NACHOS
NACHOS
Die nachos maak mens van Tortillas wat mens opsny.Sny elke tortilla in ses stukke en braai in 'n pan met plus minus 2.5 cm diep olie tot bros en bruin. AS jy hulle nie self wil maak nie kan jy die nachos by Spar of Woolworths koop.
Gekerfde blaarslaai
Guacamole
1 Bell peper
4 tamaties geskil en gekap
400 g bottel Hot chunky salsa
Gerasperde cheddar kaas
Roomkaas
1 blik pinto of cannellini boontjies ( ek koop sommer 'n blikkie rooi Italiaanse boontjies as ek nie die ander kan kry nie.)
1 ui gekap
2 huisies knoffel gekap
2 E olie
METODE:
Rooster die peper onder die rooster, skil kant na bo tot die skil verkleur het.Haal uit en laat effens afkoel. Trek skil af en kap op
Voeg die helfte van die tamaties die salsa sous,en die gekapte peper in n bak
Braai die ui tot sag in olie voeg knoffel by en braai tot goudbruin.
Voeg nou die bone met helfte van die vloeistof by en maak hulle fyn.
Voeg nog vloeistof by indien nodig Prut oor matige hitte.
tot bone mengsel mooi dik is Roer gedurig sodat dit nie brand nie.
Voeg die bone nou by die tamatie en salsa mengsel
Pak 'n laag nachos en dan die bone mengsel Weer n laag nachos.
Sit nou van die roomkaas op Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in warm oond tot die kaas lekker gesmelt het
Meng die blaarslaai en res van tamaties en skep in middel bo-op nachos.
Skep 'n groot lepel hoogvol guacamole bo-op en bedien dadelik
Bron: Eie Resep
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

NACHOS MET CHILLI CON CARNE
NACHOS MET CHILLI CON CARNE
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute
15 ml (12 e) olyfolie
1 rooi-ui, gekap
500 g beesmaalvleis
2 ml (½ t) rissiepoeier
2 ml (½ t) rooipeper
2 ml (½ t) fyn komyn
sout en vars gemaalde swartpeper
1 blikkie (400 g) rooi boerbone
125 ml (½ k) warm water
6 slaaitamaties, gekap
2 jalapeño-rissies, gesny
sap van 1 suurlemoen
500 g (1½ pakkie) tortillaskyfies
375 ml (1½ k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
1 avokado, in blokkies gesny
METODE:
Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte en braai die helfte van die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en kook tot bruin.
Strooi die rissiepoeier, rooipeper, komyn, sout en peper oor die maalvleis en roer om te meng.
Voeg die bone en water by, verminder die hitte en laat prut tot gaar en geurig.
Meng die res van die ui, die tamaties, rissies en suurlemoensap by en geur met die sout en peper.
Rangskik ’n laag skyfies op ’n bord.
Skep ’n derde van die maalvleismengsel bo-op, dan 80 ml (⅓ k) van die cheddarkaas.
Voeg nog ’n laag skyfies by, dan nog maalvleis en dan die mozzarellakaas.
Herhaal met ’n laag skyfies en maalvleis en voltooi met die oorblywende cheddarkaas.
Sit 30 sekondes in die mikrogolfoond of tot die kaas gesmelt het.
Rond af met die avokado en die tamatiesalsa en sit voor.
Bron: Hope Malau
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

NACHOS WITH MINCE AND CHEESE
NACHOS WITH MINCE AND CHEESE
2 groot pakke Nachos
1 kg maalvleis
1 ui, opgekap
2 knoffelhuisies, opgekap
braaivleisspeserye
1 rooi, groen of geel soetrissie, opgekap
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
sout
METODE
Braai ui en maalvleis tot bruin.
Voeg speserye, knoffel en soetrissie by.
Geur met sout.
Pak nachos uit op 'n groot bord.
Bedek met die maalvleis en strooi kaas oor.
Bron: RSG Resepte

GEURIGE MAALVLEIS VULSEL VIR TACOS
GEURIGE MAALVLEIS VULSEL VIR TACOS
Indien jy by die supermark ‘n taco-stel koop sal jy tacosous en geursel met instruksies saam met jou tacos kry.
Andersins kan jy net daar op die rak rondsoek na tacogeursel, oftewel taco seasoning wat in klein pakkies beskikbaar is.
Dit, met suurlemoensap en tamatiesous, is feitlik al wat jy vir die geurige maalvleis benodig.
BESTANDELE:
500 g maalvleis
olie, om te braai
sap van ‘n halwe suurlemoen
1 pakkie taco seasoning
60 ml tamatiesous
sout
METODE:
Begin deur jou maalvleis in ‘n bietjie olie in ‘n pot te braai.
Sprinkel dadelik die suurlemoensap oor. Roer deurentyd oor hoë hitte sodat die maalvleis nie klonte vorm terwyl dit braai nie.
Wanneer al die maalvleis bruin is, voeg die geurselpakkie by en roer deur om te meng.
Voeg dan die tamatiesous by en kook vir ongeveer 5 minute.
Voeg sout na smaak by.
Die maalvleis moenie souserig wees nie, net nat.
Voeg dus nog tamatiesous by indien jy dit nodig vind en bring dit dan net vinnig tot kookpunt. Skep warm in ‘n opdienbak uit.
Bron: Onbekend
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR

HOENDER MET SOETRISSIE TACO VULSEL
HOENDER MET SOERTRISSIE TACO VULSEL
Indien jy vir ‘n klomp brandbekke maak kosmaak, is jy welkom om vars rissies hier by te voeg.
BESTANDELE:
500 g hoenderborsies (ontvel en ontbeen), in dun repies gesny
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 klein ui, in repies gesny
15 ml worcestershiresous
15 ml soetsuursous sous
en varsgemaalde swartpeper
Braai die hoenderrepies tot goudbruin in ‘n bietjie olie in ‘n braaipan.
Verwyder en hou eenkant.
Braai dan, in dieselfde pan, die soetrissie en ui vir ongeveer 5 minute. Voeg die hoender by en daarby die worcestershire- en soetsuursous.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Laat liggies prut vir ongeveer 10 minute. Skep dan in ‘n opdienbak uit.

TIERLANTYNTJIES OM SAAM MET TACOS TE BEDIEN
TIERLANTYNTJIES
Al die bykomstighede word in bakkies opgedien sodat almal kan kies en keur.
Dis maar moeilik om te bepaal hoeveel jy van wat gaan benodig, aangesien mense se neigings en smaak met elke ete verskil!
Sommige het ‘n groot liefde vir slaai, terwyl ander jou potjie suurroom in ‘n japtrap deurdraf.
Gelukkig kan jy baie maklik gou kombuis toe draf om die bakkies weer vol te maak.
Maak dus seker dat jy bietjie ekstra van elke bestanddeel in die huis op bystand het.
* SUURROOM:
Hiermee hoef jy niks te doen nie, hoe lekker!
Skep eenvoudig die suurroom in ‘n mooi bakkie uit.
Vir 8 mense is 250 ml suurroom genoeg vir ‘n begin.
* TAMATIE:
Sny die tamaties in klein blokkies en plaas in ‘n bakkie.
Vir 8 mense kan jy 3 medium tamaties gebruik. Jy kan altyd nog gaan sny as dit nodig is.
* BLAARSLAAI
Pak die blaarslaai se blare op mekaar, rol dit styf op en sny in dun repies.
Hoe fyner die blaarslaai hoe makliker is dit om dit in ‘n taco in te wurm.
* KAAS:
Rasper cheddarkaas en skep dit in ‘n bakkie.
Die kaas is gewoonlik die een wat eerste opraak, so maak jou bakkies lekker vol kaas.
* AVOKADO:
Sny die avokado in klein blokkies.
Sprinkel met suurlemoensap, sout en varsgemaalde swartpeper.
As jy van ‘n ekstra skop hou kan jy fyngemaalde gedroogde rissies ook byvoeg.
Twee groot avokado’s behoort die ding te doen vir 8 mense.
* OLYWE
Koop sommer die olywe wat klaar gesny is baie makliker
Bron: Jou wêreld
Plasing: Henriette Wessels