm n rand en prik die bodem verskeie kere met 'n vurk. Rol die wors op en plaas dit op die deeg.
Sny die grasuie in ringetjies.
Meng die Crème fraîche/suur room, mosterd, en 2 eiers, roer die grasuie by. Smeer die mengsel egalig oor die wors.
Jy kan ook kleiner tertjies maak
Verhit die oond to 200 º C (Termo-fan175 º) en bak die tert vir ongeveer 40 minute tot goudbruin.
WENK: Sit voor saam met n lekker groen slaai en n lekker koue bier.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BOEREWORS KERRIE
BOEREWORS KERRIE
1 ui, gekap
30 ml olie
2 groen brandrissies, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 ml gemaalde koljander
10 ml komyn
2 ml borrie
15 ml kerriepoeier
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
250 ml water
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
500 g gaar boerewors, in klein stukkies gesny
Gekapte, vars pietersielie na smaak
METODE:
Braai die ui in die olie tot sag.
Voeg die brandrissies, knoffel, koljander, komyn, borrie en kerriepoeier by en braai vir 3-5 minute.
Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt.
Prut vir 25 minute tot die sous lekker afgekook is. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker.
Voeg die boerewors by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir ongeveer 15 minute.
Roer gekapte pietersielie by en sit voor op rys of pap.
Lewer ses porsies.
Bron: ARINA DU PLESSIS
Plasing : Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BOEREWORS ROL
BOEREWORSROL
Genoeg vir 4 mense.
1 boks blaardeeg
1 fles uiemarmelade
500 g boerewors - gebraai
1 eier - geklits
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met koekmeel bestrooi is.
Smeer die marmelade oor en los ’n paar millimeter oop aan die een punt.
Sny die wors middeldeur sodat jy 2 ewe groot stukke het.
Sit een stuk van die wors op die deeg en rol die deeg tot die wors bedek is.
Sit die 2de stuk wors op en rol dit saam met die eerste een.
Sit die worsrol op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is.
Verf die bokant van die worsrol met die eier en bak dit vir 20 - 30 minute in die oond of tot die deeg goudbruin is.
Sit voor saam met ’n slaai.

BREYANI MET WORS
BREYANI MET WORS
1-2 kg boerewors, in stukke van sowat 3-5 cm gesny
825 g-blik perskeskywe, gedreineer
sout en peper na smaak
2 kop rys
½ kop bruin lensies
3 groot uie, in ringe gesny
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
olyfolie
4 e (opgehoop) kerriepoeier (matig of warm)
1 teel borrie
1½ kop Mrs Ball’s-blatjang
1 kop water
METODE:
Sit die boerewors in ’n oondvaste bak en gooi die perskeskwye bo-oor.
Geur na smaak met sout en peper en gooi dan die rys en lensies oor die wors en perskes.
Braai die uie in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Roer die soetrissie by.
Voeg die kerriepoeier, borrie, blatjang en water by.
Meng goed, verwyder van die hitte en gooi oor die boerewors-mengsel.
Maak seker die rys en lensies is bedek met die vloeistof (indien nie, voeg nog water by).
Bedek die bak met foelie en bak vir 45 min. teen 180 °C totdat die boerewors, rys en lensies gaar is.
Al die vloeistof moet geabsorbeer wees (indien nie, sit die bak terug in die oond en bak onbedek vir nog 15 min.).
Sit die breyani voor met sambals.
Bron: mammuskitchen

FRITTATA MET BOEREWORS
BOEREWORS FRITTATA
15 ml (1 e) olyfolie
500 g boerewors
4 groot aartappels, gekook en in skywe gesny
60 ml (¼ k) gekaramelliseerde uie
200 g (2 wiele) fetakaas, gekrummel
5 eiers, geklits saam met 60 ml (¼ k) melk
sout en peper
METODE:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Voer ’n 20 cm-koekpan met tinfoelie uit.
Verhit die olie en braai die wors tot goudbruin en gaar.
Pak lae aartappel, uie, wors en fetakaas in die koekpan.
Geur die eiermengsel met die sout en peper en giet in die koekpan.
Bak 30 minute in die verhitte oond of tot gestol.
Laat effens afkoel en sny in skywe.
Sit voor saam met tamatieslaai.
Bron: Huisgenoot

GEBRAAIDE BOEREWORS EN FYN-AARTAPPELS
GEBRAAIDE BOEREWORS EN FYN - AARTAPPELS
(4 porsies)
8 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
2 pakke dun boerewors van jou keuse
sonneblomolie om die wors in te braai
40 ml botter
sowat 200 ml warm melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Bring water in ’n kastrol tot kookpunt en kook die aartappels.
Vorm agt klein spiraaltjies met die wors en ryg hulle op sosatiestokkies. Verhit ’n klein bietjie sonneblomolie in ’n pan en braai die wors-spirale daarin oor lae hitte tot gaar.
Dreineer die aartappels wanneer hulle sag is. Druk fyn.
Voeg die botter by en meng goed deur. Voeg nou net genoeg warm melk by om die gewenste dikte tekry. Geur met sout en swartpeper en sit voor saam met die wors.
Bron: Weg

KEKER ERTJIE WORS BREDIE
KEKER ERTJIE WORS BREDIE
10 ml (2 t) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, gekap
225 g chorizo-wors, opgesny
1 blikkie (410 g) gekapte tamaties
5 ml (1 t) gerookte paprika
5 ml (1 t) braaispeserye
15 ml (1 e) suiker
sout en peper na smaak
1 blikkie (410 g) keker-ertjies ("chickpeas")
gekapte koljander
METODE:
Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui, soetrissie en knoffel tot die uie deurskynend is.
Voeg die chorizo-wors by en panbraai sowat vyf minute
Voeg dan die tamaties, speserye, suiker, sout en peper by en laat 5 minute saggies oor lae hitte kook.
Voeg die keker-ertjies by en laat 2-3 minute saggies kook tot dit warm is.
Strooi koljander oor en sit voor saam met rys.

SPAGHETTI MET WORS, FETA, KAAS EN OLYWE
SPAGHETTI MET WORS, FETA, KAAS EN OLYWE
Spaghetti
Boerewors
Calamata Olywe
Feta Kaas
Basielkruidblare
Pakkie Tamatie Pasta
METODE:
Kook ongeveer 150 g spaghetti.
Terwyl dit kook sny jou wors van keuse in skyfies (maak wors klaar gaar).
Ontpit calamata-olywe en sny in die helfte.
Breek die fetakaas in blokkies en kap ‘n handvol vars basiliekruidblare fyn.
Maak ‘n pakkie tamatiepastasous aan, of kry jou gebottelde tamatiepastasous uit.
Wanneer die spaghetti gaar is, gooi die water af.
Gebruik nou die kastrol en begin deur die tamatiesous daarin warm te maak.
Voeg ‘n paar lepels blatjang en die worsskyfies by en meng die spaghetti in.
Roer deur tot alles lekker warm is.
Voeg sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by.
Meng die olywe deur, sprinkel die fetakaas en basiliekruid in en jy is gereed vir eet.
Bron; Jou wêreld

SUURROOM BOEREWORS
Boerewors is so eie aan Suid- Afrika soos Minki en Madiba, maar jy kan meer daarvan maak as net ’n boereworsrol.
1 kg boerewors
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
25 ml (5 t) fyn gekapte knoffel
2 middelslag-tamaties, ontvel en in blokkies gesny
5 ml (1 t) droë tiemie
45 ml (3 e) bruinsuiker
250 ml (1 k) suurroom
METODE:
Braai die wors tot goudbruin buite, maar nog sappig binne.
Skep uit die pan en sny in 5 cm stukkies.
Plaas terug in die pan en voeg die olyfolie, uie en knoffel by.
Voeg ook die tamaties, tiemie en suiker by.
Laat 10 minute prut.
Roer die suurroom by en laat nog 15 minute prut.
Sit voor saam met stywepap en ’n groenslaai (as jy in die hande kan kry)
Bron: Johan Badenhorst - Voetspore

