BUNNY CHOW
BUNNY CHOW
(4 porsies)
30 ml sonneblomolie
1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
1 ui, grofgekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml vinkelsaad, gestamp met stamper en vysel
10 ml komyn
10 ml koljander
15 ml garam masala
5 ml fyn kaneel
3 ml gemmer
3 kardemompeule
1 ml droë brandrissievlokkies
15 ml borrie
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blik (400 ml) klappermelk
sap van 1 suurlemoen
250 ml water
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 witbrode, om voor te sit
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis bietjie-bietjie en hou eenkant. Gebruik nog 'n bietjie olie (indien nodig) en braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en al die speserye by. Braai vir so een minuut. Voeg geblikte tamatie, klappermelk en suurlemoensap by. Voeg vleis en water by. Geur met sout en swartpeper. Plaas vir so 2 uur in warm oond totdat vleis lekker sag is. Hou dop - as die vloeistof wegkook, kan jy nog water byvoeg. Halveer brode en hol hulle uit. Skep van die kerrie in en sit 'n halwe gevulde brood per persoon
voor, met atjar en blatjang.
Bron: Barbara Joubert
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAM & SKAAP TJOPS:
APPELKOOS SKAAPTJOPS
Hierdie is 'n staatmaker vir Sondagmiddagete. Die van ons wat nie op 'n plaas bly en toegang tot 'n goedkoop skapie het nie - ons sal maar moet spaar vir daai kilo skaaptjops teen deesdae se pryse! Maar vir 'n spesiale ete is dit regtig heerlik.
1 kg skaap tjops
30 ml olie
30 ml botter
1 ui, fyn gekap
30 ml koekmeelblom
250 ml appelkoossap
sap van 1 klein suurlemoen
150 ml hoenderaftreksel
30 ml appelkooskonfyt
125 ml room
3 ml salie
sout indien nodig
vars gemaalde swartpeper
Geur die vleis met sout en peper en braai in olie tot bruin. Skep uit en hou warm.
Smelt die botter in dieselfde pan en soteer die ui tot sag. Voeg die koekmeelblom by. Roer tot ‘n gladde pasta en verwyder van die hitte. Voeg die appelkoossap by en roer goed. Plaas terug op die stoof en verhit tot die sous verdik. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Pak die vleis in 'n oondvaste bak met deksels en gooi die sous bo-oor. Sit die deksel op en bak in die oond teen 160 grade vir ongeveer 'n uur tot die vleis sag en gaar is.
WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

KERRIE TJOPS
KERRIE TJOPS
Hierdie resep kom oorspronklik van my ma Sophia Maria Schutte toe ek verloof geraak het in Koffiefontein 1984.
Jy benodig die volgende
vir +- 10 persone:
2-3kg (20) lamtjops;
3 Groot uie;
2 Groen Rissies;
2 Eetlepels Kerrie;
2 Eetlepels Borrie;
2-3 Lourierblare;
1 Eetlepel Mostert;
1 Koppie Bruinsuiker;
2 Eetlepels Appelkooskonfyt ( na smaak);
1 x Koppie Blatjang;
1 x Koppie Wit Asyn;
3 x Eetleepels Worchestersous
METODE:
Braai uie en Groen Rissies in botter tot goud bruin.
Wanneer goud bruin gooi al die ander bestanddele en laat prut oor lae hitte tot smaak.
Indien die sous waterig is vedik met meel soos nodig. Laat sous afkoel.
Neem die lamtjops en sit in ‘n bak wat kan seel, gooi sous oor en laat staan vir 4-5 dae voor braai.
Bykosse soos stywe pap, kapokaartappel met groenbone of braaibroodjies kan daarmee ge-eet word.
Lekkerste kerrietjops wat jy in die lewe ge-eet het, Vinger lek lekker
Bron: Pasella Resepte

KERRIE SKAAP BOUDTJOPS
KERRIE SKAAP BOUDTJOPS
4 skaap boudtjops/enige skaap/lam tjop sal werk
2 uie fyn gekap
1 desertlepel kerrie (neem minder as jy van nie te sterk kerrie hou nie)
Halwe desertlepel borrie
Sout en peper na smaak
2 eetl suiker
2 eetl chutney
2 eetl asyn
METODE:
Gooi alles in 'n koppie en maak koppie amper vol met water.
Gooi bietjie uie onder in casserol, pak tjops bo-op, gooi orige uie bo-op.
Gooi kerrie mengsel oor.
Bak met caseroldeksel op by 180C.
Eet saam met piesangslaai en rys want dit maak n lekker sous
Bron: Charne de Jager
Plasing: Charne de Jager / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAMCHOPS MET KRUISEMENTSOUS
LAMCHOPS MET KRUISEMENT SOUS
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 minute
Staantyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 15 minute
KRUISEMENTSOUS:
10 ml (2 t) gemaalde gemmer
80 ml (⅓ k) gekapte vars kruisement
60 ml (¼ k) gekapte vars koljander
1 groen brandrissie
2 ml (½ t) vyfspeserypoeier
15 ml (1 e) heuning
60 ml (¼ k) ryswynasyn
125 ml (½ k) olie
sout en peper
VLEIS:
6 lamstjops
METODE:
KRUISEMENTSOUS: Verwerk die sousbestanddele in ’n voedselverwerker tot ’ n gladde puree. Proe en pas die hoeveelheid geurmiddels aan na smaak.
VLEIS: Plaas die tjops in ’n seëlbare sak, giet 45 ml (3 e) van die kruisementsous in en laat ’n uur marineer in die yskas.
Voorverhit die rooster tot matig hoog. Rooster die tjops vyf minute weerskante.
Verplaas die tjops na borde en skep die oorblywende kruisementsous oor. Sit voor met rys.
Bron: Huisgenoot

TOP-LAMS-TJOPS
TOP LAMS TJOPS
Smullekker braaitjops.
Skuif ’n slag die braaisout opsy en maak jou eie geursout, geurmengsel of marinade vir ’n lams- of skaaptjoppie oor die kole.
Kruiemarinade
125ml olyfolie
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
60 ml vars uitgedrukte suurlemoensap
10 ml knoffelsout
3ml varsgemaalde swartpeper
45 ml gekapte, vars kruisement
30 ml gekapte, vars roosmaryn
1 kg lamstjops
METODE:
Meng allesvir die marinade saam. sit die
tjops in ’nverseëlbareplastieksakengooi
die marinade ook daarin. seël en verkoel
vir ongeveer een uur. Haal die vleis uit die
marinade, braai oor matige kole en geur
met sout en peper op die rooster. Lewer ses
porsies.
Bron: Landbou.com
JOEY KRUGER/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

TJOP-KASSEROLE MET MACARONI
TJOP KASSEROLE MET MACARONI
6 skaapboud tjops
sout en peper
koekmeel
250 ml water
75 ml Tamatiesous
25 ml Worchestersous
25 ml asyn
5 ml Suiker
250 ml Macaroni
1 ui gemaal of gerasper
Bietjie gerasperde kaas
METODE:
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Smeer ' n oondskottel met deksel
Geur die Tjops met sout en Peper
Rol elke tjop in die meel totdat dit bedek is
Plaas die tjops styf teenmekaar in die bak
Meng die water, tamatiesous, worchestersous en asyn en gooi oor tjops
Strooi die suiker bo-oor
Sit die deksel op en bakdie tjops 60-90 minute tot sag
Kook die Macaroni tot sag
Dreineer die mengesel goed
Skep die macaroni op die tjops en strooi bietjie kaas bo-oor en bak sonde deksel verder tot die gereg begin verbruin
Sit warm voor
Bron: Wenresepte
Plasing: Tiana Botes /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GEVULDE LAMS TJOPS
GEVULDE LAMS TJOPS
Maak seker die tjops wat jy kies, is nie te dun nie, anders gaan jy sukkel om dit te vul.
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: omtrent 10 minute
4 dik lamstjops
50 ml olyfolie
25 ml suurlemoensap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
100 ml gekrummelde feta
5 ml gedroogde origanum
5 ml gerasperde suurlemoenskil
6 ontpitte swart olywe, fyngekap
METODE:
Gebruik ‘n skerp messie om ‘n holte in die kant van elke tjop te sny.
Meng die olyfolie, suurlemoensap en die helfte van die knoffel. Gooi dit oor die tjops en laat dit eenkant mariner vir 10 minute.
Meng die res van die bestanddele, ook die res van die knoffel, en maak die vulsel.
Geur na smaak met vars gemaalde swartpeper.
Skep die vulsel met ‘n lepel in die holte van elke tjop en druk dit toe.
Rooster dit oor medium kole vir drie tot vyf minute aan elke kant tot mooi bruin en so gaar soos jy dit verkies.
Draai dit versigtig om om te keer dat die vulsel uitval.
BLINK idee
Maak seker die tjops wat jy kies, is nie te dun nie, anders sal jy sukkel om dit te vul.
Dit is die beste om jou slagter te vra om vir jou ‘n paar dik tjops te sny.
Bron: Idee

LAMTJOPPIES MET FETA KAAS
LAMTJOPPIE MET FETA KAAS
4 porsies
Verhit oond tot 200 °C.
Plaas 8 lamstjops in ’n bak en gooi 30 ml olyfolie en sap van 1 suurlemoen oor.
Geur met sout en peper.
METODE:
Verhit sowat 30 ml olyfolie in ’n pan (wat jy in die oond kan sit) en braai tjops weerskante tot net bruin.
Krummel 3 sirkels fetakaas en druk vas bo-op elke tjop.
Plaas in oond en rooster verder vir sowat 15 minute.
Sny ’n halwe komkommer en 1 rooi-ui in dun skywe.
Sit voor saam met tjops.
Bron: Sarie Kos

LAMRUGSTRING
LAMRUGSTRING
(4 porsies)
Lamsrugstring
1 takkie roosmaryn, fyngekap
2 handevol pietersielie, fyngekap
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Meng die roosmaryn, pietersielie en olyfolie saam tot ’n pasta.
Geur die lamsvleis met sout en varsgemaalde swartpeper.
Smeer die pasta bo-op die rugkant van die vleis.
Plaas dit op ’n bakplaat onder die roosterelement van jou oond.
Rooster die vleis vir sowat 15 minute - afhangend hoe gaar of pienk jy van jou lamsvleis hou.
Sit voor saam met Pastaslaai
250 g pastarys
10 kersietamaties, in kwarte gesny
4 spriet-uie, in skyfies gesny
100 ml olyfolie
sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper

LAM EN SKAAP NEK:
LAMSNEK STOWE GEREG
LAMSNEK STOWEGEREG
10-12 lamsnekskywe
3 groot uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekap
5 tamaties,gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml bruinsuiker
375 ml vleisaftreksel
6 aartappels,in kwarte gesny
METODE:
Verhit olie en verbruin die vleis daarin, skep dit uit en hou dit eenkant. Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot deurskynend.
Skep die vleis op die uie en plaas die tamaties op die vleis.
Geur met sout en peper en voeg die kruie en bruinsuiker by, asook die vleisaftreksel.
Plaas die deksel op en stowe dit totdat dit sag is - ongeveer 1en 1/2h Rangskik die aartappels bo-op en laat dit prut vir ongeveer 20 minute totdat die aartappels sag is.
Maak jou sousie dikker met bietjie Mielieblom as jy voel dit is te dun.
NOTA: Ek het ook al heel klein worteltjies bo-op my vleis gepak sodat dit saam met die vleis stowe en as jy nie tamaties het nie kan Tamatie pasta ook werk.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAMSNEK
LAMSNEK
1 lamsnek, in die lengte gesny
1 ui, opgekapte
2 wortels, in ringe gesny
1 fyngemaakte knoffeltoontjie
sout en peper na smaak
1 teelepel gemengde speserye
vars roosmaryntakkies
½ koppie water
METODE
Plaas uie en wortel onder in oondpan of swart skottel.
Sit lamsnek in pot.
Strooi knoffel, speserye, roosmaryn en sout en peper oor.
Voeg die water by.
Bak in oond teen 160 grade vir 2½ tot 3 ure.
Haal deksel af vir die laaste 15 minute en laat dit bruin word.
Maak 'n sousie met die vleissappe.
Jy kan aartappels ook halfpad by voeg.
Bron: RSG

SKAAPNEK IN ROOIWYN
SKAAPNEK IN ROOIWYN
BESTANDELE
4 skaapnekke, elk in drie stukke gesaag
4 heel knoffelhuisies
2 groen soetrissies, in repe gesny
4 wortels, geskil en in dik skywe gesny
2 groot uie, in ringe gesny
2 selderystingels, in ringe gesny
10 klein aartappels, geskil
2 lourierblare
5 ml suurlemoenpeper
5 ml koljander
2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
30 ml suiker
1 bottel (750ml) rooiwyn
30 ml brandewyn
125 g sampioene, elkeen gehalveer
190 g songedroogde tamaties
15 olywe
1 prei, in ringe gesny
METODE:
Plaas al die bestanddele, behalwe die sampioene, songedroogde tamaties, olywe en prei in ’n groot swaarboompot met ’n deksel.
Sit die deksel op en prut vir 1½ uur of totdat die vleis baie sag is. Moenie roer nie.
Voeg die res van die bestanddele by en prut nóg 45 minute. Sit voor met rys of kapokaartappels. Lewer ses porsie

SKAAPNEK MET GEDROOGDE NEKTARIENS
SKAAP MET GEDROOGDE NEKTARIENS
1.8 – 2 kg skaapstowevleis, skaapnek werk goed
2 mediumgrootte uie, in skyfies gesny
50 ml speserymengsel (SIEN RESEP ONDER)
1 blik klappermelk
500 ml water
2 – 6 gedroogde rooi rissies
50 g – 100 g gedroogde nektariens of perskes
METODE:
Gebruik ‘n swaarboompot om die kerrie te maak.
Verhit olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot goudbruin. Plaas eenkant in ‘n bak. Braai ui in dieselfde pan, en maak seker dat jy al die lekker skaapstukkies wat vassit onder in begin loskarring. Voeg dan 30 ml van die spesiale speserymengsel by en braai vir ‘n halfminuut tot al die uie bedek is. Gooi dan die klappermelk by en meng goed, voeg ook die water by en bring tot kookpunt
Gooi gedroogde rissies by – as jy van dit matig hou gooi net twee in.
Jy kan altyd later aan die sous proe terwyl dit prut en nog byvoeg of uithaal.
Skep die gebraaide vleis terug in die pot en prut vir twee ure.
Gaan loer net elke dan en wan of alles nog onder beheer is. Na twee ure kan jy begin kyk of die vleis al sag is, sprinkel nog 20 ml van die speserymengsel oor en gooi gedroogde nektariens by. Pas die hoeveelheid aan na gelang van jou liefde daarvoor. Laat dit nog ‘n ½ uur stadig prut voor jy opdien.
VIR DIE SPESERY MENGSEL:
5 ml swart peperkorrels
25 ml komynsaad
25 ml koljandersaad
15 ml mosterdsaad
5 ml vinkelsaad
10 ml kaneel
5 ml borrie
5 ml gemmer
5 ml paprika
5 ml garam masala
Om die speserymengsel te maak gebruik ‘n koffiemaler of ander verwerker en verwerk die peper, komyn, koljander, mosterd en vinkel tot fyn.
Voeg dan die res van die bestanddele by en meng goed.

LAMS EN SKAAP BOUD:
CONNIE SE HEERLIKE SKAAPBOUD
HEERLIKE LAMSBOUD
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
300 g frambooskonfyt
skil en sap van 1 lemoen
60 ml (¼ k) appelsap
5 ml (1 t) fyngekapte gemmer
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
2 ml (½ t) mosterdpoeier
3 roosmaryn-takkies
2 kg lamsboud
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die konfyt, lemoenskil en -sap, appelsap, gemmer, knoffel, mosterd en 1 roosmaryn-takkie 5 minute of tot dik in ’n klein pot oor matige hitte. Haal die roosmaryn uit.
Breek die oorblywende roosmaryn in kleiner takkies en steek dit in die vleis.
Sit die vleis in ’n braaipan en verf met die konfytsous. Bedek met foelie en braai 1 uur.
Bedruip ná 30 minute en haal vir die laaste 15 minute die foelie af.
Sit voor met aartappelslaai.
Bron: Hope Malau en Huisgenoot
Foto: Connie Vd Walt Swiegers

GEDULDIGE LAMSBOUD
GEDULDIGE LAMSBOUD
Die mosterd is die geheim van hierdie boud se lekkerte.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: minstens 4 uur
2,5 kg lamsboud met been
sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) aangemaakte mosterd
5 knoffelhuisies, gekraak
2 takkies roosmaryn
olyfolie
8-10 aartappels, geskil en in kwarte gesny
METODE:
Voorverhit die oond tot 160 °C .
Maak ’n paar diep kepe in die vleis.
Geur die vleis met die sout en peper en smeer die hele boud met die mosterd.
Druk die knoffelhuisies binne-in die kepe. Kap die roosmaryn fyn en sprinkel dit oor.
Bedruip met die olyfolie en sit die boud in die oond. Bedruip die vleis met die pansappe wat vorm terwyl dit bak.
Sit die aartappels by die boud in die bak ’n uur voor die gaarmaaktyd verstreke is. Bedruip met die pansappe.
Bak die aartappels tot bros.
Sny die vleis in skywe en sit saam met die gebakte aartappels voor.
Bron: Huisgenoot Digitaal

GEVULDE LAMSBOUD
GEVULDE LAMSBOUD
Geniet ‘n intieme Kersete saam met jou familie en vriende en bederf hulle met tradisionele gebraaide lamsboud.
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
Oondtemperatuur: 160 °C
30 ml olyfolie
100 g swoerdlose strepiespek, gekap
1 ui, gekap
1 selderystingel, gekap
2 knoffelhuisies, gepers
100 g spinasie, skoongemaak, gesny en gestoom
125 g varkworsies
1 sny witbrood, korsies afgesny
50 g feta, gekrummel
30 ml vars gekapte pietersielie
30 ml vars gekapte mentblare
5 ml vars gekapte roosmaryn (2 ml gedroog)
10 ml suurlemoenskil, gerasper
1 groot eier, liggies geklop
2-2,5 kg lamsboud, ontbeen en oopgevlek
METODE:
1 Verhit olie in ‘n kastrol en voeg spek by. Braai oor matige hitte vir twee minute en voeg dan die ui, seldery en knoffel
by. Braai nog twee minute en voeg die spinasie by. Sit ‘n deksel op en haal van die plaat af.
Laat dit vir vyf minute stoom sonder om die deksel af te haal.
2 Druk die worsvleis uit die omhulsel uit. Week die brood in ‘n bietjie water, druk die oortollige water uit, en voeg die brood, kaas, kruie en suurlemoenskil by die worsvleis. Geur goed met sout en vars gemaalde swartpeper.
3 Roer die worsmengsel en die eier by die afgekoelde spinasiemengsel in. Meng goed.
4 Sprei die lamsboud op ‘n kerfplank oop en slaan die vleis tot dit oral ewe dik is.
Smeer die vulsel oor die vleis, rol dit op en bind dit stewig vas met tou.
5 Sit die vleis met die naat aan die onderkant op ‘n rak in ‘n roosterpan. Braai in voorverhitte oond vir sowat twee uur. Laat staan 15 minute
voordat jy die tou afhaal en die vleis sny.
Probeer dié resep vir ‘n lekker sous saam met die lamsboud:
Kap een ui, een wortel en een selderystingel.
Strooi dit onder die rak in die roosterpan en voeg twee takkies vars ment en 200 ml biefaftreksel by.
Oondrooster die lam volgens die resep hierbo. Skep die vloeistof en groente in ‘n beker ná die gaarmaaktyd verby is.
Laat dit ‘n paar minute staan en skep dan die vet af wat na die oppervlak styg.
Gooi die aftreksel deur ‘n sif. Verhit 50 ml botter in ‘n kastrol en voeg 45 ml meel by.
Roer tot bruin. Voeg gesifte vloeistof bietjies-bietjies op ‘n slag by en roer heeltyd sodat dit nie klonte vorm nie. Voeg 100 ml droë wit wyn en 15 ml
mentjellie by sodra al die aftreksel bygevoeg is. Roer tot verdik. Sit saam met skywe lamsvleis voor.
Kookwenk
Geroosterde knoffel het ‘n matige soet geur met ‘n bietjie byt! Jy kan dit ook saam met die vleis in die oond rooster
en met skywe vleis voorsit. Of smeer dit op melbaroosterbrood en jy het ‘n heerlike voorgereg.
Bron: Idees / Kos & Onthaal
Plasing: Joey Krüger /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LOCHNER DE KOCK SE LAMSBOUD
LOCHNER DE KOCK SE LAMSBOUD
Lochner de Kock het vanoggend by ons kantoor gekuier en hierdie smullekker resep
sommer so in die gang met ons gedeel:
Neem een skaapboud en twee botteltjies slaaisous van jou keuse
Sit die skaapboud in ‘n oondbak en gooi die slaaisous daaroor
Maak die skaapboud toe en bak tot gaar
Maak die skaapboud kort-kort tydens die bakproses oop en bedruip die boud wees met die slaaisous wat afgeloop het
Bak stukkies groente saam die boud vir die laaste halfuur
Wanneer jy die skaapboud aan die einde oopmaak om te verbruin, gooi bietjie Bisto oor die boud
Die slaaisous bevat reeds al die kruie, speserye, suurlemoensap en olyfolie wat jy sou benodig.
Bron: Maroela Media

LAMSBOUD
HEERLIKE LAMSBOUD
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
300 g frambooskonfyt
skil en sap van 1 lemoen
60 ml (¼ k) appelsap
5 ml (1 t) fyngekapte gemmer
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
2 ml (½ t) mosterdpoeier
3 roosmaryn-takkies
2 kg lamsboud
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die konfyt, lemoenskil en -sap, appelsap, gemmer, knoffel, mosterd en 1 roosmaryn-takkie 5 minute of tot dik in ’n klein pot oor matige hitte. Haal die roosmaryn uit.
Breek die oorblywende roosmaryn in kleiner takkies en steek dit in die vleis.
Sit die vleis in ’n braaipan en verf met die konfytsous. Bedek met foelie en braai 1 uur.
Bedruip ná 30 minute en haal vir die laaste 15 minute die foelie af.
Sit voor met aartappelslaai.
Bron: Hope Malau en Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur
300 g frambooskonfyt
skil en sap van 1 lemoen
60 ml (¼ k) appelsap
5 ml (1 t) fyngekapte gemmer
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
2 ml (½ t) mosterdpoeier
3 roosmaryn-takkies
2 kg lamsboud
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die konfyt, lemoenskil en -sap, appelsap, gemmer, knoffel, mosterd en 1 roosmaryn-takkie 5 minute of tot dik in ’n klein pot oor matige hitte. Haal die roosmaryn uit.
Breek die oorblywende roosmaryn in kleiner takkies en steek dit in die vleis.
Sit die vleis in ’n braaipan en verf met die konfytsous. Bedek met foelie en braai 1 uur.
Bedruip ná 30 minute en haal vir die laaste 15 minute die foelie af.
Sit voor met aartappelslaai.
Bron: Hope Malau en Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
LAMSBOUD MET GEBRAAIDE AARTAPPELS
LAMSBOUD MET GEBRAAIDE AARTAPPELS
1 lamsboud, op die been
6 knoffelhuisies
1 roosmaryntak
sowat 100 ml olyfolie
sap van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
8 – 10 aartappels, geskil
8 mediumgrootte uie
METODE:
Verhit jou oond tot 180 °C. Sny klein kepies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies daarin. Bind die roosmaryntak bo-op die boud vas met tou. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n oondroosterbak en plaas die lamsboud daarin. Gooi die suurlemoensap oor en geur met sout en peper. Plaas in die warm oond. Draai die temperatuur ná 1 uur af na 160 °C. Rangskik die groente om die boud en bedruip met vleissous. Rooster verder vir minstens 2½ uur. Draai ná ’n uur die groente versigtig om sodat dit weerskante lekker bruin kan word. Sit voor met groente van jou keuse

MAROKKAANSE LAMSBOUD
STADIG GEROOSTERDE MAROKKAANSE LAMSBOUD
Gepreserveerde suurlemoene en paprika maak dié lam smelt-in-die-mond-heerlik.
Genoeg vir: 6 porsies
Bereidingstyd: 20 minute plus staantyd
Oondtemperatuur: 180 °C
Gaarmaaktyd: 3–4 uur
BESTANDELE:
1 lamsboud, sowat 2 kg
4 gepreserveerde suurlemoene (beskikbaar by delikatesses soos Melissa’s)
15 ml komyn
10 ml gerookte paprika
5 ml rooipeper
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
3–4 lourierblare
3 knoffelbolle, gehalveer
4 rooi uie, in kwarte gesny
METODE:
Plaas die boud in ’n bak geskik vir marinering. Skep die vleis uit die gepreserveerde suurlemoene en sny die skil in dun repies. Rooster die komyn in ’n droë pannetjie oor matige hitte. Verwyder dit van die hitte en voeg die paprika en rooipeper, asook die vleis en skil van die gepreserveerde suurlemoene en die olyfolie by. Smeer
dit oor die lamsboud en laat staan dit vir minstens 1 uur. Voorverhit die oond.
Geur die lamsboud met sout en swartpeper en sit dit in ’n oondroosterpan.
Sprinkel die lourierblare oor en sit die lamsboud in die oond. Draai die oondtemperatuur
ná 45 minute af na 100 °C. Sit die knoffel en rooi uie ook in die oondpan, drup ’n bietjie olyfolie oor, indien nodig, en los die lamsboud in die oond totdat dit so sag en gaar is as wat jy dit wil hê – sowat 2–2½ uur langer sal ’n sagte, geurige resultaat gee.
Bron: Tuis Mobi

ONTBEENDE EN GEVULDE LAMSBOUD
ONTBEENDE EN GEVULDE LAMSBOUD
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: omtrent 1 uur 15 minute
Oondtemperatuur: 220 ˚C
2,5 kg lamsboud
takkies tiemie (suurlemoen of gewoon)
45 ml rooiaalbessie-jellie
6 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml Dijon-mosterd
45 ml port
VULSEL:
25 ml botter
1 middelslag-ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 ml Marokkaanse spesery-vryfmengsel
100 ml room
600 g spinasie
2 groot eiergele, liggies geklits
50 ml (40 g) sagte droë appelkose, fyngekap
120 ml (50 g) dennepitte of amandels, fyngekap
OONDBRAAI DIE LAM
Sit tiemietakkies in ’n gesmeerde oondpan. Sit die gevulde boud bo-op die tiemie. Mikrogolf die rooiaalbessie-jellie tot net gesmelt.
Roer die knoffel, mosterd en port daarby. Smeer dit oor die boud. Oondbraai vir 20 minute per 450 g.
Sit 20 minute by as jy die vleis medium-gaar wil hê. Bedruip dit een of twee keer terwyl dit in die oond is. Laat rus vir 20 minute en sny.

SKAAPBOUD MET SMAKE VAN SUURLEMEN, KNOFFEL & ROOSMARYN MET APPELKOOSSOUS

1 skaap of lamsboud
5 knoffelhuisies, middeldeur gesny
5 repies spek in blokkies gesny
2 eetlepels growwe sout
1 eetlepel suurlemoenskil, fyn gerasper
25 mℓ olyfolie
BEDRUIPSOUS
100 mℓ olyfolie
6 knoffelhuisies, fyngekap
3 takkies roosmaryn, fyngekap
25 mℓ witwynasyn
1 suurlemoen se skil, fyn gerasper
APPELKOOSSOUS
1 klein uitjie, fyngekap
10 mℓ olie
1 hand vol gedroogde appelkose, fyngekap
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
30 mℓ witwynasyn
100 mℓ water
Sout en peper na smaak
1 suurlemoen
Instruksies
BEDRUIPSOUS METODE:
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Lardeer die boud met die knoffel en spek.
Meng die suurlemoenskil, sout en die olyfolie goed saam en smeer die boud met die mengsel.
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous saam.
Rotisseer die boud in die oond by 180ºC vir ’n uur en ’n half. (of draai net gereeld om). Bedruip met die helfte van die sous. Bedruip na 15 minute weer en plaas terug in die oond vir nog 15 minute. Haal uit en laat rus vir 15 minute voor jy die boud opsny.
APPELKOOSSOUS METODE:
Braai die uitjie in die olie tot deurskynend. Gooi die res van die bestanddele by en prut stadig vir 20 minute. Roer aanhoudend.
Druk laastens die suurlemoen se sap by die sous en geur na smaak met sout en peper.
Bron: Kokkedoor / JF vd Westhuizen & Marius Uys

SKAAPBOUD
SKAAPBOUD
Skaapboud is seker van die grootste bederf en pure boerekos. Probeer dié smullekker resep .
2,5 kg skaapboud
’n Bietjie olyfolie
5 fyngedrukte knoffelhuisies
Seesout en vars gemaalde swartpeper
125ml vrugteblatjang
METODE:
Voorverhit die oond tot 140 °C. Sny die vel en die vet van die boud af. Smeer die boud goed met olyfolie en knoffel, geur met sout en peper en smeer dan ’n laag vrugteblatjang oor. Sit in ’n oondbak met ’n digpassende deksel (’n groot aluminium braaibak werk goed) en bak vir ongeveer vier tot vyf uur.
Haal uit die oond en giet die meeste van die pansouse af. Maak ’n vleissous daarmee en voeg nog ’n bietjie blatjang by. Bak die boud goudbruin, laat rus vir ’n paar minute, sny en sit voor met die sous. Lewer agt porsies.

Genoeg vir 8
BESTANDELE
2 kg-skaapboud
60 ml olyfolie
4 groot uie
2 red peppers
500 ml rooiwyn
4 tiemietakkies
5 knoffelhuisies
METODE
Voorverhit die oond tot 160°C.
Vee die oortollige vloeistof van die boud af en geur oraloor met sout en peper.
Verhit die olyfolie in ’n swaarboompan en seël die boud oor redelike hoë hitte vir ongeveer 8 minute.
Draai gereeld tot dit eweredig verbruin is. Haal uit en hou warm.
Sit die gekapte knoffel, uie en red pepper in die pan.
Braai vir 10 minute tot sag. Voeg ’n paar tiemietakkies by, geur en kook vir nog 2 minute.
Skep die uiemengsel in ’n kasserol, sit die skaapboud bo-op, voeg die rooiwyn by.
Bedek met styfpassende deksel/foelie en bak vir 3 ure.
Bron: Kuier Tydskrif

LAMSBLAD:
LAMSBLAD IN DIE POT
LAMSBLAD IN DIE POT
Moenie die skaap se blad vlak kyk nie
Vir Pierre is die blad die lekkerste stuk vleis van die skaap – dis smaakliker, sagter en lekkerder as die boud. “Sorg net dat dit ’n dorperlam is.”
Jy het nodig vir 4-6 mense:
1,3 kg lamsblad
klein knoffelhuisie (of na smaak), in repies gesny
2 hande vol witbroodmeel, om in die blad te vryf
sout* en swartpeper
olyfolie
sap van 1 suurlemoen
takkie roosmaryn
baba-uie
baba-aartappels
METODE:
Dis Grieks. Pierre hou van knoffel en roosmaryn by die blad, soos die Grieke gemaak het.
Druk gaatjies in die vleis met ’n messie en druk die knoffelrepies daarin.
Strooi sout en swartpeper na smaak oor en sprinkel die meel oor die blad om dit te bind (die oumense sê dit hou die souse in die blad bymekaar). Vryf die meel in.
Gee vet. Gooi ’n bietjie olyfolie in ’n swartpot en sit die blad in die pot. Draai dit ’n paar keer om sodat die olyfolie oral kan vatplek kry. Strooi die sap van ’n suurlemoen oor. Pierre sê suurlemoen en skaap gaan goed saam. “Dit moet daai surigheidjie hê.” Stroop die blare van die roosmaryntak af en strooi op die blad.
Begin gaarmaak. Sit die blad ’n uur lank in ’n oop pot in ’n oond teen 200 °C.
As jy dit buite op die vuur maak, moet jy die deksel opsit en dit oor stadige kole hou vir twee uur.
Op met die deksel. Verlaag die oondtemperatuur na 160 °C en sit die deksel op. Ná 50 minute kan jy die aartappels en uie bysit, sout oorstrooi, die deksel terugsit en die pot terugsit in die oond. Ná ’n halfuur behoort die aartappels en uie sag te wees. Op die oop vuur, gaan jy ’n halfuur langer nodig hê. Die blad moet begin sag word voor die groente ingesit word.
Bron: wegry.co.za
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAMS BREDIES EN KERRIES:
BRAAIVLEIS BREDIE
Omskep die naweek se oorskietbraaivleistjops in ’n vullende bredie en sit dit op ’n weekdag voor vir aandkos. Binne ’n halfuur kan julle aansit en eet. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereiding is 10 minute en die gaarmaaktyd sowat 15 minute.
DIE BESTANDELE IS:
15 ml (1 e) olyfolie;
1 ui, grof gekap;
1 knoffel-huisie, gekneus;
Flippen Lekka Spice na smaak;
6-8 heel gebraaide skaaptjops;
1 blik (410 g) heel tamaties;
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
(Jy kan worteltjies en aartappels vooraf effe gekook ook gebruik)
250 ml (1 k) vleisaftreksel;
20 ml (4 t) blatjang;
250 ml (1 k) vars basilieblare;
Gekapte pietersielie en ekstra basilieblare vir garnering.
Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag en geurig. Geur met Flippen Lekka Spice.
Voeg die skaaptjops, tamaties, botterbone, aftreksel, blatjang en basilieblare by en roer goed.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 10-15 minute oor lae hitte prut tot geurig en warm.
Garneer met pietersielie en ekstra basilieblare. Sit voor saam met romerige fyn-aartappels en ’n vars groenslaai.
Bron: Flippen Lekka Spice
Plasing & Foto: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAM KERRIE BREDIE
LAM KERRIE BREDIE
Die resep is 'n Indiense gereg, maar 'n twist van my eie bestandele.
500g Lams boud vleis in blokkies gesny
1tlp gemmer puree
1tlp. knoffel puree
1kp. uie puree
'n halwe kp. olie
1tlp. komynsade
1tlp. kojandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelbas
4 kardamoms
2tlps. garam masala
2tlps. "leaf masala 'n halwe tlp. rooipeper poeier
1tlp. borrie poeier
1tlp. rajah kerrie (medium)
1tlp. paprika
2kps. fyngekapte tamaties sonder skil
1 beef blokkie
8 groot aartappels in blokke gesny
1tlp. sout
METODE:
Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin.
Wanneer sade begin skiet, gooi dan die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin.
Gooi garam masala, leaf masala, borrie poeier, paprika, rooipeper poeier en rajah kerrie by.
Gooi vleis en beef blokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte.
Verminder hitte en laat die vleis kook, roer so nou en dan totdat die water op droog en vet bo op dryf.
Roer in die fyngekapte tamaties en laat vir 5min kook, daarna die aartappels en sout en laat vir so 1uur en 30min simmer totdat vleis sag is.
Bedien met Basmati Aromatic Indian rys.
Bron: Christe Adendorf vir Pasella

LAMSRIBBREDIE
LAMRIB BREDIE
20 ml olie
1,2 kg lamsrib, in stukke gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
Sap en skil van een suurlemoen
100 g preie, grof gekap
1 knoffelhuisie, grof gekap
15 ml matige kerriepoeier
Handvol pietersielie, grof gekap
400 ml groente- of vleisaftreksel
30 ml droë sjerrie
4 groot aartappels, geskil
METODE:
Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die lamsrib oor hoë hitte tot goudbruin. Geur
met sout, peper, sap en skil van suurlemoen. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die preie en knoffel in dieselfde kastrol vir ’n paar minute.
Roer die kerriepoeier by en braai tot geurig. Skep die vleis terug, gevolg deur die pietersielie, aftreksel en sjerrie. Bring die bredie tot kookpunt en geur na smaak. Snydie aartappels in stukke en sit dit by die bredie. Prut vir sowat 40 minute of tot gaar en sag. Genoeg vir vier tot ses mense.
Bron: STELLA ERASMUS

LAMSKERRIE
LAMSKERRIE
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 – 35 minute
Genoeg vir 6
60 ml (¼ k) groenteolie
5 ml (1 t) komynsade
5 ml (1 t) koljandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelstokkie
4 kardamompeule
2 uie, gekap
5 ml (1 t) gemmer, fyngekap
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
10 ml (2 t) garam-masala
10 ml (2 t) blaarmasala
5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) geroosterde masala
5 ml (1 t) rooipeper
2 x 410 g blikkies gekapte tamaties
500 g stukke lamsvleis
8 groot aartappels, in stukke gesny
5 ml (1 t) sout
vars koljander
METODE:
Verhit olie in ’n groot pot op matige hitte en “brand” die heel speserye tot dit begin skiet.
Voeg die uie, gemmer en knoffel by en roer voortdurend tot die uie deurskynend is.
Verminder die hitte, voeg die fyn speserye, gekapte tamaties en lamsvleis by, bedek en laat kook 15 tot 20 minute.
Voeg die aartappels en sout by en laat nog 10 tot 15 minute kook of tot die aartappels sag is. Sit voor met geurige wit rys en vars koljander.
Bron: Christa Adendorff

LAMPOTJIE MET KLUITJIES
LAMPOTJIE MET KLUITJIES
Spaar tyd en weeg die bestanddele vir die kluitjies by die huis af.
(6 – 8 porsies)
60 ml olyfolie
6 knoffelhuisies, gekap
1,2 kg kort lamskenkels
500 g baba-uie, geskil
60 ml tamatiepasta
30 ml fyn koljander
20 ml komynsade
10 ml paprika
30 ml droë roosmaryn
2 x 400 g-blik kersietamaties
500 ml rooiwyn
400 g baba-aartappels
400 g babawortels
sout en varsgemaalde swartpeper
KLUITJIES
125 ml botter
140 g (250 ml) bruismeel
200 ml water
METODE:
Verhit olyfolie in swartpot. Voeg knoffel en lam by. Braai vinnig tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute.
Voeg uie en tamatiepasta by. Braai vir nog 5 minute. Voeg koljander, komyn, paprika en roosmaryn ook by en braai vir 2 minute.
Voeg tamaties en wyn by. Sit deksel op en laat stadig prut vir sowat 90 minute. Voeg
nog water by indien vloeistof begin wegkook. Voeg aartappels en wortels by.
Laat weer stadig prut vir sowat 30 – 45 minute of tot aartappels sag is.
Geur met sout en swartpeper. Maak kluitjies só Vryf botter en meel met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk.
Voeg genoeg water by sodat ’n stywe deeg vorm. Haal deksel van pot af en skep lepels vol deeg bo-op bredie.
Sit deksel terug en laat stoom vir sowat 30 minute tot kluitjies gaar is. Sit voor.

LAM EN KLUITJIE POTJIE
LAM EN KLUITJIE POTJIE
Die blatjang sorg vir soetigheid, die suurlemoen gee ’n effense byt… en in dié pot kuier hulle soos ou vriende saam.
Jy benodig
(vir 4-6 mense)
olie vir braai
2 kg lamskenkels
2 groot uie, in skywe gesny
3 eetlepels garam masala
3 wortels, geskil en in skyfies gesny
1 selderystokkie, in skyfies gesny
sap en skil van 2 suurlemoene
1 koppie blatjang
1 blokkie hoenderaftreksel
VIR DIE KLUITJIES
½ koppie botter
1 koppie meel
200 ml water
SO MAAK JY:
Verhit die olie in ’n swartpot en braai die vleis en uie tot mooi goudbruin. Voeg die garam masala by en braai die mengsel vir nog 5 minute.
Gooi nou die res van die bestanddele by, sit die deksel op en laat die pot oor matige hitte prut tot die vleis sag is.
Dit vat so 2-3 uur, afhangende van die vleis.
Maak die kluitjies: Vryf die botter en die meel saam totdat dit soos droë broodkrummels lyk.
Voeg die water by en meng dit tot ’n stywe deeg. Rol bolletjies uit die deeg wat omtrent so groot soos ’n kleuter se vuis is.
Sit die kluitjies in die pot en sit die deksel weer op.
Prut dit vir nog sowat 20 minute en sit die skenkels-en-kluitjies dadelik voor met vars kruie soos koljander of pietersielie.
Bron: WEG Resepte
Foto: Serena Martin

RIBBETJIES:
GESTOPTE LAMSBRIBBETJIE ROL
GESTOPTE LAMRIBBETJIE ROL
VULSEL:
500 g beesmaalvleis
1 groot ui, gekap
2 selderystingels, fyn gekap
15 ml gekapte, vars roosmaryn of 7ml droë roosmaryn
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 ml vars broodkrummels
2eiers
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 x 1,5 kg lamsribbetjie, ontbeen (behou die bene)
tou, om ribbetjie mee op te bind
60 ml olie
60 ml suurlemoensap
2 geelwortels
1 ui
2 selderystingels, gekap
METODE:
Voorverhit die oond tot 240 °C. Vulsel: Meng ál die bestanddele saam en hou eenkant. Sprei die ontbeende ribbetjie voor jou uit. Skep die vulsel op die punt naaste aan jou en smeer oor die hele ribbetjie.
Los ongeveer 2 cm oop aan die verste punt. Rol die ribbetjie lengtegewys op en bind met tou vas. Vryf die buitekant van die rol met die olie en suurlemoensap. Berei ’n oondpan voor deur die geelwortels, ui, seldry en ribbebene in die pan te pak.
Plaas die lamsribbetjie op die groente, bedek die oondpan met foelie en rooster vir 20 minute. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en rooster nog 40 minute lank. Verwyder die foelie en bedruip die vleis met die pansappe.
Rooster nog 30 minute lank onbedek, tot goudbruin. Haal uit die oond en laat 10 minute lank rus. Sny die vleis en sit voor saam met die groente en ’n sous gemaak van die pansappe. Lewer 4-6 porsies.
Bron: FRANCOIS FERREIRA

COKE RIBBERTJIE
COKE RIBBETJIE
Maak skaapribbetjie oornag in 1 koppie coke gaar in slowcooker op slow. Moenie sout ingooi nie.
Haal uit pot
MENG:
Half koppie sweet chillie sous
2 eetlepels soja sous
sout en peper
Gooi oor die ribbetjie
Druk in oond!
Bak tot crispie !!
Dis heerlik
Bron: Eie Resep
Plasing & Foto: Ancoise Strydom / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

LAMSRIBBETJIE
LAMSRIBBETJIE
(4 porsies)
20 klein lamsribbetjies
sap van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 suurlemoen
20 ml bruinsuiker
200 ml heuning
100 ml sojasous
Meng die bestanddele saam en gooi dié sous oor die ribbetjies.
Laat dit staan terwyl die oond warm word.
Rooster die ribbetjies onder die roosterelement vir sowat 10 minute aan weerskante
GENIET
Bron: Sarie Kos
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SOETSUUR RIBBETJIE
SOETSUUR RIBBETJIE
60 ml (¼ k) olyfolie
250 ml (1 k) sjerrie
125 ml (½ k) tamatiepuree
60 ml (¼ k) sojasous
60 ml (¼ k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) heuning
15 ml (1 e) paprika
10 ml (2 t) mosterdpoeier
1 kg vark- of lamsrib, in ribbetjies gesaag
Meng al die bestanddele goed en giet oor die rib in ’n oondbak.
Marineer vir ongeveer 3 uur.
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Oondbraai ongeveer 1 uur tot die vleis sag is.
Bedruip deurgaans met van die marinade.
Sit voor met warm slaai.
WENKE
Die ribbetjies kan eers vooraf in water gekook word om sodoende die braaityd te verminder.
As jy die ribbetjies oornag wil marineer, sorg dat die marinade of vryfgeursel min sout bevat.
Anders begin proe die ribbetjies dalk na ham of spek. Geur eerder met sout net voor jy dit gaarmaak.
As jy dit oor die kole braai, gooi die marinade in die laaste paar minute oor om te keer dat die kole vlam vat van die druppende vloeistof.
As jy dit in die oond bak, plaas dit op ’n draadrak in ’n oondpan wat met foelie uitgevoer is. Dit maak makliker skoon
Bron: Huisgenoot Resepte

SKAAPSTERTJIES
SKAAPSTERTJIES
(4 porsies)
1 kg skaapstertjies
50 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml koljander, gemaal
1 takkie vars tiemie
2 suurlemoene
METODE:
Bedek skaapstertjies in ’n pot met water.
Kook tot sag. Verhit jou oond tot 200 °C. Gooi water af en plaas skaapstertjies in ’n oondpan. Sprinkel olie, sout, swartpeper, koljander en tiemieblare oor. Sny een suurlemoen in kwarte en voeg by. Rooster in die oond tot bruin. Druk die sap van die orige suurlemoen oor voor jy dit voorsit.
Bron: Sarie Kos
Foto: Maria Liebenberg

2 uie, 1 heel en 1 in skywe gesny
braaivleisspeserye
koljandersaad, gebreek (sommer met 'n koekroller)
METODE:
Plaas die skaapstertjies en heel ui in 'n kastrol en bedek met water.
Kook tot die stertjies sag is.
Nou kan jy die sagte skaapstertjies in 'n 200°C oond rooster of jy kan dit braai.
Indien jy dit gaan rooster in die oond sprei jy die gesnyde ui uit op 'n bakplaat.
Pak skaapstertjies bo-op en geur met die speserye en koljander.
Rooster tot dit bruin is.
Indien jy dit gaan braai, geur jy dit met die speserye en koljander en drup 'n paar druppels suurlemoensap oor. Gooi 'n paar takkies roosmaryn op die kole voor jy begin braai.
Die resep vir skaapstertjies is genoeg vir 4 persone.
Bron: Kookkuns

SKENKELS:
VICKIE SE LAMSKENKELS
VICKIE SE LAMSKENKELS
Ek bedien hierdie skenkels altyd saam met sagte, romerige polenta (slap Italiaanse
mieliepap) met ’n hand vol gerasperde parmesaan en ’n paar klontjies botter deurgeroer.
6 x 300 g lamskenkels koekmeel
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 selderystokkies, gekap
2 groot wortels, grofweg gerasper
4 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml (1 k) rooiwyn
2 x 400 g-blikke heel tamaties
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) bruinsuiker
4 vars lourierblare
’n paar takkies vars tiemie
METODE:
Strooi die meel oor die lamskenkels en skud die oortollige meel af.
Verhit die olyfolie oor hoë hitte in ’n groot swaarboomkastrol en braai die lamskenkels vir so twee minute aan albei kante, of tot hulle mooi goudbruin is. Haal uit en hou eenkant.
Soteer die uie, seldery, wortel en knoffel in dieselfde kastrol tot sag en goudbruin.
Gooi die wyn geleidelik by terwyl jy die hele tyd roer. Skraap die geurige aanpakselsop die boom van die kastrol met ’n houtlepel af.
Laat vir so een minuut kook.
Voeg die tamaties, aftreksel, suiker, lourierblare en tiemie by.
Sit die lamskenkels terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op.
Laat vir twee uur stadig prut of tot die vleis sag is en die sous verdik het.
Bron: Vickie de Beer

LAMSKENKELS
LAMSKENKELS
As jy lekker groot lamskenkels kry, lyk dit soos ’n mini-lamsboud.
Lank en stadig gekook en met ’n lekker sous is dit ideaal vir onthaal
(4 - 6 porsies)
4 lamskenkels van sowat 600 g elk
100 g meel
100 ml olyfolie
1 blik gekapte tamaties
1 rooi soetrissie, in groot stukke gesny
2 wortels, in groot stukke gesny
2 takke seldery, in groot stukke gesny
1 ui, in kwarte gesny
3 knoffelhuisies
500 ml rooiwyn
2 lourierblare
3 vars takkies origanum
500 ml groente-aftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Verhit jou oond tot 160 °C. Plaas tamaties, soetrissie, wortels, seldery, ui en knoffel in jou voedselverwerker en kap baie fyn. (As jy nie ’n voedselverwerker het nie, sal jy al die groente self moet fynkap.) Rol die lamskenkels in die meel en skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die skenkels tot mooi bruin. Voeg die fyngekapte groente, rooiwyn, lourierblare, origanum en aftreksel by die skenkels. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak toe met ’n deksel. Kook vir minstens 3 tot 4 ure tot die vleis feitlik van die been af val. Jy kan ook die deksel van die kastrol afhaal vir die laaste uur as die sous te veel is.
Bron: Babara Joubert
Plasing: Henriette Wessels / WATERAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GEROOSTERDE LAMSKENKEL MET SAFFRAAN AARTAPPELS

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
Oondtemperatuur: 160oC
4 lamskenkels, bene skoongemaak
gegeurde meel, om die vleis in te rol
olyfolie
2 uie, in skyfies gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml gerasperde vars gemmer
5 ml elk fyn komyn, koljander en kaneel
6 kardemompeule, gekneus
2 kaneelstokkies
1 vars rooi brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel)
1 blik pruimtamaties, gekap
375 ml granaatsap
375 ml hoenderaftreksel
6 wortels, geskil en in wiggies gesny
vars koljanderblare en fyn saffraan-aartappel om voor te sit.
METODE:
Verhit ’n kastrol oor ’n matige tot hoë hitte. Rol die skenkels in die meel en skud die oortollige meel af. Gooi ’n lagie olyfolie in die warm kastrol en braai die vleis oraloor bruin. Skep uit en hou eenkant.
Was die kastrol en gooi die ui, knoffel en gemmer daarin. Soteer dit vir ’n paar minute tot net-net sag. Roer die speserye by. Roer vir ’n minuut en voeg dan die tamatie, granaatsap en aftreksel by. Verhit tot kookpunt. Prut vir ’n paar minute en haal van die plaat af.
Pak die skenkels in ’n oondbak. Gooi die vloeistof oor. Sit die deksel op en bak dit vir een uur in die warm oond. Haal dit uit die oond uit en voeg die wortel by. Draai die skenkels om.
Sit die bak sonder die deksel terug in die oond. Rooster vir nog ’n uur tot doeksag. Geur met sout en peper en sit voor met koljanderblare bo-oor en van die saffraan-aartappels op die bord.
Fyn saffraan-aartappel
Skil en sny 8 groot aartappels in blok- kies. Kook dit sag. Terwyl dit kook, verhit 25 ml botter en 100 ml melk of room saam met ’n knippie saffraan. Sodra die mengsel warm is, haal dit van die plaat af en hou dit eenkant. Druk die gaar aartappels fyn en roer die saffraan-melkmengsel daarby in. Gooi nog melk by, indien nodig. Geur met sout en peper.
Bron: Idees/ Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

SOSATIES:
LAM SOSATIES
LAM SOSATIES
1 groot lamsboud (2-2,5 kg), ontbeen en in blokkies gesny.
125 g droë appelkose
skaapvet of swoerdlose ontbytspek
Marinade
2 groot uie, geskil en in kwarte gesny
125 mℓ witwynasyn
375 mℓ droë rooiwyn
12 suurlemoenblare, gekneus
3-4 dun snye gemmer
15 mℓ bruinsuiker
45 mℓ kerriepoeier
35 mℓ fyn koljander
5 mℓ fyn wonderpeper (all spice)
2 mℓ fyn kaneel
2 mℓ fyn komyn
10 mℓ sout en gemaalde swartpeper
1 mℓ fyn kardemom
Sosatiestokkies – vooraf in water geweek
METODE:
Plaas die lam in ‘n nie-metaalbak. Kombineer die marinade-bestanddele in ’n kastrol, bedek en
kook vir 5 minute.
Laat afkoel en gooi oor die vleis en werk die sous goed deur.
Bedek die sosaties, plaas in yskas en laat dit marineer (dit kan tot 5 dae marineer) Roer die vleis ‘n paar keer per dag om.
Plaas die droë appelkose in ‘n bakkie, gooi kookwater oor en laat uitdy vir ‘n uur of twee.
Sny die skaapvet in baie dun repies, of die ontbytspek in blokkies,
Ryg die vleis, appelkosies en uie (uit die marinade) op stokkies.
Sit die sosaties terug in die marinade tot dit tyd is vir braai.
Braai oor warm kole, bestryk ‘n paar keer met die marinade.(sowat 15 minute). Die vleis moet nog pienk in die middel wees.
Genoeg vir 16 sosaties.
Bron: Kokkedoor

LAMSVLEIS TAGINE
LAMVLEIS TAGINE
2 kg lamsboud of -blad, in 2-3 cm-blokkies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
90 ml (6 e) olyfolie
3 uie, grof gekap
4 knoffelhuisies,
fyn gekap
15 ml (1 e) Moroccan Spicespeserypoeier
5 ml (1 t) fyn komyn
2 cm vars gemmerwortel, geskil en gerasper
4 ryp pruimtamaties, geskil, ontpit en dan in blokkies gesny
500 ml (2 k) mediumdroë witwyn
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
200 g droëappelkose
vars koljanderblare
METODE:
Geur die vleis met sout en peper, verhit van die olie en braai ’n paar blokkies vleis per keer oor baie hoë hitte.
Skep uit.
Verhit die res van die olie in die kastrol en roerbraai die uie, knoffel, Moroccan Spice, komyn en gemmer ’n paar minute.
Skep die vleis terug in die kastrol en roer die tamaties, wyn en aftreksel by.
Sit die deksel op en laat prut sowat twee uur of tot sag.
Voeg die appelkose by, geur na smaak en laat prut nog 20 minute.
Skep uit, garneer met vars koljanderblare en sit voor saam met koeskoes en groente.
WENKE
Dis nie nodig om die vleis vooraf te braai nie.
Maak eers ’n sous deur die uie en speserye te braai, voeg die tamaties, wyn en aftreksel by en laat prut tot sag.
Voeg nou die vleis by en laat prut verder tot sag.
Voeg ’n kaneelstok by die koeskoes vir ekstra geur en roer baie gekapte koljander in.
Bron: Huisgenoot Resepte
Plasing: Henriette Wessels /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK