BOTTERVERSIERSEL (SJOKOLADE)
BOTTERVERSIERSEL (SJOKOLADE)
Altyd ‘n wenner.
BESTANDELE:
250g sagte botter of margerien
500g versiersuiker
125g kakao
1-2 eetl water of melk
5ml vanieljegeursel
METODE:
Sif die versiersuiker en kakao saam.
Gebruik ‘n elektriese klitser en klits die botter/margerien tot dit sag en ligter van kleur is.
Voeg die versiersuiker mengsel lepelsgewys by tot die mengsel begin dik word.
As dit te dik is, gooi die water of melk by om dit meer mengbaar te maak.
Voeg heel laaste die vanieljegeursel by en meng goed.
Smeer die mengsel tussen die lae en bo op die koek en versier met sjokolade krulle.
Bron & Foto: Pasgetrou
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

BLOM-KOEKVERSIERING
MAAK DIE PRAGTIGE BLOM KOEK VERSIERING
Maak dié pragtige eetbare blom en gebruik dit om ’n koek baie spesiaal te
versier. Dit lyk indrukwekkend en is makliker as wat jy dink
JY BENODIG:
100 g wit plastiekversiersel*
harde versiersel (resep hieronder)
2 ml CMC-gom*
koekversierings, soos pêrels
mielieblom
koekroller
klein sif
blom-koekiedrukkers in minstens drie groottes
versierstokkie met ’n balletjie op elke punt*
vlak kolwyntjiepannetjie
dun verfkwassie
* By spesialiteitsbakwinkels te kry
HARDE VERSIERSEL:
Klits een groot eierwit tot skuimerig en voeg 7,5 ml suurlemoensap by. Voeg 300 g gesifte versiersuiker ’n
lepel op ’n slag by. Klits tot die mengsel dik en blink is. Hou toe tot jy dit gaan gebruik.
Volg dan die stappe hieronder

1 Knie die CMC-gom in die plastiekversiersel in tot dit plooibaar is en nie meer taai nie.
2 Rol die versiersel tot 2 mm dik uit op ’n oppervlak waaroor mielieblom gestrooi is. Vryf ook mielieblom oor die koekroller en draai die versiersel elke nou en dan om sodat dit nie vassit nie.
3 Druk twee groot blomvorms uit die versiersel. Hulle moet effens kleiner wees as die koek waarop jy die blom wil sit. Sny nog blomvorms uit, van medium tot klein.
4 Vryf mielieblom oor jou hande. Hou ’n blom in die palm van jou hand en maak die blare dunner deur klein sirkelbewegings met die versierstokkie te maak. Maak ook kartels in die rande.
5 Sit elke blom versigtig in ’n vlak kolwyntjiepannetjie. As die pan te diep is, kan jy dit halfvol maak met mielieblom. Die onderste, grootste blom moet platter wees as die ander. Laat staan vir 24 uur om droog te
word.
6 Skep harde versiersel in ’n klein plastieksakkie. Sny die puntjie af en druk die versiersel in die middel van die groot blom uit. Plak die tweede blom bo-op vas. Herhaal met die res van die blomme, van groot na klein.
7 Gebruik die dun verfkwassie en ’n bietjie water om die harde versiersel gladder in die plastiekversiersel in te laat loop. Laat heeltemal droog word. Gooi pêrelballetjies in die boonste blom om af te rond.
Bron: Idees / Kos & Onthaal

SO MAAK MENS VERSUIKERDE ROSE
Pragtig om te gebruik op groot koeke.
Volg net die stappe hier onder
1 Sny die stingel van ’n roosknop omtrent 3 cm lank af.Begin in die middel van die roos en gebruik ’n klein verfkwassie om die kleinste blomblare baie liggies met geklitste eierwit te verf.
2 Sprinkel ’n bietjie strooisuiker oor die blomblare en skud die oortollige suiker baie versigtig af.
3 Gaan voort om die oorblywende blomblare te verf en dit ná elke paar blomblare met suiker te besprinkel. Wanneer al die blomblare gesuiker is, voer ’n bakplaat met bakpapier uit en laat die roos vir ’n uur of twee daarop om droog te word.
WENK Moenie die rose te lank voor die tyd maak nie, want dit sal ná ’n paar uur begin verlep. As jy nie van rose hou nie, sal klein gesiggies of viooltjies ewe goed werk.
Bron: Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels

VERSUIKERDIE ROSE
As jy maklike versiering soek vir 'n koek is 'n roos of roosblare wat gedoop is in suiker altyd baie spesiaal. Dis maklik. Jy kan dit doen sonder enige spesiale kennis.
Neem 'n mooi roos of selfs individuele roos blare. (Maak seker dis skoon van enige goggas of sand.)
Klits eierwit liggies en verf met 'n fyn verfkwassie oral waar jy wil he die suiker moet vas sit.
Sprinkel dan fyn versiersuiker oor of doop die blaartjies een vir een eers in die eierwit en dan in die versiersuiker.
Laat droog word
Bron: Onthaal idees (tafel dek en als)
Plasing: Marianne Pampoen / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

VERSIER 'N KOEK MET 'N DOILIE
Laat jou koeke professioneel lyk met behulp van ‘n gewone papierdoilie.
Versier ‘n vanielje- of sjokoladekoek met gesmelte sjokolade, sjokolade-ganache of helderkleurige versiersel en laat dit hard word.
Sit ‘n doilie bo-op die koek en steek dit versigtig vas met tandestokkies.
Sif versiersuiker oor die koek. Trek die tandestokkies uit en lig die doilie versigtig op.
Die doilie-patroon sal op die koek agterbly.
Vir ‘n koek met vanieljeversiersel kan jy kakaopoeier pleks van versiersuiker gebruik.
Nog ‘n idee is om die doilie op ‘n koekstaander of -bord te sit en die versiersuiker of kakaopoeier daaroor te sif om ‘n patroon op die bord te kry.
Bron: Idees

ELSIE SE VERSIERSEL
KOLWYNTJIES
Klits saam tot lig en donsig
4 ekstra groot eiers
1 3/4 K suiker
5 ml vanieljegeursel
SIF SAAM EN MENG MET DIE SUIKER MENGSEL
2 K meel
10 ml bakpoeier
¼ T sout
VOEG DIE VOLGENDE BY EN MENG GOED:
1 K warm water (Kraan nie kook water)
½ K kookolie
Spuit doppies liggies met spray en cook.
Skep ¾ vol deeg en bak 12 – 14 min tot gaar en ligbruin
Lewer 24 cup cakes
VERSIERSEL:
250 g wit woodenspoon margarine
2- 3 E suurlemoensap
4 K gesifte versiersuiker
Klits margarine goed Voeg res van bestandele by en klits goed
Kleur in verlangede kleur of gebruik net so
Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

INSTANT PUDDING VERSIERING
INSTANT POEDING VERSIERING
1 pakkie “Instant Pudding”( jou geur wat jy verkies)
1 koppie koue melk
¼ koppie versiersuiker
1 houertjie Orley whip room(verkoel)
Klits pudding ,melk en versiersuiker in groot mengbak vir 2 minute. Roer verkoelde Orley room by.
Hierdie resep hou vir 24uur in yskas en 2 dae in vrieskas.
Bron: Onbekend
Plasing: Marianne Pampoen / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
GANACHE, KARAMEL, ROOMVERSIERSELS EN ANDER
Sjokolade-ganache: Dié is basies ’n mengsel van gesmelte sjokolade en room wat goed werk as vulsel vir ’n sjokoladekoek of om ’n laagkoek aan die buitekant mee te versier. Gebruik twee dele sjokolade (gewoonlik semisoet of bittersoet sjokolade) en een deel room wanneer jy ganache maak. Giet warm room oor die sjokolade en roer tot gesmelt.
’n Mens kan ganache warm gebruik en dit oor ’n koek gooi sodat dit ’n glaseersel is wat dekadent oor die kante loop. Wanneer ganache afkoel verdik dit en dan kan ’n mens dit vir ’n paar minute met ’n elektriese klitser klits sodat dit die tekstuur van sjokolade-mousse kry.
Dié mousse is ’n heerlike vulsel vir ’n sjokolade-laagkoek.
Karamel: Sjokolade en karamel is pasmaats en daarom is dit heerlik om sjokoladekoeke met ’n dik laag karamel te vul, sê Sarie Horn. Jy kan ’n blik karamel (soos Caramel Treat) koop, of maak jou eie deur ’n toe blik kondensmelk 2 uur in ’n kastrol water te kook.
Sjokolade-roomkaasversiersel: Roomkaasversiersels is baie gewild saam met wortel- en rooi- fluweelkoeke, maar dit werk ook lekker saam met ’n sjokoladekoek. Die roomkaas breek die soetheid van die versiersel en verleen ook ’n interessante smaak. ’n Mens maak dit deur roomkaas, melk, versiersuiker, botter, vanieljegeursel, kakao en kaneel saam te klits. Jy kan ook gesmelte sjokolade byklits vir ekstra sjokolade-smaak.
Vir die volledige resep besoek allrecipes.com.
Botterversiersel: ’n Eenvoudige botterversiersel word gemaak deur botter, versiersuiker en melk of room en geursel saam te klits tot dit romerig en donsig is.
Dit is maklik om mee te werk om koeke mee te vul en te versier. Geur die botterversiersel met koffie of karamel en jou sjokoladekoek is nog lekkerder.
Bron: Beeld
Plasing: Henriette Wessels
NICE TO KNOW:
Fondant (frosting)
A soft icing with a hard surface made by boiling icing sugar and water with cream of tartar. Often flavoured with chocolate or coffee.
Glacé
Made by mixing icing sugar with water to form a smooth, shiny spreadable icing. Used to cover cakes or for piping decorative patterns as it will hold its shape when dried.
Royal
A stiff icing made with egg whites and sugar that can be used to give a smooth flat surface or a peaky surface. Dries very hard and traditionally used for wedding cakes.
Sugar Paste
Made from a cooked paste of icing sugar, water and glycerine to produce a soft, smooth icing that is pliable and easy to mould. It can be used for modelling decorative shapes.
Bron: Lifestyle Food
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