TAMATIE BLATJANG VIR BOEREWORS
TAMATIE BLATJANG VIR BOEREWORS
BESTANDELE:
1 pak boerewors (ongeveer 500 g)
Blatjang
1 skeut olyfolie
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 g ryp tamaties (ongeveer 6 – 8), afgeskil en gekap
1 rissie, gekap
1 koppie sagte bruinsuiker
125 ml rooiwynasyn
2 steranys
1 knippie sout en gemaalde peper
METODE:
Verhit die olie in ’n pan en braai die ui.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Voeg die oorblywende bestanddele by en kook die mengsel totdat dit die tekstuur van blatjang het.
Laat dit afkoel en plaas in gesteriliseerde bottels en verseël, of bedien saam met boerewors.
Draai die boerewors in kleiner worsies, ongeveer 4-5 cm elk, of bind dit met tou.
Braai oor medium kole tot gaar.
Bron: Pick a Pay Resepte

SOSATIES MET BOEREWORS
VINNIGE BOEREWORS SOSATIES
500 g boerewors
1 houer (250 g) kersietamaties
30 ml olyfolie
15 ml worcestersous
5 ml Dijon-mosterd
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Gekapte, vars pietersielie, om af te rond
METODE:
Gebruik ’n skerp, getande mes en sny die boerewors in hapgrootte-stukkies. Ryg die worsstukkies (deur die vleisgedeelte, nie deur die derms nie) afwisselend met die tamaties op sosasatiestokkies. As jy houtsosatiestokkies gebruik, draai die oop punte van die stokkies met foelie toe om te keer dat dit brand op die vuur.
Meng die olie, worcestersous, mosterd, sout en peper en verf die sosaties daarmee. Braai (of oondrooster) tot die wors gaar is en die tamaties se skilletjies bars. Sprinkel pietersielie oor. Sit warm voor. Lewer tien sosaties.
Bron: ARINA DU PLESSIS
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

WORSGEBAK
WORSGEBAK
Bedien 5 – 6 persone.
BESTANDELE:
500 g varkworsies, gehalveer
750ml (3k) rys, gekook.
400g (1 bl) tamatiesop
1 klein blikkie gemengde groente, gedreineer.
1 ui, fyn gekap
750 ml (3k) water
sout en vars gemaalde swart peper na smaak
METODE:
Verhit die oond tot 200⁰C en smeer `n groot oondbak.
Sit die gehalveerde worsies in die voorbereide bak.
Meng die res van die bestandele en gooi oor die worsies.
Bak onbedek vir 20 minute of totdat die meeste vog verdamp het.
Bron: Radio Namakwaland
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
WORSGEBAK
Bedien 5 – 6 persone.
BESTANDELE:
500 g varkworsies, gehalveer
750ml (3k) rys, gekook.
400g (1 bl) tamatiesop
1 klein blikkie gemengde groente, gedreineer.
1 ui, fyn gekap
750 ml (3k) water
sout en vars gemaalde swart peper na smaak
METODE:
Verhit die oond tot 200⁰C en smeer `n groot oondbak.
Sit die gehalveerde worsies in die voorbereide bak.
Meng die res van die bestandele en gooi oor die worsies.
Bak onbedek vir 20 minute of totdat die meeste vog verdamp het.
Bron: Radio Namakwaland
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
WORS & AARTAPPEL GEREG
WORS & AARTAPPEL GEREG
1kg wors Gaar
4 groot aartappels Gaar
5 eiers (gaar)
700ml Witsous met Kaas
1 ui gesnipper en gebraai.
1 kop Cheddar Kaas gerasper
METODE:
Sny gaar wors in stukke en dan weer in die helfte deur. (Lang werpig)
Sny aartappels skywe
Pak in lae, wors, aartappels, gesnipperde uie, eier, gooi witsous oor en dan die kaas.
Bak vir ongeveer ½ uur in matige oond van 180°C
Dit is baie lekker ek bedien dit altyd saam met 'n slaai of groente.
Vlieg vinnig uit die bak.
Hierdie resep het ek by my ma se oorlede vriendin Sarie Bosch gekry. en ons maak dit al vir jare almal baie lief daarvoor.
Bron: Sarie Bosch
Plasing & Foto: Elsa Saayman / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

WORS MET RYK POLENTA
WORS MET RYK POLENTA
6-8 PERSONE
’n Bak polenta kan ’n maal op sy eie wees met tamatiesmoor of gebraaide sampioene, en spek of varkworsies. Jy ook gewone mieliepap gebruik.
JY BENODIG:
3 koppies melk
1 koppie fyn polenta
2 koppies kookwater
sout na smaak
gemaalde swartpeper
5 eetlepels botter
½ koppie roomkaas (plus ekstra)
2 hande vol parmesaankaas
1 koppie mieliepitte of suikermielies (opsioneel)
gebraaide wors van keuse
SO MAAK JY:
Kook die melk in ’n pot. Gooi die polenta in ’n dun straaltjie by terwyl jy vinnig roer (’n handklitser werk die beste). Gooi die kookwater by en hou aan roer. Dit behoort na 25 minute gaar te wees.
Gooi die res van die bestanddele by en proe. Net voor jy dit opdien, roer nog water of melk deur om dit weer slap soos pap te maak.
(As die polenta te lank staan, gaan dit heeltemal styf raak. Maak dit dus verkieslik net voor etenstyd.)
Sit voor in ’n groot bak of potjies met ekstra roomkaas en warm gaar wors
POLENTA
Giet die melk in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper.
Giet die polenta by die verhitte melk en klits goed. Verlaag die hitte en roer die polenta met ‘n houtlepel tot dit verdik.
Roer die room, parmesan en botter by.
Giet die polenta in ‘n groot opdienbak, maak ‘n holte in die middel en skep die boereworsmengsel daarin.
Garneer met ekstra vars kruie.
Bron; Onbekend

WORS MET RATAOUILLE
WORS MET RATAOUILLE
300gr Boerewors
RATATOUILLE
1 ui fyngekap
15ml kookolie
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 eiervrug, in skywe gesny
125ml jong murgpampoentjies, in skywe gesny
5ml sout
1ml varsgemaalde swartpeper
2ml droë origanum
METODE:
Plaas wors in 'n koue riffelpan. Verhit geleidelik en rooster tot amper gaar
Hou eenkant warm
Sorteer ui in verhitte kookolie
Voeg tamaties, eiervrug, murgpampoentjies en geurmiddels by en prut stadig tot sag
Voeg boerewors by en prut sowat 5 minute saam
4 porsies
Bron: Biltong en Droëwors - Rooivliesbedryf
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

WORS STROGANOFF
WORS STROGANOFF
BESTANDELE:
1 eetl olyfolie
8 varkworsies
4 repe spekvleis, gekap
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g sampioene, gesny
250 ml beesvleisaftreksel
60 ml tamatiepasta
1 teelepel paprika
60 ml gewone jogurt
METODE:
Braai wors tot gaar en mooi bruin.
Sny elke wors in 3 of 4 stukke en sit eenkant.
Voeg olyfolie 'n pan en braai uie tot sag.
Voeg spek en knoffel by en braai tot spek gaar is.
Voeg sampioene by en braai vir ongeveer 5 minute of totdat sampioene sag is.
Voeg beesvleisaftreksel, tamatiepasta en paprika by en bring tot 'n prut, roer goed.
Voeg gaar wors stukke by en prut vir 'n paar minute.
Roer jogurt by, meng goed en prut tot deurwarm.
Sit voor saam met kapokaartappels of rys.
Bron: Rens

WORS EN AARTAPPEL TAMATIEPOT
WORS EN AARTAPPEL TAMATIEPOT
Slow-Cooker
1kg wors in stukke gesny
2 Aartappels in kwarte gesny
2 Uie in stukke gesny
1 blikkie Tamatie Relish
2 e Groente soppoeier
1 k Hoender aftreksel
Sweet-Chillie sous
Sout en peper
METODE:
Braai wors vinnig in pan en skep uit ( nie heeltemal gaar nie)
Kook aartappels in Mikrogolf oond vir so 15min
Braai uie in dieselfde pan van jou wors halfgaar
Slow-Cooker toe
Pak helfte van aartappels
Pak helfte van Wors
Skep helfte van Relish
Herhaal die lae tot bo
Maak die soppoeier aan in die 1k Hoenderaftreksel en gooi bo-oor
Plaas n paar klein Tamties half gesny bo op en Drizzel n paar skeute Sweet-Chillie bo-oor en stel jou pot op High vir 4 URE of 6 URE op Low..
As jou sousie bietjie dun is maak so 2t Mielieblom aan en maak dit dikker
Bedien dit met rys of samp of Polenta (soos op foto)
Bron: Helena Kruger
Foto: Henriette Wessels

WORSPOT
WORSPOT
1 Pak Boerewors (sny in stukke)
1 Blik Tamatie en Uie Smoor
1 Blik Chakalaka (ek het hot & spicy gebruik)
1 blikkie Groentesop (opsioneel)
5 aartappels is groterig blokke gesny
1 Ui redelik growwe stukke gesny
1 eetl knoffel (fyn)
Sout & Peper
Olie vir braai
METODE:
Braai jou uie in bietjie olie net tot liggeel kleur
Haal uit die pot en braai dan jou stukkies wors tot dit 'n mooi bruin kleur het.
Sit uie terug in die pot en draai die hitte af (vir stadig kook)
Sit nou uie terug in die pot saam met wors en strooi knoffel oor. Pak aartappels bo-op die wors.
Gooi dan jou uiesmoor en Chakalaka bo-oor . Sout en grof gemaalde swartpeper na smaak.
Klein bietjie water (ongeveer 1 kop) en maak die pot toe en laat stadig kook vir ongeveer 3 ure. Moenie roer nie. Lig net so elke halfuur en keer om met 'n houtlepel (anders gaan jou wors stukkies nie heel bly nie)
Bedien met stampmielies, rys of wat ookal jy verkies.
Maklik en Heerlik
NOTA: Kan ook in jou slowcooker gemaak word! Ek het my stampmielies in die slowcooker gemaak en het dit gekook in 2 kop water en 1 blikkie Chicken broth. Dit gee die stampmielies 'n HEERLIKE smaak.
Lekker eet!
Foto: Jaenette Hough Meyer
Bron: Eie Resep
Plasing : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

WORSIES MET KAPOK AARTAPPELS
WORSIES MET KAPOK AARTAPPELS
Maak kapokaartappels – met ongeveer een aartappel per persoon.
As jy die tipe is – ek het om een of ander rede ‘n swakte daarvoor – maak ‘n pakkie Smash aan.
Met een porsie daarvan kan jy vir twee mense elkeen twee worsies maak.
Gewone Weense worsies of frankfurters is lekker vir die resep.
Sny die worsies in die helfte – nie middeldeur nie, net sodat jy dit kan oopvou soos ‘n boek.
Smeer mosterdsous, tamatiesous en blatjang in die middel van elke oopgesnyde worsie.
Pak die kapokaartappels daarop.
Sprinkel cheddarkaas oor en plaas in die mikrogolfoond of die oond om die kaas te smelt.
Twee worsies maak ‘n ligte aandete, veral as jy dit saam met ‘n slaaitjie opdien.
Bron: Jou wêreld