FRANSE ASYN
FRANSE ASYN
Wanneer die asyn met die olie gemeng word is dit n heerlike franse slaaisous
Word in mikrogolf gedoen
1 liter appelasyn
75 g suiker
10ml heel naeltjies
5 ml wonder peperkorrels
3 foelie blare
10 ml seldery saad
10 ml mosterdsaad
10 ml heel swart peperkorrels
10ml borrie
10 ml gesnyde gemmerwortel
1 knoffelhuisie geskil
METODE:
Meng al die bestanddele behalwe die knoffel in n groot glasbak[ mikrogolf safe].
Mikrogolf vir 3-4 minute op hog totdat die mengsel warm is. plaas mengsel in n gesteriliseerde bottel of fles voeg die knoffel by en verseel. laat vir 3 weke staan in n koel plek. as jy dit oopmaak en gebruik plaas in yskas en gebruik in 2 maande klaar.
Bron: Onbekend
Plasing: Natasja Willers / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

MAAK JOU EIE BALSEMIEK REDUKSIE
MAAK JOU EIE BALSEMIEK REDUKSIE
Gooi balsemiekasyn in ’n kastrol.
Verhit die asyn tot kookpunt terwyl jy die heeltyd roer. Hou aan met roer tot die asyn met die helfte ingekook het.
As jy ’n soet reduksie wil hê, voeg 15 ml suiker by terwyl die mengsel kook.
Haal die ingekookte mengsel van die plaat af en laat afkoel.
Gooi in ’n skoon, gesteriliseerde bottle.
Drup oor slaaie of geroosterde vleis of hoender.
Bron: Idees / Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels
BASIL SLAAISOUS
BASIL SLAAISOUS
1 1/2 koppie vars basil blare
12 knoffel huisies gekerf
1/2 koppie olie, ek gebruik canola olie, maar jy kan olyf olie gebruik
2 koppies water
3 koppies mayonaise ( cross and blackwell)
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
Swart peper
bietjie asyn
Sit alles in 'n versapper en versap! Die resep maak redelik baie, so jy kan dit maklik halfveer.
Sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak!
Ek gooi dit in botteltjies, dit hou baIe goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en Gebruik dit ook oor pasta!
Bron: Tanya Rossouw

DULCIES SOUS
DULCIES SOUS
Lekker saam met enige iets.As slaaisous,oor vis ,seekos tot oor steak.
Gooi bymekaar in n versapper:
1/2 koppie asyn
3 koppies olie ( ek gebruik 1/2 olyfolie,1/2 canola
5 eiers
1 t. Sout
3 knoffelhuisies
4 t gemengde kruie
1/2 koppie pietersielie
4 sprietuie rofweg gekap
Versap vir 5 minute
Gooi in gesteriliseerde bottels en bewaar in die yskas.
Bron: Onbekend
Plasing: Hettie Bezuidenhout / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GEGEURDE KRUIE ASYN
GEGEURDE KRUIE ASYN
Gebruik 750ml rooi of wit asyn of appel asyn
Die hoeveelheid kan verander word na gelang van die grootte bottel wat gevul word
'n Goeie kombinasie is dragon in appel asyn
Groen en rooi basiliekruid blare in rooi asyn
Suurlemoen skil,knoffel,kruisement,tiemie,dille
of roosmaryn in wit asyn
Druk 4-6 takkies vars kruie in gesteriliseerde langnek bottels
Giet asyn oor kruie en laat staan vir ten minste 2 weke voor gebruik
Kruie asyn is heerlik gemeng met n bietjie olyfolie by slaaie
Bron: Eie Resep
Foto: Sarie
Plasing: Chrissie Havlicek / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

HEUNING EN MOSTERD SLAAISOUS
Dié slaaisous is ’n ideale geskenk, of jy kan dit self gebruik om ’n aartappelslaai te maak
•125 ml wit balsemasyn
•75 ml heuning
•75 ml olyfolie
•15 ml korrelmosterd
•2 ml sout
Voeg al die bestanddele saam in ’n bottel en skud goed.
As jy dit vir ’n aartappelslaai wil gebruik, kook die aartappels sonder skil tot sag.
Dreineer die aartappels en gooi die slaaisous oor terwyl hulle nog warm is.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en laat afkoel.
Bron: Sarie Kos

