KOSBLIK VIR VOLWASSENES
Groente
Vars groentevingers met hummus en melba
Hummus:
1 k ontkiemde kekerertjies
1 e suurlemoensap
1 e tahini puree*
1 knoffelhuisie, fyn gekap
½ t komyn, fyngemaal
1 e olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
Verwerk al die bestandele tot 'n puree in 'n voedselverwerker.
Geur met sout en peper na smaak. Bedien met vars groenterepies
(geelwortels/seldery/jong mielies/komkommer/rooi, groen of geel soetrissie) en melbabrood.
*Deesdae beskikbaar by meeste groot supermarkte. Dit is ‘n sesamsaad-puree.
Tuna, mielies en mayonnaise op rogbrood
95 g tuna in water, goed gedreineer
½ k mieliepitte (verkieslik vars)
3 e mayonnaise/ jogurt
sout en varsgemaalde swartpeper
Botter/Margarien
4 snye rog brood
Roketblare (of blare na eie keuse)
Meng gevlokte tuna met mielies en mayonnasie.
Geur met sout en peper na smaak.
Smeer rogbrood met smeer van keuse en skep tunavulsel op twee snye brood, pak slaaiblare bo-op en bedek met oorblywende snye rogbrood.
Bron: Institute of Culinary Arts

GESONDE KOSBLIK VIR POUSE
Moet jy elke dag van die week vir jou kinders ’n kosblik inpak?
Is jou kind vol fiemies en sukkel jy om hom gesond te laat eet?
Hier is ’n paar wenke en idees wat dinge vir jou makliker sal maak:
Dink vooruit
Beplan vooruit, anders gaan jou kind elke dag ’n Marmite-broodjie skool toe kry.
Dink hoeveel maaltye die kos in die kosblik moet vervang en pak genoeg kos in.
Maak dinge makliker deur oorskiet kreatief te gebruik.
Speel ’n bietjie
Kinders eet ook met hul oë, so probeer om die kosblik so interessant en pret as moontlik te maak.
Die verpakking en die aanbieding is baie belangrik.
◾Laat jou kinders hul eie kosblik en koelsak uitkies.
◾Koop kleurvolle plastiekeetgerei en servette.
◾Gebruik koekiedrukkers om interessante toebroodjies te maak.
◾Laat jou kinders hul eie mengsel van neute en droëvrugte maak, of laat hulle jou help om muffin te
bak.
Vyf van die beste
Pak ’n gesonde, gebalanseerde maaltyd in deur kos uit al vyf voedselgroepe in te sluit:
◾Brood en stysel
◾Proteïne
◾Melk en suiwelprodukte
◾Vrugte en groente
◾Vette en olies (Pak soms ’n paar lekkers in – balans is baie belangrik.)
Wenke
◾Vries jou kind se koeldrank of water die aand voor die tyd. Dit sal heeldag ontdooi en lank koel bly.
◾As jy tamatie op ’n toebroodjie sit, moenie die tamatie direk op die brood sit nie.
Tamaties bevat baie water en sal die brood nat en papperig maak.
◾As jy avokado gebruik, gooi ’n bietjie suurlemoensap daaroor om te verhoed dat die avokado verkleur.

KOSBLIK IDEES WAT ANDERS IS
1. Pak volgraan broodjie met lekker koue vleis en slaaiblare (los uit as dit warm is). Sit 'n lekker mosterdsousie of chutney op die vleisie...dis heerlik! pak daarmee saam 'n lekker pasta slaai en 'n vrug soos 'n naartjie of appel of 'n trossie druiwe in. Kies kosblikke met kompartemente, dan bederf die een nie die ander se smaak nie!
2. In plaas van brood pak jy piesangbrood, pekkaneut en sjokolade muffins of selfs die gewilde marmite -tert in...dit breek die verveligheid van brood !
3. Koue frikadelle, frikadelle op stokkies en 'n lekker tuisgemaakte mosterd sousie is ook heerlik! Pak daarmee saam wortel en komkommer stokkies in. Gesond en kleurvol!
4. Sit 'n paar wine-gums of Jelly Beans in mens kry dit nou in oulike klein verpakkings!
5. Onthou die drinkgoed, water wat jy gevries het, lekker aanmaak koeldrank of selfs vrugtesappies wat jy vries.

NOG KOSBLIK IDEES
1. Geroosterde Hoender repies wat afgekoel is is heerlik. Sny hierby komkommer, wortel vingers en druk volkoring enkel broodjies uit in vormpies soos handjies, harte en ander. Sit kaas op die broodjie en druk dan jou vormpie met 'n koekiedrukker! Dis anders en die kinders is mal daaroor!
2. Sit dan 'n bakkie Joghurt in met 'n plastiese lepeltjie, en dan gemengde droë vrugte apart in die ander kompartement. Sodoende kry jou kind alles in wat gesond is en lyk die kosblikkie pragtig!
3. Yogi Sip is ook 'n ander idee wat by hierdie kosblik sal pas!

STOKKIE FRIKKADELLE
2 snye volkoringbrood
500 g maalvleis
1 eier
90 g gerasperde kaas
15 ml tamatiesous
15 ml blatjang
15 ml worcestersous
hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)
sout en vars gemaalde swartpeper
sosatiestokkies in die helfte gesny
Week die brood vir sowat 10 minute in koue water.
Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper.
Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op 'n sosatiestokkie.
Pak op 'n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C.
Laat goed afkoel op die bakplaat.

WAT PAK EK SAAM MET STOKKIE FRIKKADELLE?
1. Nou kan jy lekker speel - Jy pak klein rosa tamaties in 'n bakkie, sny wortels in stokkies en dan sny jy pynappel skywe in die helfte en pak dit in 'n aparte bakkie.
2. Ook hiermee saam kan jy 'n lekker volkoring rolletjie inpak!
3. Hawermout koekies is ook 'n lekker soet dingetjie of 'n energie stafie!
4. Onthou die koeldrankie! En dan natuurlik as jy wil hê jou kind moet iets onthou gebruik 'n gekleurde wasgoed pennetjie en knyp dit aan die sakkie van die pynappels vas met 'n nota...sodoende onthou hul ten pouse wat hul die middag aan het!
NOG 'N BAIE OULIKE KOSBLIK IDEE
1. Pak biltong "sticks" in 'n klein bruinpapier sakkie wat keer dat dit sweet!
2. Saam met dit pak jy 'n lekker sout muffin met kaas en koue vleis op (druk die kaas rond uit soos die muffin en druk dan 'n koue vleis hartjie! Sit dit op die oop muffin! Lyk pragtig en laat jou kind spesiaal voel!
3. Neute en 'n trossie druiwe gaan goed hiermee saam!
4. Vir 'n drink dingetjie kan jy 'n lekker Yogi-sip insit!
Jou kind gaan beslis hierdie blikkie geniet!

GESONDE " HAMBURGER" KOSBLIK
Gebruik 'n volkoring ronde "bun"
1. Sit lekker koue vleis (selfs vd vorige aand se boud wat oorgebly het)
2. Dan 'n lekker skyfie kaas
3. Komkommer is heerlik op so broodjie
4. Tamatie (net as dit nie te warm is nie)
5. Smeer dan chutney of 'n lekker mosterdsousie op die vleisie en sit 'n vrug van jou
kind se keuse by!
6. Sit 'n lekker sap saam in en dis 'n heerlike kosblik en gesond!

DIE GESONDE OPSIE!
My kind is baie gesondheidsbewus wat die kosblik moeiliker maak!
Hier is wat ek doen
Ek pak vir haar provitas of crackers in (mens kry die klein verpakkings)
Dan sit ek vir haar in die klein bakkies wat mens saam met wegneem etes kry (veral die bakkie saam met sushi waarin die soja sous is) haar gunsteling Philidelphia kaas. Ek sit altyd 'n kort smeermessie in,
Dan koop ek klein worteltjies, baba ertjies, bone wat lekker "crispy" is en aarbeie of wat ookal ek kan kry in berries!
Ek sit vir haar 'n ongegeurde Joghurt met plastiese lepeltjie en dan ook haar gunsteling vrugtesap! Ook 'n tzatziki sousie wat ek self maak om die groente in te doop! Sy geniet dit vreeslik en die blik lyk altyd pragtig!

KOUE PASTA KOSBLIK
Nog 'n lekker idee is om 'n pasta slaai met die strikkie pasta te maak - sny dan vars peppers, komkommer, mielies en alles waarvan jou kind hou daarby! Gebruik die oulike bakkie van tupper wat die slaaisous bakkie apart het en sit dit dan so vir jou kind in! Sodoende smul hul heerlik aan gesonde kos!
MINI PIZZAS VIR DIE KOSBLIK
MINI PIZZAS VIR DIE KOSBLIK
Lewer ± 24 pizzas
BESTANDELE:
KORS:
750ml koekmeel
15ml bakpoeier
250ml melk
100ml olie
Tamatiebasis
60ml tamatiesous
45ml warm water
45ml olie
HAWAISE BOLAAG:
250g Mozzarellakaas, gerasper
8 snye ham, gekap
1x 44og-blik pynappelstukke, gedreineer
sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak
METODE:
Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê.
As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
Rol die deeg uit (so dun soos jy verkies) op ‘n werkoppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en sny sirkels van ongeveer 5 tot 10cm in deursneë uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
Meng die tamatiesous, water en olie en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant.
Sit dadelik voor.
Bron:Radio Vryheid.
Plasing:Tiana Botes/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

PLATBROODJIES EN HUMMUS BLIKKIE
Maak klein platbroodjies en heerlike hummus (apart in 'n bakkie) en sit dit vir jou kind in saam met droëwors stokkies, kaas wat jy in vormpiies uitdruk, klein tamatietjies (los heel) komkommer wat jy met vormpies uitgedruk het en dan apart 'n bakkie met korrels druiwe, enige berries wat jy kan kry en dan pynappel blokkies uitgedruk met ster vorm koekiedrukker!
Hierdie blik is groot pret en enige kind sal mal wees daaroor!