VERSIERINGS WENKE
Een manier is om ‘n dun lagie versiersel as ‘n basis op te smeer en dan ‘n
kleinerige swirl daarop te spuit.
kleinerige swirl daarop te spuit.
JELLO CAKE FROSTING
Voeg droe jellie poeier by jou versiersuiker om die kleur en die geur te verander !!!!
Deur: My Honeys Place
Deur: My Honeys Place
LEKKER BOTTER VERSIERSEL
Pretspan
Die resep maak genoeg versiersel om ‘n dubbellaag koek of 24 kolwyntjies te versier. (Ons gebruik Stork Bake vir ‘n heerlike smaak, jy kan egte botter ook gebruik indien jy so verkies)
Bestanddele:
250g botter (sag/kamertemperatuur)
500g versiersuiker (gesif)
30ml melk
5ml vanilla essence (of geursel van eie keuse)
kleursel (opsioneel)
Metode:
Room die botter tot glad met ‘n klitser.
Voeg die gesifte versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Meng goed en voeg geursel en opsionele kleursel by.
Meng die melk by om dit gladder te kry.
Smeer op koek of kolwyntjies.

MAAK JOU EIE MASCARPONE SO
(genoeg vir 500 g)
•500 ml dubbeldik room
•15 ml suurlemoensap
Voer ’n meelsif met ’n dubbellaag melkdoek uit en plaas oor ’n glasbak.
Bring pot met water tot kookpunt en plaas ’n metaalbak bo-op.
Gooi room in bak en verhit tot 90 °C (as jy nie ’n termometer het nie: dis wanneer stoom bo die room begin verskyn).
Voeg suurlemoensap by.
Roer tot room begin verdik en dit lyk of dit gaan skif.
Gooi mengsel in sif met melkdoek en plaas in yskas vir 24 uur tot dik en verkoel.
Gebruik só
Maak binne 5 minute kaaskoek deur 500 g mascarpone, 60 ml versiersuiker en 10 ml
vanieljegeursel te meng.
Skep op skywe sponskoek en sit voor.
Jou gesondheid
Mascarpone bevat baie vet – maar anders as wat die meeste mense dink, bevat suiwel nie net slegte vet nie.
Mascarpone bevat ook kalsium en vitamien A. Kalsiumabsorbsie vanaf ’n voedselbron – soos mascarpone – is ideaal.
’n Dieet wat te min diervette bevat, is ook arm aan vitamien A.
Bron: Herman Lensing

TWEE KLEUR VERSIERSUIKER
Put two filled pastry bags inside of a third pastry bag to create the double swirl frostings... I'm actually kinda embarrassed that I didn't figure this one out sooner - *Forehead Slap*
BOTTERVERSIERSEL
500 g botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
80 ml kakao, gesif
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed.
Bron: Sarie Kos
NOUGAT SJOKOLADE VERSIERING
200 g nougat
200 g melksjokolade
250 ml room
Breek die nougat en sjokolade in stukke en gooi dit saam met die room in ‘n kastrol.
Laat dit op ’n baie lae stoofplaat smelt.
Roer elke nou en dan, maar moenie dat dit kook nie - hou die temperatuur laag.
Wanneer alles gesmelt is, laat dit afkoel en hou in die yskas.
Jy kan dit onmiddellik voorsit - so warm oor roomys.
Lekker dekadent!
SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL
250g versiersuiker
50ml botter/margarine
5ml vanilla
25ml kakao
2 eetl koue water
Metode:
Room die margarine en voeg die versiersuiker, kakao en geursel geleidelik by.
Voeg water by en klits tot baie lig en donsig.
Bron: Knuppeldik aan Koningskos

KOFFIEKOEK VERSIERING
Hierdie versiersel is heerlik op enige sjokoladekoek of kolwyntjie aangesien die koffie die ryk geur van die kakao uitbring.
2 t poeierkoffie
1½ t kookwater
1 koppie
suurroom
200g sjokolade, gesmelt
Los koffie op in kookwater.
Voeg by suurroom. Voeg suurroommengsel by sjokolade en roer tot glad.
Gebruik onmiddellik omdat die versiering vinnig verhard.
Bron: Hestelle Pretorius (Tuiskok Kompetisie wenner)

LEKKER KOEK VERSIERSEL
125gr botter
1 blik kondensmelk,
'n paar druppels vanielje-geursel.
Klits alles saam tot dit 'n lekker dik room versielsel maak
Dit het nou wel nie versiersuiker in nie, maar is heerlik dik en romerig,
Kan op sjokoladekoek of wit koek gebruik word.

VINNIGE MELKTERTVULSEL
5 e koekmeel
5 e mielieblom
1½ k
suiker
6 eiers
8 k melk
1 kaneelstokkie
1 e
vanieljegeursel
4 e botter
Metode:
Klits die meelblom, mielieblom, suiker en eiers saam en hou eenkant.
Verhit die melk en kaneel in ‘n kastrol en roer vinnig die eiermengsel daarby.
Bring dit tot kookpunt, verminder dan hitte sodat die mengsel prut.
Roer gereeld tot dit verdik en voeg dan die vanieljegeursel en botter by.
Bron: Aletta Lintvelt - Kosredakteur weg tydskrif

WIT SJOKOLADE GANASHE
Dié ryk vulsel word van sjokolade en room gemaak. Dit moet goed verkoel wees voordat jy dit klits. Vir die beste resultate, berei dit die vorige dag en laat dit oornag in die yskas staan om behoorlik te set. Moenie bekommerd wees as die mengsel nie dik genoeg lyk nie, dit sal wel verdik as dit eers geklits is.
Sjokolade-ganache kan met donker of wit sjokolade gemaak word.
Jy benodig
• 500ml room
• 200g wit sjokolade, in stukkies gebreek
• 50ml brandewyn of rum (opsioneel)
So maak jy
Verhit die room oor matige hitte. Haal van die plaat af sodra dit begin stoom. Voeg die sjokolade by en roer tot die sjokolade
gesmelt is. Laat heeltemal afkoel en verkoel dan minstens vier uur lank in die yskas. Klits die vulsel met ’n elektriese klitser tot dik en romerig.
Bron; Idees / Kos & Onthaal

HOE MAAK EK SWART VRSIERSUIKER
Ek kry verskriklik baie navrae van HOE MAAK EK SWART VERSIERSUIKER:
Ek het die op die internet gekry en het die direkte skakel soontoe vir julle ook geplaas.
Maak jou gewone versiersuiker met WIT wooden spoon of enige WIT BOTTER en versiersuiker.(Nie geel botter nie) Gooi nou genoeg kakao in om ‘n donker bruin kleur te verkry –
Daar is nie hoeveelhede by betrokke nie, want dit hang af hoeveel versiersuiker jy wil maak. Hou aan om kakao by te voeg tot jy sien dit is ‘n donker donker bruin.
Die video se dat die SWART PASTA (PASTE) werk die beste – sit nou bietjie bietjie gewys in, roer goed deur en as jy sien jy kort nog swart – nog paste – Jy kan wel die druppels ook gebruik, jy gaan net baie meer druppels moet ingooi tot jy die pikswart kleur gekry het wat jy benodig. Indien dit te styf of te slap is, voeg melk by of nog versiersuiker of nog paste ens.
Het ook die ander tip gekry:
TO USE FOOD COLORING
To Make Orange: Mix equal parts red and yellow.
To Make Purple: Mix equal parts red and blue.
To Make Black: Mix 3 parts red, 3 parts blue, and 2 parts green.
Bron: Kreatiewe kos Idees
Plasing: Tiana Botes

WENK VAN ELSIE SLABBERT OM SWART VERSIERSEL TE MAAK
AS ek swart versiersuiker nodig het maak ek dit die
dag vantevore
Ek gebruik net die woodenspoon wi margarien versiersuiker en swart
kleursel.
Die paste of poeier en kleur dit die dag vantevore tot die versiersuiker donkergrys is.
Laat oornag staan en dit sal swart wees.
EK sit voorbeeld op.
My dogter het die koek vir haar dogtertjie se eerste verjaardag gemaak en ons het die swart so gemeng. Hoop dit help.
Bron & Wenk: Elsie Slabbert
Plasing: Elsie Slabbert

MALVALEKKER FONDANT
MALVALEKKER FONDANT
Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop.
En is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak.
Wees reg om te knie!
2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee volsmeer, so hou dit waar jy maklik en gou daarby kan kom)
NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees
METODE:
Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker:
Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes,dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het.
Dit neem gewoonlik so 2 minute.
Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter – palms, agterkant en tussen die vingers.
Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en gooi die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie.
Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog.
Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeur, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n slag by en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry.
Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag.
Maar dit kan ook dadelik gebruik word.
As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.
Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese sakkie en dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke.
Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre, en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

MARSHMALLOW FONDANT
MARSHMALLOW FONDANT
Is baie lekkerder as gewone fondant en werk baie lekker!
Bestandele:
480 g Marshmallows (as jy dit wil kleur moet jy net wittes gebruik)
2-5 eetlepels water
Ongeveer 8 koppies versiersuiker
1/2 koppie Holsum
Maak omtrent 1 kg fondant
METODE:
Stap 1.
Sit Marshmallows en 2 eetl water in n groot mikrogolfbestande bak. Mikrogolf vir ongeveer 2-21/2 minute maar roer goed na elke 30 sekondes tot marshmallows heeltemal gesmelt is.
Stap 2.
Plaas3/4 van die versiersuiker bo-op die gesmelte marshmallows en vou in. Enige geurmiddels kan op die stadium bygevoeg word. Smeer hande en toonbank mildelik met Holsum en gooi marshmallow mengsel uit op toonbank. Knie goed deur en voeg versiersuiker by soos benodig totdat marshmallowmengsel nie meer vassit aan rak. Smeer kort kort jou hande met Holsum. As jy te veel versiersuiker byvoeg en fondant raak droog en skeur maklik, knie water 1/2 eetlepel op n slag by tot jy n gladde elastiese fondant het wat rek sonder om te skeur. Dit neem omtrent so 8 minute.
Stap 3.
Dit is raadsaam om die fondant oornag te laat rus, smeer n dun lagie Holsum oor en maak goed toe met glad wrap en plaas dan in lugdigte houer.
Stap 4.
Haal net genoeg fondant uit om mee te werk en laat die res in die glad wrap in die houer. Rol uit en gebruik soos verkies.
OM DIE FONDANT TE KLEUR
Indien jy die hele batch wil kleur kan jy die kleursel by die gesmelte marshmallows gooi voor jy die versiersuiker invou, anders kan jy stukke afbreek van die klaar produk en kleur soos benodig.

450g marshmallows
900g versiersuiker
1.5eetl water
1t vanielje (opsioneel)
METODE:
Smelt marshmallows in mikrogolf met water vir 30 sekondes en roer en sit weer terug (doen dit vir 2-2½ minute OF in pot binne n pot op stoof(soos jy sjokelade sal smelt)
Sif icing in en roer goed deur.
Keer uit op GOED gesmeerde oppervlak, smeer hande ook goed en knie deeglik.
Maak toe met gesmeerde plastiek en sit in yskas. Kleur volgens keuse.

MASCARPONE
MAAK JOU EIE MASCARPONE SO
(genoeg vir 500 g)
500 ml dubbeldik room
15 ml suurlemoensap
Voer ’n meelsif met ’n dubbellaag melkdoek uit en plaas oor ’n glasbak.
Bring pot met water tot kookpunt en plaas ’n metaalbak bo-op.
Gooi room in bak en verhit tot 90 °C (as jy nie ’n termometer het nie: dis wanneer stoom bo die room begin verskyn).
Voeg suurlemoensap by.
Roer tot room begin verdik en dit lyk of dit gaan skif.
Gooi mengsel in sif met melkdoek en plaas in yskas vir 24 uur tot dik en verkoel.
GEBRUIK SO:
Maak binne 5 minute kaaskoek deur 500 g mascarpone, 60 ml versiersuiker en 10 ml
vanieljegeursel te meng.
Skep op skywe sponskoek en sit voor.
JOU GESONDHEID