ROMERIGE KRUIE SLAAISOUS
Maak: 2 middelslag-bottels
Bereidingstyd: 15 minute
• 125 ml suurroom
• 125 ml karringmelk
• 125 ml melk
• 60 ml mayonnaise
• 15 ml suurlemoensap
• 15 ml korrelmosterd
• 2 sprietuie, fyngekap
• 1 klein knoffelhuisie, fyngedruk
• 10 ml fyngekapte vars dille
• 35 ml fyngekapte vars pietersielie
• 2 ml paprika
1 Meng al die bestanddele saam. Skink dit in twee gesteriliseerde bottels en bêre dit in die yskas.
Verpak dit so as geskenk:
Druk ’n illustrasie van blaarslaai of kruie op papier wat by die geskenk pas. Knip dit uit en plak dit met alkant-plakband
op die bottle vas. Jy kan ook die resep vir die slaaisous uitdruk en dit op die ander kant van die bottel vasplak. Gooi die saad uit hul pakkies in aparte CD-koeverte. Gebruik dieselfde illustrasies wat jy op die bottel gebruik het en druk dit op jou mooi papier uit. Knip dit in ’n strook uit
en plak een om elke CD-koevert vas
Bron: Idees / Kos en Onthaal

MOSTERD SLAAISOUS
MOSTERD SLAAISOUS
60ml kondensmelk
60ml tamatiesous
60ml voorbereide mostert
METODE
Meng bestandele
Indien dikker mengsel verkies word , plaas in yskas vir n paar uur voor bediening
Bedien saam blaarslaai of n groenteslaai
Bron: Elda Lombard
Foto: Helena Kruger
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

MAYONNAISE
MAYONNAISE
Maak: 375 ml
Bereidingstyd: 10 minute
2 groot eiergele
30 ml witwynasyn (of 15ml suurlemoensap)
5 ml korrelmosterd (dijon; opsioneel)
300 ml sonneblomolie
METODE:
Klits die eiergele, helfte van die asyn, die mosterd en ’n knippie sout saam in ’n klein bakkie tot dik.
Voeg die olie by, ’n bietjie op ’n slag, terwyl jy die heeltyd klits.
Jy kan die orige olie ’n bietjie vinniger byvoeg sodra die mengsel dikker word.
Die sous moet dik en blink wees as al die olie ingeklits is.
Voeg die orige asyn by en geur dit.
Waarvoor gebruik jy dit? Mayonnaise word voorgesit saam met slaai, vis, pluimvee, vleis of groente.

MAYONNAISE - TUISGEMAAK
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
BESTANDELE:
2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
Knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
METODE:
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.
Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word.
(Gewoonlik na 60-75ml)
Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

MAYONNAISE MET DIE HAND
Vir ‘n enkele ete kan jy die mayonnaise met net een eiergeel maak.
Jy kan egter ook die resep met gemak verdubbel as jy meer as vier persone het wat gaan eet.
Kry ‘n klein mengbak – glas werk die beste – en sit dit op ‘n vadoek neer dat dit nie rondbeweeg terwyl jy klits nie.
Gooi ‘n halfkoppie (125 ml) sonneblomolie in ‘n maatbeker wat maklik gooi.
Gooi dan een eiergeel in jou glasbak. Sprinkel met sout en 1 ml Engelse mosterdpoeier.
Gebruik ‘n draadklitser om dit deeglik te meng. Voeg dan druppel vir druppel die olie by en
klits elke keer dat dit ingemeng is.
Gooi geleidelik bietjie meer olie by, maar meng elke keer goed.
Wanneer jy halfpad deur die olie is, voeg ongeveer 5 ml witasyn by die mayonnaise.
Nou kan jy die olie vinniger in ‘n ligte straal begin byvoeg, terwyl jy nog heelpad klits.
As al die olie ingeklits is, kan jy net die mayonnaise geur.
Gekoopte mayonnaise proe heelwat anders en soeter as die tuisgemaakte soort.
Voeg nog bietjie sout, ‘n knippie of twee suiker en nog asyn na smaak by jou mayonnaise.
Krisis, dit skif!
Indien jou mayonnaise skif – jy sal sien dat daar olie begin vorm wat nie wil inmeng nie – moenie begin huil en dit weggooi nie.
Vat eenvoudig nog ‘n eiergeel, plaas dit in ‘n nuwe glasbak en begin dan die geskifde mengsel stadig, baie stadig byvoeg en hou dan aan met die res van jou olie.
MAYONNAISE MET DIE MASJIEN
Vir masjien-mayonnaise kan jy sommer ‘n heel eier gebruik.
Gooi die eier in die voedselverwerker of elektriese menger.
Voeg ‘n teelepel aangemaakte mosterd by asook ‘n groot knip sout en 5 ml witasyn. Vermeng dit vinnig – onthou die voedselverwerker is baie
vinniger as die elektriese menger – net ‘n paar sekondes sal doen.
Gooi dan ‘n koppie (250 ml) olie in ‘n maatbeker. Voeg dan – terwyl die motor stadig loop – die olie slukkie vir slukkie by. Wanneer die helfte van die olie in is kan jy dit in ‘n stadige stroompie verder laat inloop.
Geur met nog asyn, ‘n knippie suiker, sout en peper na smaak.
GEUR JOU MAYONNAISE
* Mayonnaise met vars kruie is heerlik. Jy kan dit so eenvoudig hou soos jy wil met net gekapte basiliekruid is dit heerlik, of jy kan
‘n verskeidenheid kruie, soos vars pietersielie, platblaarpietersielie, kruisement, oreganum of dil byvoeg
Voeg ook ‘n skeut vars suurlemoensap saam die kruie in.
* Gebruik jou tuisgemaakte mayonnaise om tartaresous te maak. Voeg gekapte sprietuie, pietersielie, agurkies en suurlemoensap by vir ‘n vereenvoudigde weergawe.
Sommige voeg ook gekapte, hardgekookte eier by. Kappertjiesaad en grasuie kan ook bygevoeg word, en die sprietuie kan deur fyngekapte witui vervang word.
* Jy kan ook jou slaai verras met ‘n tuisgemaakte thousand island-slaaisous.
Hou dit eenvoudig deur 3 dele mayonnaise met 1 deel tamatiesous te meng en dan die sous met suurlemoensap en worcestershiresous na smaak te geur. ‘n Paar druppeltjies Tabasco is heerlik hierin.
Voeg ekstra-fyngekapte agurkie, ui of soetrissie by om dit interessanter te maak.
Onthou ook om nog witasyn suiker, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak by te voeg.
Bron : Jou wêreld

"MAGIC " MAYONNAISE
MAGIC MAYONNAISE
2/3 kop kondensmelk
1/4 kop asyn of suurlemoensap
1/4 kop olie of gesmelte botter
1 eiergeel
1/2 tl sout
'n Klein bietjie rooipeper
1tl droe mosterdpoeier
METODE:
Plaas alles in mengbak - klits tot mengsel dik word.
Indien 'n dikker mengsel verlang, plaas in die yskas voor opdiening.
Maak 1 1/4 kop mayonaise.
Bron: Hartpaadjies Die vroue aksie - Groblersdal 1980
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

SPINASIE MAYONNAISE
SPINASIE MAYONNAISE
(Maak 1 koppie)
100 g spinasieblare
6 kappertjiesade, ingemaak
2 t olie
1 eiergeel
1 t Dijon-mosterd
2 t witwynasyn
2 knoffelhuisies, fyngekap
½ k olie
sout en peper, na smaak
METODE:
Blansjeer die spinasie in kookwater en verfris in yswater (dit behou die mooi groen kleur).
Verwerk die spinasie, kappertjiesaad en 2 t olie tot ‘n gladde puree.
Vir die mayonnaise, klits die eiergeel, mosterd, asyn en knoffel goed saam.
Voeg die olie bietjie-vir-bietjie by, om ‘n stabiele emulsie te vorm, daarna kan die olie geleidelik in ‘n dun stroompie bygevoeg word terwyl geklits word.
Voeg die spinasie en kappertjiesaadpuree by en meng goed deur. Geur na smaak met sout en peper.
WENK: Indien die mengsel skei, begin weer met ‘n eiergeel en klits die geskeide mengsel geleidelik by totdat ‘n emulsie vorm.
Bron: Carol Weideman from the Institude of Culinary Arts

MIRCALE WHIP
MIRACLE WHIP
4 eiergele
1t sout
2t droe mosterd
6 E asyn
3 k olie
3 t maizena
1k kookwater
2 E suiker
kwart k asyn
1 t sout
METODE:
Meng in menger eiers, sout, suiker en 2 E asyn.
Voeg 1 k olie olie stadig druppel vir druppel by. Meng al die ander olie byvoeg 4 E asyn byvoeg al die ander bestanddele in pan en kook tot gladde pasta. Voeg die warm mengsel by die mayo mengsel en meng goed. Verkoel. Ek maak dit gereeld en dit is soos die ware Jakob!!
Maak dit en bere in jou yskas
Bron: Martie Fourie Moolman / Helena Kruger - Lekker Resepte vd Jonger geslag
Plasing Tiana Botes

TZATZIKI SLAAISOUS
TZATZIKI SLAAISOUS / DOOPSOUS
Plein Joghurt (jy kan vetvry gebruik)
Gerasperde komkommer
Knoffel
sout & peper.
Heerlik ook saam met vis en hoender.
Bron: Louise Groenewald
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Plein Joghurt (jy kan vetvry gebruik)
Gerasperde komkommer
Knoffel
sout & peper.
Heerlik ook saam met vis en hoender.
Bron: Louise Groenewald
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
SLAAISOUS MET 3 VARIASIES
SLAAISOUS MET 3 VARIASIES
FRANSE GEUR
60 ml (4 e) avokado-olie
30 ml (2 e) appel of druiwe-asyn
15 ml (1 e) heuning
10 ml (2 t) korrelmosterd
15 ml (1 e) vars tiemieblare
bietjie sout en gemaalde swartpeper na smaak
OOSTERSE GEUR
60 ml (4 e) avokado-olie
30 ml (2 e) appel of druiwe-asyn
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) sojasous
15 ml (1 e) fyngerasperde gemmer
15 ml (1 e) elk fyngekapte koljanderblare en kruisementblare

ITALIAANSE GEUR
60 ml (4 e) avokado-olie
30 ml (2 e) balsamiese asyn
15 ml (1 e) heuning
1 knoffelhuisie, gekneus (opsioneel)
15 ml (1 e) vars basiliekruidblare, gesnipper
bietjie sout en gemaalde swartpeper na smaak
METODE
1. Meng al die bestanddele in ’n glasfles saam, draai die deksel op en skud goed saam.
2. Gebruik enige van die slaaisouse met ’n slaai van jou keuse. Dis ook lekker vir ’n aartappelslaai, oor gestoomde groente of as marinade vir ’n hoenderborsfilet.
Bron: RSG Resepte / Heleen Meyer

BASIESE VINAIGARETTE
Vinaigrette is ’n koue sous wat bestaan uit ’n mengsel van olie, asyn en geurmiddels. Verskillende variasies kan ’n mengsel van speserye, kruie, uie, mosterd of verskillende soorte asyn en olie insluit.
Maak: 125 ml
Bereidingstyd: 5 minute
• 30 ml asyn (of 25 ml suurlemoensap)
• 10 ml korrelmosterd (Dijon-mosterd; opsioneel)
• 90 ml sonneblomolie
1 Klits die asyn en mosterd saam met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.
2 Klits die olie in ’n dun straaltjie by, tot die slaaisous goed gemeng en effens dikker is.
Bron: Idees / Kos en Onthaal
Plasing: Henriette Wessels
Maak: 125 ml
Bereidingstyd: 5 minute
• 30 ml asyn (of 25 ml suurlemoensap)
• 10 ml korrelmosterd (Dijon-mosterd; opsioneel)
• 90 ml sonneblomolie
1 Klits die asyn en mosterd saam met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.
2 Klits die olie in ’n dun straaltjie by, tot die slaaisous goed gemeng en effens dikker is.
Bron: Idees / Kos en Onthaal
Plasing: Henriette Wessels
ZESTY SLAAISOUS
ZESTY SLAAISOUS
1 koppie asyn
2 koppies water
1½ koppie suiker
8 knoffel
huisies (dis nou die kleiner dele as jy hom skil)
2 Eetlepels mosterd (die
pasta een nie poeier)
½ koppie olie
Sout en Peper
METODE:
Gooi alles saam in jou "blender" en slaan goed fyn, dit meng ook dan behoorlik.
Gooi in 'n glas bottel en bêre in die yskas.
Gebruik soos benodig.
Bron: Amin - Garden Village Compound Jubail (Saudi-Arabia)
Plasing & Foto : Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK